Page 11 of 11

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 07 Nov 2018 05:52
by Michael
Jis Christoph, daai is regtig mooi brandstif verbruik!! Ek het dit nog nie gesien as ek gelaai is nie.

Bly jy en jou Patrol begin mekaar nou mooi ken :thumbup:

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 15 Feb 2019 09:12
by ces
Dagse almal!

Ek het gedink om gou weer bietjie EGT en Coolant syfers te gee, vir die van julle wat 'n conversion oorweeg, of sommer net vir interessantheid. Die MADMAN inligting verstom my steeds, wanneer ek kyk na die instrumentepaneel se naalde wat op een plek bly staan, terwyl die ware temps groot skuiwe maak! Ek is dankbaar oor die vroee waarskuwing, want daarsonder sou daar beslis geleenthede wees waar ek die volle kragspektrum gebruik en te warm hardloop!

Onthou my kar is 'n 1998 4.2D, met klein turbo (T2.8/T3), top-mounted intercooler, Tombo radiator, free flow 3" exhaust. Die conversion is in twee fases deur Michael gedoen, minder as 2 jaar gelede. Ek het ook aan die onderkant van die bull-bar 'n grassaad-net, en twee spotlights wat die lugvloei beinvloed.

Oor die algemeen ry de kar baie lekker met oorgenoeg krag wanneer ek iets wil verbygaan. Off-road en grondpaaie hoef ons nie eers oor te praat nie. Selfs met die 2" lig en Mud Terrains is die rit gemaklik.
Vandat ek die eerste goed herstel het, is die probleempies min en ver tussen-in.

OK, die syfers:

1) Koel nag, geen aircon aan. Spoed 120-130km/h: EGTs 380-420. Coolant 80-82

2) Warm dag (40C), aircon aan, vol mense en bagasie + klein 5vt bagasiewaentjie, teen 'n lang styl bult op (Patatasnek uit Schoemanskloof in Mpumalanga): Moes onder 110km/h teruggaan 4de toe, dan weer onder 90km/h teruggaan 3de toe om die EGTs onder 600 te hou. Uiteindelik die bult uit in 3de. EGTs 600+ gepiek. Coolant 100.
Ander lang slap bulte op die N4 het my soms uit 5de gedwing, sodat ek hul in 4de teen 90-100km/h moes ry.
(Die rede hiervoor is my turbo se kleiner exhaust kant, glo ek en 'n paar ander manne, maar daarvoor kry ek op 1800revs al baie krag)

3) Koelerige dag (onder 30C), baie swaar beeswa gehak (800kg). Ek sleep hom in 4de teen 100km/h.
a) Sonder vrag met die aircon af. EGTs 500. Coolant 90.
b) Met 600kg lammers gelaai (dus 1,4t sleep), aircon aan. EGTs 530. Coolant 95.
Die beeswa gehak
Die beeswa gehak
OK, lekker dag vir almal op PATROLlie! :thumbup:

Christoph

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 03 May 2021 15:22
by ces
Tyd vir 'n update...
Jasper loop nog lekker. Ergste wat fout gegaan het sedert my vorige post was:

Olielek op pyp wat turbo voed. Genadiglik was ek in die dorp en olielek op drive way was duidelik sigbaar. Pyp vervang.
Waterpyp (boonste dun een met 90grade draai) lek, gesien en reggemaak selfs voor madman kon skree.

Was nou vir 'n week weg met vakansie, eerste keer karavaan gesleep - Conqueror Comapnion.

Temperature
(My Patrol het n turbo met kleiner exhaust kant op, so temperature terwyl mens sleep is sy swak plek.)
Algemene indruk was baie positief. Ons kon meestal 100-110km/h ry in 4de sonder issues. Teen die een serious bergpas uit, was dit 60-70km/h in 3de. Met my 305/r16 bande is dit 2600-2900revs vir beide gears. Ek het gevind dat die sweet spot ongeveer op 2750revs le. Dan bly die temperature onder beheer (EGT 480-530, coolant 90-95). Ek moes wel teen die bulte uit soms my voet van die versneller afhaal om EGT vas te hou onder 600.
Vragmotors wat my spoed breek was 'n probleem, maar nie weens gebrek aan krag nie, wel EGT temps met verbygaan.
Op meer as 2000km was die warmste coolant temp 99grade vir 5sekondes.

Ek het intussen n ander turbo, met groter exhaust kant by Michael bestel, noudat ek die karavaan het. Glo die temps sal dan minder van n issue wees.

Side-comment: Madman is beslis die moeite werd! Ten minste weet mens wat aangaan.

Brandstofverbruik
Oppad stad toe om karavaan te haal het ek 8.3km/l gekry (awesome).
Oppad terug, met karavaan en kar leeg, 6.3km/l.
Met karavaan en kar gelaai met 5 mense en bagasie, en fietswiele wat bokant karavaan uitsteek, steeds 5.3km/l gemiddeld.

Diesel power :woo:

Die trip self was heerlik (Augrabies en Kleinsee), en ek het selfs vir Ian en sy pa van voor sien kom tussen Kuruman en Kathu, en vir Steve Cook op Augrabies sien uitry. Lekker om vir die manne in 'n Patrol uit 'n Patrol te waai :biggrin:

Mooi bly,
Christoph

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 03 May 2021 17:11
by hugejp
:gotpics:

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 03 May 2021 22:42
by ces
Augrabies
Augrabies
IMG_20210426_070037.jpg (2.17 MiB) Viewed 151 times
Tussen Riemvasmaak en Blouputs (lekker pad)
Tussen Riemvasmaak en Blouputs (lekker pad)
IMG_20210426_153004.jpg (3.13 MiB) Viewed 151 times
Jasper en karavaan
Jasper en karavaan
IMG_20210427_101047.jpg (4.38 MiB) Viewed 151 times
Aasvoels naby Pofadder, dooie skaap
Aasvoels naby Pofadder, dooie skaap
IMG_20210427_114218.jpg (2.26 MiB) Viewed 151 times
Kleinsee Karavaanpark, lekker privaat staanplek
Kleinsee Karavaanpark, lekker privaat staanplek
IMG_20210427_164720.jpg (3.23 MiB) Viewed 151 times
Kleinsee
Kleinsee
IMG_20210429_174315.jpg (2.94 MiB) Viewed 151 times
Augrabies gorge trail
Augrabies gorge trail
IMG_20210426_173755.jpg (3.27 MiB) Viewed 151 times

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 03 May 2021 22:48
by ces
Een laaste ding: Van Springbok na Kleinsee... Sodra jy oor die Spektakel pas is, vat die afdraai na Komaggas en volg die pad tot teen die kus. Die reguit pad ia 62km sinkplaat...

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 04 May 2021 12:16
by hugejp
Great pics!!!

:goodpost: