Manne, ek het ook 'n Madman EMS monitor in Chuck Norris, en dit werk soos 'n droom...
My EGT sensor is in die manifold self, oftewel voor die turbo. Daar was 'n netjiese gat met 'n plug in (vooraf al getap deur die ouens wat die turbo ingesit het), en ek kon dit dus maklik daar monteer. As gevolg hiervan kry ek BAIE meer wisseling op die lesings as wannneer hy na die turbo gemonteer is.
Volgens die ouens op die ander Patrollie forum (asook LandyOnline self wat al my EMS se sensors ingesit het), is dit veiliger om jou EGT sensor voor die turbo te installeer. Dan meet jy die temperatuur van jou enjin se uitlaatgas, instede van die turbo se uitlaat temperature. Geen twee turbos lyk of funksioneer dieselfde nie, dus is hulle afkoelingseffek nie voorspelbaar nie. Jou turbo se plumbing mag dalk ook langer/korter (of dikker/dunner, of van 'n ander materiaal) wees as die Patrol langsaan s'n, en dus meer/minder bydra tot die temperatuurverlies. Van my turbo pype het byv. asbesband rondom, ek vermoed dit hou meer hitte binne? Vandaar die inligting dat die lesings enige iets tussen 150 & 200 grade kouer is as in die manifold self. As jy wil veilig speel, mik dan eerder aan die 150 grade kant!
My meter lees as volg:
* 80-90 grade op idle.
* 100-300 grade voorstedelik.
* 360-400 grade wanneer ek konstant teen 100-120 op die snelweg ry (sonder trailer, maar met dakrak en groot bande!)
* 450-500 grade teen laaaang bulte op in 5de. Skakel na 'n laer rat en die temperauur val onmiddelik met 50-150 grade.
* 544 is die maksimum wat my EMS kon gelees kry in die 4 maande wat hy al in is.
Die manne by LandyOnline reken hulle ry die TD5 enjins tot so 725 grade, maar ek's bly my enjin kom nooit daar uit nie! 'n Goeie dyno sal ook help om die temperature laer te hou ("overfuelling" jaag jou EGT op), asook 'n vetter skezors (raak vinniger/makliker van die warm lug ontslae).
O ja, die EMS monitor se EGT lesing het nie 'n zero kalibrasie nie. Maar soggens wanneer ek inklim wys al sy vloeistoftemperature dieselfde lesing as die EGT, dus glo ek hulle pre-kalibrasie is redelik akkuraat.
PS: Draai bietjie vir Brian by LandyOnline se arm. My Patrol was 'n "guinea pig" om te sien watter sensors op die TD42 enjin werk sodat hulle dit in kit vorm kan adverteer & verkoop. Ag.v. daarvan het hulle die arbeidkoste gedra en ek het net betaal vir die sensors self (EGT, oliedruk, olietemperatuur, watervlak & watertemperatuur). Ek vermoed hulle kort nog iemand met 'n drie liter Patrol om dieselfde mee te doen, dalk kan nog iemand so 'n gelukkie reel...
