Die 3.0 Di Patrol is nie eintlik my persoonlike dag tot dag voertuig nie, dis my Safari (besigheids) voertuig. My dag tot dag voertuig is die Pathfinder 2.5di LE. Ek hou ook nie eintlik daarvan om die voertuig te gebruik op hindernis roetes soos ons Saterdag daar in die sand en dongas gedoen het nie, ek wil nie die voertuig beskadig nie, want dan is hy dalk nie 100% as ek kleinte in die wildernis in Botswana, Namibie, Zimbabwe of Zambie met hom 'n toergroep lei nie
Die rede vir die 3.0 Di Patrol is reikafstand op een tenkvol (saam met die sub-tenk) diesel vs wat ek kan verwag met die 4.8. As ek met mense die Sentraal kalahari ingaan, moet ek en my kliente ten minste 800 tot miskien 1000km op een tenk kan doen. 'n Ou is al reeds swaar gelaai en vol, daar is nie nog plek vir ekstra jerriekanne met brandstof nie. Dan natuurlik is daar ook die buitensporige diesel pryse verder noord in Suidelike Afrika, in plekke soos Zimbabwe, Zambie en Malawi betaal jy tot R24 en meer per liter vir brandstof!

Met die 3.0 Di Patrol het al 10.8 lt per 100km gekry op 'n Safari in Noord Namibie. In werklike slegte sand en stadige klipperige gebiede in 4L kry ek 16l per 100 km en my gemiddeld sover op die voertuig se leeftyd (dis nou vandat ek hom het) is die gemiddelde verbruik 13.2 lt/100km.
Ek sou met 'n 4.8 onder dieselfde omstandighede seker 'n gemiddeld van 20 of dalk so hoog as 22lt/100 kry.
Dis hoekom ek die diesel Patrol gekoop het, en sover is ek baie in my skik met die 3.0. Kyk, hy is nie so lewendig as wat die 2.7 Terrano was nie (hy is darem heelwat swaarder), dieselverbruik is om en by dieselfde, maar die Terrano het begin lank in die tand word, en om jou "image" by kliente as 'n Toergids, skerp te hou, is 'n nuwe, meer moderne voertuig voorwaar nodig. En dan is daar al die spasie wat die Patrol het in vergelyking met die Terrano!!