Vir die bietjie wat ek kon bywoon was dit 'n uiters vermaaklike klomp modder gooiery gewees.
Baie lekker. Dankie vir almal wat bygedra het tot die show.
Pieter B wrote: ↑08 Feb 2021 14:34
Weereens skitterende fotos PC!
Vertel bietjie meer van die Hardbody. Ek sien hy is SFA
Eienaar se naam is Johan. Dit is as ek reg verstaan 'n ZD30 enjin, standaard Gearmax agteras, 80 Cruiser vooras op Land Rover radius arms. Ek weet nie watse ratkas gebruik is nie. 35" bande en amper niks anders nie.
Die ding se groot geheim is dat hy baie lig is, maar hy het ons Patrols ore aangesit.
Peter Connan wrote: ↑09 Feb 2021 05:53
Dankie julle.
Pieter B wrote: ↑08 Feb 2021 14:34
Weereens skitterende fotos PC!
Vertel bietjie meer van die Hardbody. Ek sien hy is SFA
Eienaar se naam is Johan. Dit is as ek reg verstaan 'n ZD30 enjin, standaard Gearmax agteras, 80 Cruiser vooras op Land Rover radius arms. Ek weet nie watse ratkas gebruik is nie. 35" bande en amper niks anders nie.
Die ding se groot geheim is dat hy baie lig is, maar hy het ons Patrols ore aangesit.
Ek is seker die Hardbody het dan sy oorspronklike ZD30 ratkas in. Daai voorste ewenaar is omgedraai, dan die senter ook weer omgedraai saam die dop dat die ewenaar nie verkeerde kant toe draai nie en dan ook die balle op die punte 180 grade gedraai om die wiel sporing weer reg te kry. Ek dink al waneer mens so baie moeite sal doen op die ewenaar is as jy jou oorspronklike ratkas wil behou.
Lyk of dit goed gedoen is, interessant.