Page 2 of 3

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 01 Feb 2011 10:01
by marinda
Nog niks gekry nie. Daar was al 'n paar maar die pryse is mal! HELP!!!

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 02 Feb 2011 12:58
by Pieter du Toit
Hello Marinda

Het hierdie een op Gumtree gekry - nogal baie ekstras ook op en in.

Kyk maar self: http://capetown.gumtree.co.za/c-Cars-Ve ... Z247411718

Miskien kan dit jou nader bring aan die ware jakob - of sal ek eerder se die regte Jakob!! :biggrin:

Groete

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 02 Feb 2011 20:27
by Stefan
Goeie prys, met ruimte om hom bietjie af te stry.(Die ekstras maak niks aan die boekie waarde nie)

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 02 Feb 2011 20:45
by JG Shields
Stefan, ek verskil so ietwat van jou. Indien 'n klient dit reg motifeer dan neem banke wel 'n faktor daarvan in ag by finansiering. 'n Goeie versekeraar sal dit ook addisioneel dek.

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 03 Feb 2011 09:28
by Aries66
Dit lyk baie mooi, met al die ekstra's, maar as ek vergelyk met die een wat ek nou gekoop het dink ek die een is biekie baie "Over Prized" . Het gevoel myne was duur teen amper helfte die prys, maar omdat dit n' 4.2 Turbo Diesel was het ek maar oe toe gemaak en hom gevat. So ek sal se moenie te hastig raak nie. Hy wat geduldig is sal beloon word met die regte Patrol op die regte tyd teen die prys wat jou gaan pas.

Sterkte met die soektog.

Louis

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 03 Feb 2011 10:45
by Kagiso II
Haijj Marinda - Oompie sit nounet en dink en dink en dink... soveel so die brandweer het kom vra of als orraait is, hulle ruik brand. Nouja, waar 'n rokie trek ... daar sit 'n man en dink [gewoonlik by 'n vuurtjie om sy eie rook weg te steek]]
Dink ek so by myself en sê ik vir myself: "Myself, se virri Marinda kjent hulle moet tog maar kjyk na 'n pedderul moedel ook - want die peddrul m'delle is soveel goedkoper as diesels dat jy verrr oor 100-dysend kilometermyle sal moet ry om die prysverskil op te maak. EN dan weer, die onderhoud is baie goedkoper, en op daai 4,2 's - hulle is weerskante toe ewe taai [die peddrul se treffiek faainz is net verdomp meer. ] Dwergie het nou 'n tennisbôll onner LOBO se pedrilpeddil vasgekybiltaai solat ik hom nie meer so DIEP kan trap nie <ik ry daai 2.8 nog steeds agter die klank aan .. eeeeeeeeeendag sallik grootword .. of nee wag, ik WIL nie, hirri 12 jarige laaitie hier binne .. ek VOER hom maar hy moet 12 bly]
[ik het ook opslag allie tennisbôlle wat binne die huis is weggesmyt om soortgelyke gedrag op anner rygoed te voorkom. :helpsign: ] - Dis wattik vir Myself gesê het...
om vi jou te laat winner oor 'n pedril moedel [Daar is 2 op Gumtree - die een so mooi soos die anner. Ek laaik daai gryse meeste] > http://capetown.gumtree.co.za/c-Cars-Ve ... Z256836407
http://capetown.gumtree.co.za/c-Cars-Ve ... Z256836407

o-ja: Hier is ook een: NUWE vorm maar 4.2 http://www.surf4cars.co.za/showroom/sho ... &s_SortBy=

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 03 Feb 2011 14:32
by davejones

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 03 Feb 2011 15:39
by marinda
Dankie vir die HELP kyk. Die ene innie mooie Kaap hou ek al vir 'n tydjie dop maar die ou stick by sy duur prys.Ek stel nie belang in al die extras nie. Die grys kleur van die anner ene is baie mooi maar die model biki oud. Die rooie op surf 4 cars is ongelukkig reeds, baie gou na die ad geplaas is verkoop. weet nie hoekom haal hulle dit nie af nie. Ja, ons wag maar geduldig vir die regte ene maar die is so skaars. lyk vir my die ouens klou vas aan hulle Patrollies! Ha Ha Ha. Hou maar nog julle ore oppie grond seblief.

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 03 Feb 2011 15:41
by marinda
Dave Jones, tong innie kies, verkoop nou maar joune aan my vir 'n realistiese prys toe man!

Re: Nissan Patrol 4.2 TD

Posted: 03 Feb 2011 15:43
by marinda
O ja, net so terloops, die versekering neem wel geen extras in ag nie wil ek net sê.