Wilhelm ek wil jou net inlig ek het nie n 4.8 manual Patrol om te verkoop nie, my 4.2 GQ trek wel soos n 4.8 maar hy is nog nie te koop nie.
Shalom
Re: 4.8 manual Wanted
Posted: 07 Oct 2011 08:31
by XenoBlitz
Haha,
Ek hoop nou nie elke liewe forum lid lat my weet hulle Patrol is nie te koop nie :P
Re: 4.8 manual Wanted
Posted: 07 Oct 2011 11:19
by Aries66
Hi Wilhelm.
Ek weet net van 'n 4.5 2001 model wat moontlik in die mark gaan kom, hy is baie goed opgegradeer met byna al die dinge wat gedoen kan word.
En dit is handrat.
Re: 4.8 manual Wanted
Posted: 07 Oct 2011 16:29
by jan.dup
Wilhelm,
Ek het wyd gesoek na 'n 4.8 manual met lae kilo's en in 'n goeie toestand en na 'n lang gesukkel sonder om een te vind het ek (aanvanklik reluctantly) besluit op die GRX. My raad sal wees is om op Bid or Buy, Gumtree en Junkmail ( daars nou een met 190000km op te koop vir R 190 000.00 - paste die link op jou browser - http://www.junkmail.co.za/v-pretoria-mo ... EdQX201127 ) te gaan kyk van tyd tot tyd - maar soos die een wat nou te koop weereens wys, sal dit baie "geluk" vat om een met min km's te kry - maar dis seker nie onmoontlik nie
Met die Startmonkey (hys regtig klein) in jou Patrol as jy boendoes toe gaan verval die rede van 'n pap battery op 'n GRX in elk geval. Dit kan gekry word by Wintec solutions in Jhb en die Startmonkey 200 gaan vir R 2000.00 en die 400 vir R 2400.00 met die 400 wat jou battery tussen 15 en 30 keer kan jumpstart - en hulle beweer hy het selfs na 'n jaar sonder gebruik nog steeds 75% van sy "charge". So as jy 'n dubbel battery stelsel het en die Startmonkey en jy sukkel nog steeds
Kyk hier op youtube:
en dan vir 'n vrek snaakse weergawe daarvan
Re: 4.8 manual Wanted
Posted: 17 Oct 2011 11:21
by XenoBlitz
Ai, noudat daar geen handrat 4.8 beskikbaar is nie gaan die man vir hom 'n Cruiser doublecab kry.
Ag wel. Ons kan nie almal goeie besluite maak nie.
Re: 4.8 manual Wanted
Posted: 17 Oct 2011 11:31
by Jules
Wilhelm almal maak foute deur die lewe, hy sal wel sy fout agterkom sodra daardie D/C Cruiser begin roes en glo my hy roes selfs in die binneland, ek het nog nie een gekry wat nie roes nie.
Maar nou ja mens kan n perd tot by die water vat en dan moet hy doen wat hy wil doen