Page 2 of 2
Re: ROCK SLIDERS
Posted: 10 Jun 2009 10:08
by Gerrit Loubser
Herrie wrote:as jy nou 'n stukkie pyp vas weld teen die T-piece kan jy dit as 'n hi-lift jack point gebruik.
Just take care to design the hi-lift point in such a way that it does not become a plow.
Re: ROCK SLIDERS
Posted: 10 Jun 2009 10:25
by Aries66
Hi Tjaart.
Dit lyk nice, net 'n vraag die agterste support gaan dit nie haak op daai klip wat hy moet oorgly nie?
Re: ROCK SLIDERS
Posted: 10 Jun 2009 14:19
by Tjaart
Stefan
Ek het hulle sommer ge-Hammerite. Nogal 'n heel duursame soort verf. Dit is metaal basis, so dit klou lekker aan die staal. EK wou nou pype aan die kant swys vir high lift jack punte, maar dit reen nou in Pietersburg en dis moer koud. Werk eerder nou binne!!
Ek het juis daai 16mm plaat so gemaak om die klip of grond weg te skraap. Die agterste een sal nie so erg haak soos die voorste een nie. As jy mooi kyk op die sill van die deur, sal jy die area sien onder "4500" sticker waar die grond en klippe al geraak het. Teen die tyd wat die agterste bracket teen die grond raak, is ek oor. Gewoonlik sit ek vas sodra my voorste wiele oor die bultjie is. Die rock sliders gaan egter nie help om nie vas te sit nie, maar eerder om skade te voorkom. Dit beteken egter ook dat ek met bietjie meer entoesiasme die bultjie kan aandurf om myself oor te stoot!!
SO, ek sal dit naweek sien hoe dit werk. Ek moet nog besluit waar ek die pype gaan opsit vir die jack punte. Ek wil dit egter nie laat uitsteek langs die kant van die sliders nie, want dan sal ek my bene vergruis daarteen. Ek het 'n baie lekker en sterk extension gemaak vir my jack wat daar kan bykom. Ek sal bietjie daaroor dink en dan laat weet.
Groete
Re: ROCK SLIDERS
Posted: 12 Jun 2009 00:53
by G-MAN
Hi Tjaart. As Jy n ronde pypie net voor die flatbar wat af wys sit met n lekker dik wand, sal dit makliker oor n rots gly en dit kan n hi-lift punt wees.

Re: ROCK SLIDERS
Posted: 12 Jun 2009 06:25
by Tjaart
Dis 'n blink plan!!
Ek sal kyk of ek dit kan doen. Hoe ver is jou rock sliders?
Re: ROCK SLIDERS
Posted: 12 Jun 2009 19:24
by G-MAN
My rocksliders is klaar en op my trok,ek sal more n paar fotos neem en dit post.
