Nukkerige 4.2 petrol Patrol

Engines and Engine Systems
User avatar
Jules
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1641
Joined: 08 Apr 2009 09:13
Full Name: Julius
Nickname: Jules
Home Town: Rietjiesvlei, Zoeloeland
Current 4x4: Pathfinder
GQ Patrol
Home Language: AFR
Has thanked: 94 times
Been thanked: 76 times

Nukkerige 4.2 petrol Patrol

Post by Jules »

Mirrag almal

Ek was nou die afgelope naweek in Mkuze en soortgelyk wat so n maand terug gebeur het het weer sy kop uitgesteek. Na die naweek in die wildtuin se stofferige paaie het ek terug gery huistoe en die Patrol was baie rukkerig vir seker so 60km wat hy amper voel of hy nie petrol deurkry nie. Dis is veral opmerklik as jy teen n konstante spoed ry en nie so opmerklik as jy versnel nie. Die vorige keer het ek aangeneem dis die petrol filter wat bietjie vuiligheid ingehad het wat homself toemaar uitgewerk het. Toe dit nou die 2de keer gebeur het is dit bietjie steurend. Wat kan moontlike probleme wees, die petrol filter het ek in Des vervang, as dit n foutiewe filter is sal hy seker konstant of meer konstant n probleem maak en nie net wanneer ek Mkuze besoek nie. Ek het ook gevind toe ek by die huis stop dat die voertuig onegalig luier ( amper asof hy iewers mis)

Shalom
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
User avatar
tour de frans
Patrolman
Patrolman
Posts: 797
Joined: 03 May 2009 19:48
Been thanked: 22 times

Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol

Post by tour de frans »

Hello Jules
Dit klink of die carb binne vuil is of dalk water in het.Ek weet dit klink nie moontlik nie want daar is n filter in die lyn.n Kar wat nukkerig loop op n konstante spoed soek petrol.Tipies water of vullis wat voor die mainjet le.Water vloei nie deur daai klein jet nie.dit veroorsaak dat minder petrol deur die jet kom en die hele mengsel lean uit.Hy kry wel sy pad tot binne die carb.Kyk eers daar,jou kar het mos reggeloop voor jou trip,so moenie by die tyd loop soek nie.Dit gaan inelkgeval nie uit nie.Behalwe as dit nog punte is.
Hoop jy kom reg.
Shalom
Frans
Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy

Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
User avatar
Jules
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1641
Joined: 08 Apr 2009 09:13
Full Name: Julius
Nickname: Jules
Home Town: Rietjiesvlei, Zoeloeland
Current 4x4: Pathfinder
GQ Patrol
Home Language: AFR
Has thanked: 94 times
Been thanked: 76 times

Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol

Post by Jules »

Hi Frans, hoe kry die carb water in? ek ry nie deur river crossings nie? Vuiligheid in die carb was daar voorheen maar die mechanic het volgens hom dit skoongemaak dit is toe die Patrol erg maar baie erg rukkerend was nadat hul net die sparkplugs en petrol filter moes vervang het. Kan dit wees dat hy iewers stof in die carburator insuig en die dat daar dan wel water is en die twee dan bietjie saamgesels om my te irriteer.

Shalom
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol

Post by JG Shields »

Jules, water kom gewoonlik saam met jou brandstof uit jou tenk uit. Iewers het iemand se ondergrondse tenk waar jy volgemaak het water ingehad of dis kondensasie water. Dit gebeur wanneer 'n brandstoftenk half vol oornag en die nagtemperatuur daal vinniger as die temperatuur in die tenk. Die kondensasie vind dan in die tenk plaas en water samel op die manier in die tenk aan.

Nou raak ek beslis nie deurmekaar met 'n 4.2 petrol en 'n 4.2 diesel nie........maar...in die geval van diesels kan gereelde kondensasie in die tenk die groeie van 'n diesel "alg" bevorder. Dis 'n taaierige swart gemors wat na vloeibare teer lyk. As hy eers in die sisteem inkruip is dit nag. In die boerdery het ons altyd die gebruik gehad om saans ons trekkers met vol tenks diesel tre laat oornag. Maar nou ja, gelukkig het jy 'n petrol.
Patrol fan!
User avatar
tour de frans
Patrolman
Patrolman
Posts: 797
Joined: 03 May 2009 19:48
Been thanked: 22 times

Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol

Post by tour de frans »

:thumbup: Jg
Of jou enjin skoon spuit,baie maniere hoe water sy pad na die carb se "floatboal" vind.
Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy

Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol

Post by KOOS BEST »

Ek het hom vanmiddag sien staan , jy kon darem gerus die stof af was.
Jules is Mkuze nog die ry werd?
Het jy gekamp?
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
User avatar
Jules
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1641
Joined: 08 Apr 2009 09:13
Full Name: Julius
Nickname: Jules
Home Town: Rietjiesvlei, Zoeloeland
Current 4x4: Pathfinder
GQ Patrol
Home Language: AFR
Has thanked: 94 times
Been thanked: 76 times

Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol

Post by Jules »

Koos ons het by Hlonhlela Bush Camp gebly, sal more n paar fototjies laai, defnitief die moeite werd. Mkuze nie so besig soos iMfolozi/Hluhluwe nie en hy het alles wat Hluhluwe het behalwe leeus. Dis nou die 2de keer in n maand dat ons Hlonhlela Bush Camp toe gaan en ek sal elke keer daar gaan bly as hy beskikbaar is.
Die stof gee darem nog so bietjie die willetuin effek. Vandag het my lorrie geen maar geen simptome van rukkerigheid geopenbaar nie dis rerig redelik grieks vir my

Sal more fototjies plaas van Mkuze

Shalom
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
User avatar
Saltman
Moderator
Posts: 281
Joined: 04 Apr 2009 16:03
Full Name: Herbie Hellstrom
Nickname: Saltman
Home Town: Durbanville, Western Cape
Current 4x4: Land Rover Discovery Series 3 TDV6 Auto
Land Rover Discovery Series 1 Tdi.
Land Rover Discovery Series II Td5
Home Language: Afrikaans / English / German
Location: Durbanville, Western Cape

Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol

Post by Saltman »

en hier is my 2 sent se waarde:

1. Petrolpomp - my V8 Range Rover het so begin rukkerig loop toe die elektriese petrolpomp se growwe metaalfilter baie vuil geraak het (dis 'n ding wat 'n ou nie elke dag aan dink om skoon te maak nie). Toe die pomp die gees gee was die simptome kwaai, want soos Frans se - dis 'n tekort aan petrol wat so maak, so toets maar die pomp se lewering. (druk en volume)

2. Petroltenk se breather - wat gebeur as jy 'n lang ent gery het, stop en dan die tenk se prop losskroef - trek hy vakuum? Het die voertuig baie stofpad gery in sy lewe - maak dan maar die breather skoon!

3. Seel tussen carb en inlaatspruitstuk. Hoe seel die vergasser op die inlaatspruitstuk - is daar 'n rubber wat dalk lek en of geseel of vervang moet word? Vra maar die vergasser Golf manne - as daai rubber ;n gat in kry tel jy dit net op met 'n seeptoets en as jy die vergasser tilt terwyl die enjin loop sodat die gat oopmaak
en die revolusies mal gaan!

4. Waar staan die die vacuum advance se grade? Doen die voertuig dit net as hy redelike hoe revolusies loop (maw hy is dan veronderstel om op vol advance te hardloop) As hy nie reg advance nie dan gaan hy ook 'n baie onaangename rit gee en dan moet jy die temperatuur dophou - sal hoog wees en jy gaan die voertuig hoor ping. As dit 'n meganiese advance is, toets maar of al twee gewiggies hulle ding doen!

Hoop vir jou part dit is iets eenvoudig en gou om te herstel!
Voorspoed
Herbie
Saltman:
One foot in Land Rover land and one foot in Patrol land and the sensitive bits are hanging in the salty sea in between!
User avatar
tour de frans
Patrolman
Patrolman
Posts: 797
Joined: 03 May 2009 19:48
Been thanked: 22 times

Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol

Post by tour de frans »

Baie mooi Herbie :clap:
Ek stem saam.
Jules volg maar die raad al kom en gaan jou fout.Veral punt nr.4 wat Herbie maak,baie min mackies weet dit en verstaan hoe dit werklik werk en moet werk.Die nuwe mackies verstaan dit minder want daai stelsel van tydreeling sterf uit.
Groete
Frans
Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy

Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
User avatar
Jules
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1641
Joined: 08 Apr 2009 09:13
Full Name: Julius
Nickname: Jules
Home Town: Rietjiesvlei, Zoeloeland
Current 4x4: Pathfinder
GQ Patrol
Home Language: AFR
Has thanked: 94 times
Been thanked: 76 times

Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol

Post by Jules »

Baie dankie sal jul raad volg en terugvoering gee

Shalom
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
Post Reply

Return to “09. Engines”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests