Ons was in April vir twee weke op in Zambia tot onder by Kanshanshi myn. Lekker kamp plek by Lusaka. Doen jouself n guns en maak seker jy het n polisie klaring vir jou voertuig veral waar n mens by lusaka in Zim ingaan! Daar is baie plekke waar jy kitskontant kan kry en dollars is maar meestal gebruik.
Daar is ook vals dollar note in sirkulasie so wees maar versigtig wanneer jy kleingeld kry vir al by die ferry by Kasane
Vermy alle kortpaaie!!! Die teerpad is die manier om jou voertuig aan die gang te hou en die paaie is goed maar die grondpaaie het selfs my Patrol wakker geskud!
Daar is baie B en B vir die dae wat n mens wil verander van kamp. Pryse redelik.
Die mense is baie vriendelik.
Met die afstand en min te sien sal ek nie sommer gou weer Zambia toe gaan nie. Dit kos n plaas se prys. Ek dink drie weke of meer is nodig om behoorlik te sien en ons was te haastig. Darem lekker tiervis gevang.
Zambia?
Who is online
Users browsing this forum: No registered users and 1 guest