Page 2 of 2

Re: My Patrol 2005 3.0 Diesel

Posted: 20 Apr 2011 09:55
by HazyPatrol
Peter,

Ek is bewus dat 'n mens die Patrol ook in outomaties en met GRX fieterjasies kry. Ek het al gekyk daarna maar dink nogsteeds dat om op te gradeer na 'n standaard 4,8 meer koste effektief is as om jou standaard handrat te verander in 'n outomaties. Jy kry baie meer by as net die outomaties en die hoër brandstofverbruik pla nie soveel nie.
Dus, overgesetsynde, kyk ek maar so op my manier na 'n 4,8 wat beskikbaar mag raak vir 'n bekostigbare differensiaal tussen my Patrol en 'n 4,8 (nie noodwendig 'n nuwer model nie).

Laeveldgroetnis
Izak Fick - HazyPatrol :oldtimer:

Re: My Patrol 2005 3.0 Diesel

Posted: 20 Apr 2011 10:31
by Izak
Oom Mac

Agarob lyk darm nou verskriklik mooi met daai buffertjie. Die naam is Ngenkhomo.

Mooi bly

Izak I

Re: My Patrol 2005 3.0 Diesel

Posted: 20 Apr 2011 10:37
by Izak
Die een is baie mooi, kyk bietjie op Gumtree. 2008 model met 62000 km op.

http://johannesburg.gumtree.co.za/c-Car ... Z276002315

Re: My Patrol 2005 3.0 Diesel

Posted: 20 Apr 2011 11:03
by HazyPatrol
Beste Izak,

Of sal ek sê Naamgenoot?
Dankie vir die link. Dit is 'n baie mooi Patrol. Ek het klaar kontak gemaak met die Verkoper. Sal sien wat kom daaruit.

Laeveldgroetnis
Izak Fick = HazyPatrol :oldtimer:

Re: My Patrol 2005 3.0 Diesel

Posted: 20 Apr 2011 18:54
by Izak
Hoop jy kom reg.

Laeveld is DIE plek in die land volgens my. Het die voorreg gehad om so 5 jaar in Nelspruit te werk. Moes so 3 maande terug van Bosbokrand terug gery JHB toe, toe vat ek die "senic" roete deur Hazyview, Witrivier en Nelspruit.

Dit was altyd vir my vrek lekker om aan die einde van 'n naweek, wat ek in Gauteng moes wees, weer terug te ry Nelspruit toe en dan vir al die Gautengers wat terug moet gaan te giggel.

Julle is baie gelukkig om daar te bly.

Oud Laevelder groete

IJM

Re: My Patrol 2005 3.0 Diesel

Posted: 21 Apr 2011 07:59
by HazyPatrol
Izak,

Ek is nie baie lank in die Laeveld nie - slegs van 1949 af. Net na die Rinnerpes het ons verdwaal en sedertdien is ons hier.
Baie beter as in Gauteng!

Kom sê gerus dag as jy weer hierna toe kom.

Laeveldgroete
Izak Fick

Re: My Patrol 2005 3.0 Diesel

Posted: 23 Apr 2011 08:30
by OB1
Of jy diesel auto of 4.8 auto gaan, laat weet as daardie een marktoe gaan asseblief?

Dankie

Re: My Patrol 2005 3.0 Diesel

Posted: 23 Apr 2011 09:45
by HazyPatrol
Beste OB1,

Sal so maak. Ek wil die '"move" maak sodra die regte een kom.
Waar is jy innie wêreld?

Izak Fick :idea:

Re: My Patrol 2005 3.0 Diesel

Posted: 26 Apr 2011 16:01
by OB1
Lynnwood Pretoria. Ek is bereid om na jou ook toe te kom. Tans nie ernstige koper nie, maar defnitief as ek die regte voertuig kry

Thanks

Re: My Patrol 2005 3.0 Diesel

Posted: 06 May 2011 14:07
by BartG
Peter Connan wrote:Hello Izak

Ek probeer jou nie oortuig om nie 'n 4.8 te kry nie, ek dink self die 4.8 is die koning, maar ek wil tog net seker maak: jy is bewus dat mens die 3l diesel ook in automaties en GRX-spesifikasie kry ne? Dus is dit moontlik om die ekstra gemak en weelde sonder die ekstra branstofverbruik (maar ongelukkig ook sonder die ekstra woema) te kry.

Groete
Peter
I dont think you can get those anymore in the "new" shape, only pre 2004. If yes, i`m looking in the wrong place! but that`s fairly likely :think: