Page 2 of 3

Re: Nuwe lid Andre Visser

Posted: 04 Oct 2013 08:33
by Jules
Tinus hy tel hom die naweek op en ry sondag terug Richardsbaai toe

geniet jul naweek
shalom

Re: Nuwe lid Andre Visser

Posted: 04 Oct 2013 10:59
by Gerrit Loubser
Baie geluk, Andre en welkom hier!

Jules, ons moet definitief weer 'n keer bietjie gaan speel met die kort hefboompie in 4L (Gee my net eers 'n kansie om my Land Cruiser reg te maak: ek het 'n Birfield gebreek en dit het toe 'n paar ander goed in die omgewing seergemaak...).

Re: Nuwe lid Andre Visser

Posted: 04 Oct 2013 11:15
by Jules
Hi Gerrit, jammer om te hoor. Laat weet as jy reg is ek is seker Andre sal sy lorrie vir n spin wil vat daar by Bainage 4x4 en dan kan ons sommer nog n paar manne saamvat

Shalom

Re: Nuwe lid Andre Visser

Posted: 04 Oct 2013 11:39
by Gerrit Loubser
Ek sal so maak :thumbup: .

Re: Nuwe lid Andre Visser

Posted: 04 Oct 2013 12:23
by Herrie
Welkom terug Gerrit!!

Dit wys nou net jy moes maar jou Patrol gehou het want dan het jy nog steeds nie probleme gehad nie. :lol:

Re: Nuwe lid Andre Visser

Posted: 04 Oct 2013 12:54
by Gerrit Loubser
Dankie Herrie.

Ja, ek het in die onlangse verlede al 'n keer of wat verlang na daardie ou groen Patrollie, maar hy het ook maar sy dinge gehad (jy sal dalk onthou dat ek die 60ste verjaarsdagviering moes bywoon as 'n passasier omdat Nissan nie vir my 'n koppelaar kon verskaf nie, selfs al het ek dit maande voor die tyd bestel :wink: ).

Re: Nuwe lid Andre Visser

Posted: 04 Oct 2013 12:58
by Alex Roux
Hallo Gerrit

Jy moet nog jou Avatar verander, en jou Cruiser se fleks vir ons wys!

Re: Nuwe lid Andre Visser

Posted: 04 Oct 2013 13:13
by Gerrit Loubser
Ek moet ja, maar op die oomblik ry ek in 4x2 rond en sukkel ek om op interessante plekke te kom waar ek foto's kan neem :biggrin: . Ek het darem vandag uiteindelik 'n tweedehandse sideshaft en ABS-sensor gekry (hulle moet nou nog net afgelewer word) sodat ek kan begin om die aandrywing na die voorwiele te herstel.

Re: Nuwe lid Andre Visser

Posted: 04 Oct 2013 16:55
by Peter Connan
Jammer om te hoor Gerrit.

Dis darem interesant, my pa het laasweek by 'n Nissan-handelaar ingestap om 'n prys vir 'n koppelaar te kry, en uitgestap met die hele lot onder die arm.

Re: Nuwe lid Andre Visser

Posted: 04 Oct 2013 17:35
by Gerrit Loubser
Ek is bly om dit te hoor, Peter. Kan dit wees dat Nissan hulle sokkies begin optrek het?