Dit lyk of die tweede Lexus sy @#%$##% gesien het, dit lyk nie of ek, die Lexus en die modder saam werk nie.
Siende dat my Patrol as n diesel uit die fabriek uitgekom het, en diesels baie better werk met water en modder, dink ek dit is weer tyd vir n diesel.
Julle moet nou ingedagte hou ek is nou gewoond aan die krag van die Lexus en dit is n speel kar op 35" en ek wil genoeg krag he om 37" te hardloop, watter diesel sou julle gebruik.
Die oorspronklike 2.8 rd is te vlou.
Ek hou baie van die 4.2, maar ek sal hom moet turbo, wat sal dit kos, of weet julle dalk waar kan ek n turbo 4.2 motor kry.
Ek sien in Amerika kom die groot Nissan bakkies nou met Cummins 5.0 v8 diesel, so dalk sal kobus my laat ry saam met die klub as ek n Cummins diesel in sit.

Enige idees is welkom.