Ha Ha! goeie een! Ek dog hiers vriende op die forum, lyk my hiers SHARKS ook!Slegte nuus oor jou '94 GL: Na ekstensiewe mark navorsing het ek bepaal dat die kar so R20,000 werd is, maar die goeie nuus is dat ek jou R30,000 vir hom kan gee.

Dankie vir die raad JG en Grant
Grant waar het jy die 4.2 D ingesit en waar het jy die enjin gekry? of het hy uitgekom met daai enjin? Wie het die turbo en intercooler opgesit?
Soos dinge nou staan het ek 2 opsies
Opsie 1: Verkoop VUMA vir 'n slegte prys en sit die deposito neer op 'n nuwer patrol betaal my as af.
Opsie 2: Doen die hele GQ oor en ek bedoel die hele GQ insluitend Enjin (sy gebruik olie), Cv's (of ball joints), Aircon motor, Hersien die ratkas, Diffs, en transfer case, my diff lock se vacuum valve is stukkend, Ek vermoed sy het nie 'n termostaat in nie (so die radiator sal gespoel moet word),power stearing pomp lek, VUMA se interior is ook in 'n slegte toetstand, en sy kort 'n paint job. Ek het reeds wheelbearings gedoen, nuwe shocks, Bande, die enjin olie getap en getap en getap (gespoel met diesel), klomp klein goedjies reggemaak op die bakwerk.
Ek vind parte vir die GQ is buitensporig duur by Nissan hulle se vir my alles moet ingevoer word vanaf japan, ek het 'n kondensor vervang so 'n rukkie terug en kon nerens een kry behalwe by nissan nie ek het 'n week gewag en R160 betaal vir 'n kondensor! Het iemand raad vir goedkoper parte?
Ek bly in Witbank maar ek het so 'n "SPA" nodig waar 'n persoon wat die enjin ken kan werk aan hom. en dan sal ek die koste moet opweeg om haar reg te maak teen verkoop en nuwer koop.
Terloops ek het haar in 'n slegter toestand gekry, dit was nie ek wat haar so laat agteruit gan het nie!
Dis lekker om met ouens te praat wat ook 'n Patrol wardeer, almal van my vriende verstaan nie hoekom ek aan karring met VUMA nie!