Page 2 of 3

Re: Lesotho Shortcut

Posted: 29 Dec 2010 23:58
by 4drlouis
Peter

Nice trip report. Oorweeg dit self om Lesotho in April te doen. Op 'n tegniese noot, ek vind ook dat my Trol (ook 'n TB42) 'n bietjie warmer hardloop as gewoonlik. Ek het die verskil begin sien nadat ek groter (en breer) wiele opgesit het. Die een rubberpyp na die ander het die gees begin gee, en die Trol staan juis op die oomblik oor 'n gebarste pyp - die een wat soos 'n vraagteken lyk, tussen die waterpomp en die termostaat, agter die alternator, sodat jou vingers verkeerdom moet buig om die ding uit te kry - klink soos dieslfde een wat jou gepla het in die berge. Ek sien jou Trol het ook groot en bree tekkies. Ek wonder sommer maar of die groter weerstand nie dalk sy tol met die enjin se temperatuur eis nie? Die mechie wat na my Trol kyk het 'n tweede waaier voorgestel as oplossing vir die warm word. As ek dit insit sal ek jou laat weet of dit werk.

Blessings

Re: Lesotho Shortcut

Posted: 30 Dec 2010 18:09
by Peter Connan
Dankie Dr. Louis

Ek het egter reeds probleme gehad met warm word voor ek die groot wiele opgesit het. Ek het die waaier vervang met twee elektriese waaiers, die eerste een kom aan teen 97Grade en die ander 103, en ek dink dit werk beter. Ek het ook skakelaars ingesit sodat ek al twee waaiers ten enige tyd aan of af kan sit, met 'n alarmpie om my te waarsku wanneer hulle af is (dit is primer vir rivierkruisings).

Iemand het my gese ek moet die viscous waaier van die 4.2 Diesel insit, die viscous koppeling is blykbaar "stywer" en die waaier skuif dus meer lug.

Oom Mac nadat Hennie van der Linde my eendag soos 'n boemelaar-hond behandel het sal ek maar iemand anders moet kry om my te help, maar dankie vir die raad.

Groete
Peter

Re: Lesotho Shortcut

Posted: 30 Dec 2010 22:53
by Kagiso II
.. eisjj - jammer dat die mense nie mense soos mense kan behandel nie :surprised: :naughty: [Pastoor Leon gebruik die woordjie "Stomme mens" in die plek waar ek F**^%$@#% sou se - so shame vir daai "stomme mens"
ek het beter verneem van Shaun - maar in daai geval, steek kers op met Kobus / Martin van MAUS [in Roslyn] (en jy kan maar my naam gebruik - as jy so braaf wil wees :lol: :rolling: ]

Oor waaier blaaie - ek volstaan by die viscous - daar is 'n rede hoekom die vervaardigers van 4x4'e in SA die goed met viscous ontwerp / vervaardig .. WANT hulle moet die eerste jaar of wat en klomp Km daai ding waarborg - en enjin wat oorverhit in Afrika AGV hulle "ontwerpsfout" gaan hulle duur te staan kom (letterlik EN figuurlik) .. aldus bly ek by en hou ek vas aan en klou ek vas aan die viscous waaiers [EN hy slaat nix flenters as jy inni water ingaan met hom nie ???? daai ene wil ek nog sien - maar as jy op die regte wyse in water ingaan en deurry - sal die visc nie goeters breek nie... is my ervaring sedert 1997 toe ek begin 4x4 het] en daai 7 Kw wat hy meer trek is net teen hoër rewolusies, as die stommme mens nie vi my gelieg(jok) het, nie.

Re: Lesotho Shortcut

Posted: 31 Dec 2010 12:04
by Peter Connan
Hello Oom Mac

Ek hoor wat oom se oor die viscous fans en sal heel moontlik terruggaan, maar my fan was amper afgebreek en intussen het ek die shroud aan Dolf Engels verkoop, so ek sal moet plan maak.

IVM die fan afsit, dis nie oor hy homself of ander goed breek of stukkend slaan nie, die teorie is dat daar dan minder water in die enjinkamer rondspat en dus minder kans dat jy die elektriese goed natmaak en dan vrek die enjin. Julle ouens met die diesels hoef natuurlik nie rerig hieroor te bekommer nie. :mytwocents:

Re: Lesotho Shortcut

Posted: 02 Jan 2011 09:11
by 4drlouis
Peter (en Oom Mac, en enige iemand anders met 'n sent)

Twee vragies: Hoe lank hou 'n viscous fan? (of is veronderstel om te hou?) Het jy nog die oorspronklike vergasser op jou masjien? Is dit die moeite werd om iets soos 'n Holley op te sit?
Ek hou van my vergasser, maar dit lyk my ek sukkel om 'n carb-kit daarvoor te kry. Enige raad word soos altyd waardeer.

Blessings, Louis

Re: Lesotho Shortcut

Posted: 02 Jan 2011 19:41
by Peter Connan
Hello Dr. Louis

Ek het geen idee hoe lank 'n viscous hou nie, maar ek is ook redelik seker sy lewe is nie eindeloos nie. Die mense se jy kan hom "voel", maar ek dink mens moet dit waarskynlik los vir iemand wat weet?

IVM carb kits, ek het een gekry by Carburettor City in Johannesburg. (011) 334-4433, 171 Main Street.
Daar is 'n thread waar Rudolph onlangs 'n Weber op sy kar gesit het, ek wag in spanning vir hom om ons meer info te gee nadat hy terugkom van sy vakansie. Ek het al 'n paar karre gehad met Webers op en is nog altyd beindruk, maar Holley ken ek glad nie, alhoewel ek weet dat hulle 'n baie goeie reputasie het.

Groete
Peter

Re: Lesotho Shortcut

Posted: 03 Jan 2011 10:48
by Rudolph
Hi Peter,

Awesome trip julle gedoen het, en great report. Ons het ook daar by Underburg om gery is pragtig na al die lekker reen wat geval het. Jammer om te hoor van jou oorverhitting probleme. Sover het ek nog nie die probleem ondervind nie. Wanneer gebeur dit? As jy stadig ry 1st, 2de rat opdraandes of oor die algemeen?
Hoop jy sorteer dit gou uit.

Groete
Rudolph

Re: Lesotho Shortcut

Posted: 03 Jan 2011 11:21
by Peter Connan
Thanks Rudolph

Ek gaan een van die dae 'n thread hieroor begin, maar die probleem gebuer meestal in situasies waar mens stadig ry teen relatiewe lae RPM. Did het nog net een keer gebuer teen hoer snelhede. Dit gebuer as die kar hard werk, soos teen lang opdraandes of as jy in diep sand ry.
Peter

Re: Lesotho Shortcut

Posted: 10 Jan 2011 02:46
by Maniac
Peter,

Ons het dieselfde nat ondervinding in die suide van Lesotho gehad vanaf 27/12 to 30/12. Teerpaaie het sommer weggespoel. Ons moes ons roete ook heeltemal "shelf" agv die reen. Ek sal later trip report opsit van die Y61 en Lesotho.

Re: Lesotho Shortcut

Posted: 10 Jan 2011 09:18
by davejones
Thanks for your trip report Peter - it's amazing just how influential weather can be on one's journey. Weather = boss :oldtimer: