Page 2 of 2

Re: Patrol 4.8 GL discontinued?

Posted: 14 Jun 2010 17:37
by Herrie
Het verlede Woensdag 'n vergadering met Nissan SA gehad - daar is geen Patrol GL's beskikbaar op die oomblik nie en dis hoekom dit nie op hulle website is nie.

Meeste van die agente wil ook nie Patrols op hul vloer sit nie omdat die Patrols te duur is en te lank op hul vloer staan voordat hulle verkoop word.

Het hulle ook aangevat oor hulle swak bemarking van die Patrol en hulle is besig om iets daar aan te doen.

Wat interesant was is dat meeste vervaardigers tenminste 30% verloor het met die ressesie verlede jaar - Nissan het slegs 15% verloor.

Re: Patrol 4.8 GL discontinued?

Posted: 14 Jun 2010 17:48
by Stefan
Dankie vir die terugvoer Herrie.

Die gebrek aan bemarking en swak verkope loop hand aan hand. Kan nie onthou of ek al ooit 'n advertensie vir 'n Patrol in 'n tydskrif of op TV gesien het nie en behalwe vir die Voetspore (wat later 'n pathfinder en Navara oefening geword het) is daar ook nie eintlik borgskappe waarvan ek weet nie.

PS. My swaer wat Australie toe ge-emigreer het, het vir my 'n kopie van '4WD Overlander' tydskrif gestuur. Awesome ads vir Patrol self en ander produkte met Patrol in die agtergrond. As iemand belang stel kan ek dit miskien scan.

Re: Patrol 4.8 GL discontinued?

Posted: 14 Jun 2010 20:22
by Herrie
Stefan die sal uitstekend wees as jy dit vir my kan scan en stuur. (kobuspienaar at flysaa dot com)

Nissan SA beplan 'n "road-tour" na die meeste dele van RSA om die Nissan produkte te bemark - sodra ek meer inligting daaroor kry sal ek laat weet.

Re: Patrol 4.8 GL discontinued?

Posted: 14 Jun 2010 20:41
by Stefan
Maak so

Re: Patrol 4.8 GL discontinued?

Posted: 18 Jun 2010 11:48
by Wynvat
Herrie wrote: - daar is geen Patrol GL's beskikbaar op die oomblik nie en dis hoekom dit nie op hulle website is nie.
Herrie wat beteken dit?:

Daar sal weer 4.8 GL's beskikbaar raak; of
Daar sal nie weer 4.8 GL's beskikbaar raak nie; of
Daar sal nie weer 4.8 GL's beskikbaar raak nie EN die diesel GL en die 4.8 GRX is ook oppad uit; of
Nissan SA verkoop nou alle Y61 modelle uit want hulle word nie meer vervaardig nie en hulle sal deur die Nuwe Patrol vervang word; of
Nissan SA verkoop nou alle Y61 modelle uit want hulle word nie meer vervaardig nie en hulle sal nie deur die Nuwe Patrol vervang word nie; of
Nissan SA weet nie mooi wat aangaan nie.

Nissan se antwoord lyk vir my effe niksseggend.

Re: Patrol 4.8 GL discontinued?

Posted: 22 Jun 2010 11:55
by Stefan
Herrie,

Ek het die 3 bladsye vir jou gestuur.

Re: Patrol 4.8 GL discontinued?

Posted: 13 Jul 2010 08:32
by Wynvat
Kyk bietjie die mooi Patrol op bladsy 24 van Augustus se Leisure Wheels.

Leisure Wheels is van oordeel dat die huidige Patrol (Y61/GU)internasionaal paralel met die nuwe een bemark gaan word.

Re: Patrol 4.8 GL discontinued?

Posted: 13 Jul 2010 10:24
by JG Shields
So bietjie mostert na die maar maar....die enigste TV advertensie waarvan ek bewus is waarin die Patrol verskyn het wasd die een waarin die verskillende Nissan produkte in verskillende diere verander het soos die terrein verander het.

Dis ongelukkig so dat ons as publiek nooit ten volle van Nissan SA se strategie op hoogte sal wees nie. Sodra hulle hul hand heeltemal oopmaak gaan hulle pak slae kry omdat dit aan die lig sal kom hoe hul strategiee soms bestaande eienaars benadeel.

Nietemin, ROER HULLE!