Re: EGT Installed
Posted: 03 Aug 2009 10:00
Frans en Koos,
Jong julle ouens maak my darem nou wragtig lekker touwys - ek geniet dit verskriklik baie!!!
Dankie vir al die raad en inligting wat julle my gee - dit word baie waardeer!!
Frans ek stel beslis belang in daardie dyno dag wat jy voorgestel het - ons moet ernstig daaroor gesels. Ek gaan mos nou die naweek weg - so ek sal na die naweek feedback oor hoe my Patrol en die egt's hulle gedra het - en dan kan ons dit daarvandaan vat. Frans het jy gesien op Koos se foto (2de een) kan jy die fan sien bo-op die intercooler - ons het mos daaroor ook gepraat.
Koos ons het my egt pre-turbo ingesit (op die fotos lyk dit of joune ook is) - so gelukkig is die temperatuur lesing wat ek hierdeur kry n "true" lesing - ek hoef nie nog te gaan sommetjies maak oor waar is ek nou eintlik nie. Maar glo my dit was omtrent n storie!! Frans moes n baie presiese gat maak deur die heatshield wat oor die manifold pas - maar alles het mooi uitgewerk!! Ek het nou ook sommer dadelik begin om die enjin te laat luier tot op ten minste 200 grade voor ek afskakel - my brein het vir my gese dit klink na n goeie idee!!
Ek sal verseker ook minder gebruik maak van my spoedbeheer!! Jy se n diesel enjin hou nie van n warm Afrika dag nie - man ek sidder net as ek dink aan Des 08 toe ons in die Richtersveld was - die temperature was elke dag 40 grade +
- ek wil nie eers probeer dink hoe my egt's gelyk het nie!!! Dat ek nie daar al groot skade opgetel het nie is definitief ook my beskerm engele en genade van Bo!!
Dankie vir jou inligting ook!!
Ek kan nie wag om die naweek die pad te slaan nie - dit gaan n laaanngg week wees!!!!