Page 2 of 2

Re: GU/Y61 TD42 Fan Blade and Viscous fan supplier Cape Town

Posted: 09 Jul 2010 15:54
by JG Shields
Pieter,

Ek bly baie skepties oor die woorde: "presies dieselfde". Ek kan seker nie stry nie, maar ooglopend dieselfde is nie noodwendig tegnies dieselfde nie.

Die effektiwiteit van 'n waaier word deur die kleinste afwyking beinvloed, veral waar sy effektiwiteit afhang van sy "compatibility" met die "fancowl". Ek glo wel dat alle modelle nie ewe sensitief is nie, maar die 4.8 is wel. Die probleem is ook nie in ons strate waarneembaar nie, maar wel in dagtemperature bo 38gr en wanneer die voertuig baie hard werk soos bv sleep teen 'n pas uit of "crawl" in 4x4.

Ek was gelukkig om die proefneming hier naby my huis in die somer te doen met my aanvanklike "presies dieselfde" nagemaakte waaier. Teen 38gr met my volgelaaide sleepwa teen 'n 3km lange opdraende het die temp naald beduidend bo normaal gedans. Met die oorspronklike Nissan waaier teen dieselfde temperatuur, 5 mense in die voertuig, swaar sleepwa teen Cradock se pas uit......honky dory!

As ek dit nie vooraf uitgevind het nie en daai dilemma het my iewers tussen Katima en die noorde van die Zabesi rivier getref, dan het ek gehuil...en myself vrywillig beseer met 'n stomp mes.

Re: GU/Y61 TD42 Fan Blade and Viscous fan supplier Cape Town

Posted: 10 Jul 2010 01:06
by Pieter du Toit
Hello JG,

Wanneer ek se PRESIES DIESELFDE - dan bedoel ek letterlik presies dieselfde - behalwe miskien die samestelling van die materiaal wat in die vervaardigings proses gebruik is ( :lol: ) - en ek baie sterk betwyfel of dit n effek gaan he op die doeltreffendheid van die waaier - miskien die leeftyd daarvan ja.

Net soos Srxy het ek ook met my stukkende fan by hulle deur ingestap - en ja die fan se omtrek, blades se breedte, dikte, spasiering en pitch sowel as boudgate om op die viscus vas te sit was alles presies dieselfde. Miskien was dit n vloek skoot - maar dis wat ek gekry het. En as ek vandag kyk na daai fan wat al amper n jaar op my 3.0l was voor dit opgepak het en nou weer op die 4.2 motor pronk dan lyk hy nog net soos die dag toe ek hom daar my Moag's gekoop het.

Jy het wel n fan opgesit wat die blades van 8mm kleiner was - dis n MOERSE verskil!! Die geheim is om die ding wat jy wil vervang saam met jou te vat en te vergelyk met die nuwe - ek dink nie jou eie oe gaan vir jou jok nie. :thumbup:

Groete

Re: GU/Y61 TD42 Fan Blade and Viscous fan supplier Cape Town

Posted: 04 Oct 2010 14:19
by Dolf
Hi Pieter,

Ek is nuut op die forum, het die naweek vir my 'n 96 Partol 4.2 SGL aangeskaf. Redelike goeie toestand maar soos met alle ouerige modelle is daar maar altyd 'n dingetjie of twee wat reggemaak moet word. Onder andere was die eerste ding wat ek opgemerk het dat die "cowl" van die waaier weg is en dat die "fan" ook gekraak is.

Die plek wat jy hier na verwys, sal hulle vir die TB42 (Petrol) engine ook "fans" aanhou? En waar sal ek 'n "cowl" in die hande kan kry behalwe by die agente? Ek is in die Noordkaap en dit sal effe moeilik vir my wees om gou by die plek te gaan instap.

Dankie.

Dolf

Re: GU/Y61 TD42 Fan Blade and Viscous fan supplier Cape Town

Posted: 04 Oct 2010 14:39
by JG Shields
Hallo Dolf,

Ek is op soek na 'n fan-cowl, maar vir 'n GU 4500 petrol model. Indien jy in jou soektog oor so iets te staan kom. laat weet asb. Ek moet byvoeg dat 'n goeie aluminium asook glasvesel tegnikus 'n cowl kan bou wat dalk selfs beter is as 'n oorspronklike een. Ek het tans 'n hand geboude cowl wat perfek werk. Hy's egter van sagtestaal plaat en ek's bang hy is te swaar vir sy aanhegtingspunte in die plastiek verkoeler. Ek soek die 4500 cowl om 'n glasvesel "copy" mee te maak.

Die cowl is uiters belangrik en ek glo nie 'n Patrol behoort hoegenaamd sonder 'n cowl te ry nie, veral nie 4x4 nie.

JG

Re: GU/Y61 TD42 Fan Blade and Viscous fan supplier Cape Town

Posted: 06 Oct 2010 21:09
by Pieter du Toit
Hello Dolf,

Jammer ek antwoord jou nou eers - was maar lanklaas hier op die forum.

Ja dit is nogal moeilik as jy in die Noord Kaap sit - dis nie vir sommer net instap en probleem oplos nie. Jy kan hulle bel oor die fan en hoor of hulle jou oor die foon daarmee kan help - maar meeste van die tyd se die ouens ir jou bring die ding vir ons en dan sal ons vir jou se of ons jou kan help. Jy kan nie dalk n foto post an hoe jou fan lyk nie - dalk kan ek dit dan print en na hulle toe vat en vir jou gaan kyk of hulle dit het.

Die "cowl" is moeilik - en ek dink nie dis iets wat jy sommer net iewers anders gaan optel as behalwe by die agente nie - teen die prys van n arm en n been!! Tensy jy gelukkig is en kan hoor van n TB42 wat geval het en iewers in n scrapyard le - maar dit sal maar do**er!!!

Vra maar as ek kan help met iets - dis die minste van moeite.

Groete

PS: Moag's in Elsies Rivier - Tel (021) 931-9722

Re: GU/Y61 TD42 Fan Blade and Viscous fan supplier Cape Town

Posted: 19 Oct 2010 14:10
by Ratau
Goeie dag aan almal, ek voel soos 'n vreemdeling hier op die forum.

Ek het verledeweek gesien my Patrol se verkoeler waaier is besig om al in die ronte te kraak en toe begin rondbel vir 'n nuwe. Global Nissan Wonderboom sê hulle het nie of kan nie kry nie. Die laaste prys was ± R1380 Excl. Ek vra toe die man of een van die ander Nissan voertuie se waaier nie sal pas nie waarop hy NEE anwoord. Ek ry toe ABE Midas toe waar Eddie my een gee met 'n Nissan nommer op, hy sê toe die lys wys dit ook as dieselfde vir alle 1tonner bakkies 1998 en jonger. Die prys was R300 btw ingesluit. Die het selfs dieselfde casting nommer op as die oorspronklike. Nou of die materiaal verskil of nie, sal die Nissan part drie van Midas uitleef? Ek glo dit nie.

Re: GU/Y61 TD42 Fan Blade and Viscous fan supplier Cape Town

Posted: 25 Oct 2010 14:48
by SRXy
Pieter du Toit wrote:Srxy,

Ok now I am going to piss on all of yours batteries!!! :lol:

Firstly Srxy - I don't know where you got that photo of the fan blade from but that is my photo and was the fan blade that came off my 3.0 DI !!!!

I think you are committing plagerism (or whatever they call it!!!) - :lol:

And now for the best part - I bought my brand new fan EXACT same model as that one from Moag's in Elsiesrivier for R150-00!!!! :rolling:

I think you guys need to shop around a bit more for better prices!!! :thumbup:

Regards
Firstly....I did say in the post that the fan blade picture is NOT mine "(see pic below...this isn't mine, but I had the same issue...just fewer cracks)"....it was just an good example of what the cracks looked like.

Thanks for sharing your find then at Moags, lekker find!! If anyone finds 3rd party spares that are the real deal could they please post where they got them on the forum. Will help the community out....

I did shop around...but didn't get to somewhere as obscure as Moags....lol.

QQQ

Re: GU/Y61 TD42 Fan Blade and Viscous fan supplier Cape Town

Posted: 28 Oct 2010 16:33
by Maniac
Any idea of where one could find a viscous coupling for a TB45E engine? My fan stays on continuously.