Hierdie is 'n video wat ek 'n vorige keer geneem het van 'n Hilux op die bult, dat julle kan sien waarvan Langman praat. Die bult se naam is Ralph's Hill, en dit is definitief een van die moelikste obstacles hier naby PE,so dis definitief is om oor te spog!
Die hilux het 33" bande op, ARB lockers voor en agter, en 'n Ford V6 onder die bonnet.
Ek sal liewer die video post wat wys hoe maklik ek daai selfde dag na die hilux daar op met die Triton met gewone pad tyretjies
Ek is ook al met 'n Disco 1 en 'n Suzuki Jimny daar op(en ek het videos om dit te bewys), maar dit was net na hy mooi reggemaak is. Daai bult verander heel tyd en op sy ergste kon ek nie met my V8 hilux met dubbel lockers en 35" bande daar op kom nie.
Re: Facelift
Posted: 31 Jan 2011 21:36
by Tinus lotz
gelukkig weet jy hoe werk n spray gun >>>>>sorry boet
elke sport het maar sy beseerings ,maar dit is tog lekker as die patrol ass kick
Re: Facelift
Posted: 01 Feb 2011 07:32
by Langman
G-MAN wrote:Hoe lyk die rots?
Sal nie weet nie...was met so moerse spoed daardeur ek het dit alles gemis! Daai stukkie pad stuur die kar self...jy moet net daar sit en gas gee. n' Video doen daai bult geen justice nie...hy lyk nogals heel mak maar wag tot jy voor daai ding staan en hom self tackle. Wat dit erger maak is die feit dat daai hele bult bestaan uit so poeierige sand...mens kan nie eers daarop loop nie, aan die bo kant sink jy in die grond in en die onder deel gly jy. Dis wat die ding so interesant maak.
Nietemin dit was n' great dag ...Zantus ken die PE Area so lekker dat hy weet waar om al daai kwaai obstacles en trails uit te krap. Moet net die ouens begin split in 2 groepe, die gewone mense en die malletjies (ek's in die groep) . Alhoewel dit lekker is om somtyds die ou te loer wat die eerste keer sy lorrie deur die bos vat is dit nogals tydsaam en dit vetraag so trippie want hulle is allergies vir krappies en dan vat alles net soveel langer.
Re: Facelift
Posted: 01 Feb 2011 09:02
by Zantus
Langman wrote: en die malletjies (ek's in die groep) .
Ek is bly om te hoor ek is nie alleen nie
Die ou in daai hilux hou ook van die wilder trails, so ek dink ek gaan 'n paar moeilike trippies organise vir die ouens met guts....ons sal dit "SFA only" maak, maar dan moet ek eers weer 'n SFA voertuig kry
Re: Facelift
Posted: 01 Feb 2011 09:21
by Langman
Zantus wrote:so ek dink ek gaan 'n paar moeilike trippies organise vir die ouens met guts....ons sal dit "SFA only"
Maak dit eerder NSA SFA!
Solank ek nie body panels hoef te vervang nie gooi rooi!
Re: Facelift
Posted: 01 Feb 2011 09:49
by Zantus
Nee, ek hou van rof speel, maar ek hou nie van my kar by plekke in druk waar hy gaan seer kry nie.
Re: Facelift
Posted: 01 Feb 2011 12:46
by Kagiso II
Knapgedaan jonge - knapgedaan.
Re: Facelift
Posted: 01 Feb 2011 22:04
by Ruben
Ek sien julle manne weet hoe die 4x4 dinge werk. Geluk Langman dis n klein skraapie vir daai hindernis