Die avonture van Gerrie en Lobo

Showcase your baby
Post Reply
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

So het dit toe gekom dat ek die langpad van Slaapstad af Gauteng toe pak in wat my laaste rit in my erfporsie-Camry, die Familiemotor, sou wees. Sien, ek het met oom Mac 'n deal gemaak. Ons ruil. Hy kry die Camry (vier 4x4's op een erf is dalk te veel vir twee mense) en ek kry vir Lobo.
Dit was darem nie 'n blinde ruil nie - soos julle Patrol-ouens weet, het ek Rust de Winter saam julle gedoen (daar is iewers in een of ander tydskrif 'n klein brokkie oor die ervaring) met die einste Lobo. Daai naweek het ek myself in 'n liefde in gebestuur oor klippe, in riviere af en teen berge op. Lobo KAN!
Maar dit het eintlik nog voor dit al begin. Ek is 'n 4x4-joernalis sonder 'n 4x4. Dit het my dwars in die krop gesteek dat van die 7 mense wat op ons redaksie is slegs die baas met 'n Hilux rondry en niemand anders 'n 4x4 het nie (die webjoernalis se Fiat Panda tel nie). As ons stories moet doen, kry ons toetskarre. Maar terug by die storie.
Ek is al sedert laas jaar opsoek na 'n 4x4 en het so in 'n grap vir oom Mac gesê toe ek hoor hy wil Lobo ruil, dat ek en hy sommer moet ruil - die Camry se kilo's is laag en sy enjin is goed en ten spyte van 'n merkie hier en daar is alles nog klop disselboom met hom.
Die Oompie was bietjie skrikkerig om so 'n ou voertuig te ruil vir die Camry, maar na Rust de Winter was my mind opgemaak.
so kom een ding toe tot die volgende en toe die oompie vir ander besigheid in die Kaap is, ontmoet ek hom, hy ontmoet die Camry en stem in met die ruil. Dit was byna 4 maande gelede.
Maar intussen moes ek nog staan en trou ook, so om te reel vir die twee karre om te ruil sou nie sommer so gebeur nie. Eers het ek gekyk om hulle op die trein te gooi, maar dis te duur, en toe wou ek iemand anders laat op en af ry - iemand wat in elk geval Gauteng toe en terug moes gaan, maar hy wou toe he ek moet al die petrol betaal, so dis ook 'n no-go (trou is duur en eks 'n joernalis!)
so kom die geleentheid toe vir my om 'n storie in die noorde te gaan doen, en ek klim in die Camry en ry op, ruil vir Lobo en vat die pad.
Oom Mac was eers bietjie skugter vir die Toyota, maar ek reken hy is nou heel in sy noppies (julle het die nie by my gehoor nie :surprised: )
So vat ek toe die pad met Lobo, die 1981 Datsun Safari met baie kilometers op die klok, 'n EFI wat hom laat brul soos 'n jong leeu en hope krag.
Oor wat ek en Lobo alles aangevang het vir 'n week op die pad sal ek later eers meer details gee, of dalk weer ietsie in daai tydskrif publiseer, maar ek moet darem net die volgende deel:
Ek het op Zeerust gelukkig by 'n man uitgekom wat my gehelp het om die pulley op die crankshaft weer vas te sit toe dié besluit om af te klim. Moontlik was die bout wat hom vasgehou het nie meer 100% nie (ouderdom) maar die bout was weg en Wimpie van der Merwe (as jy ooit moeilikheid daar kry, soek hom op) het 'n ander een gekry (Nissan hou mos nie van standaard boute nie!) en hom vasgedraai, maar sonder 'n keyway. Op Zeerust is daar nie baie Nissan's wat rondstaan en stof opgaar nie.
Dieselfde moeilikheid tref my toe weer net buite Douglas. Gelukkig kom die regte oom, Pieter Visser, toe daar verby, sleep my na sy werkswinkel toe en na 'n lang gesoek en gesukkel het ek toe by 'n ingenieur uitgekom wat 'n nuwe passtuk gemaak het om in die pulley in te pas, want die was toe uitgevreet van draai sonder 'n keyway. Hy het ook 'n nuwe keyway gemaak en 10:00 die aand sit ek toe onder Lobo, maak die goeters was en draai dit laat hy sing (daai ding sit nou darem maar ordentlik styf vas) maar dit is ook weer 'n tydelike oplossing - ek sal 'n nuwe pulley moet kry. :helpsign: :helpsign: As iemand weet van een hier in die Kaap, laat weet my!

Maar terug by die huis, meer as 3000 km agter die blad, en ek is gelukkiger as ooit met my nuwe wiele (nuwe is 'n relatiewe term, want dit is die eerste ding wat ek wil opsit - nuwe bande!)
So nou is ek 'n amptelike Patrol (Safari) eienaar hier op die forum!
Dankie Oom Mac.
User avatar
Stefan
Moderator
Posts: 1692
Joined: 28 Apr 2009 08:43
Full Name: Stefan de Villiers
Nickname: Stefan
Home Town: Bothasig, Cape Town
Current 4x4: 2002 3.0 GL Patrol
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Has thanked: 175 times
Been thanked: 49 times
Contact:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Stefan »

Baie geluk Gerrie! (Met die Troue en Lobo)

Dankie vir die storie - lekker leesstof.

As jy parte soek, bel vir Dean by Masterparts (021)-957-5757. As hy jou nie kan help nie, sal hy jou in die regte rigting kan stuur.

PS. het jy me e-mail oor die sakkies gekry?
User avatar
Izak
Senior Member
Senior Member
Posts: 397
Joined: 12 Aug 2009 16:34
Full Name: Izak
Nickname: Sakkie
Home Town: Alberton
Current 4x4: 2003 Patrol 3.0 D SRX
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 3 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Izak »

Hello Gerrie

Goeie ruil, Toyota vir Nissan, selfs so 'n ou een. Sien ons jou by die 3 Provinsies?

Welkom op die forum as Patrol/Safari eienaar


QQQ
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Yep, ek het dit aangestuur vir die mense wat daarmee werk. Sal jou laat weet sodra ek iets uitvind
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Hi Izak

Ja, ek het grootgeword as 'n Toyota-man. Maar ek sal dit hardop sê. Ek sal met enigeen van die twee deur Afrika gaan. Het geen illusies dat enige voertuig onbreekbaar is nie. Maar hierdie twee breek beslis die minste...
Ek gaan by die Kaapse ouens aansluit vir die paartie.

Gerrie
User avatar
Grant
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1269
Joined: 29 Apr 2009 14:52
Full Name: Francis
Nickname: Grant
Home Town: Rosendal
Current 4x4: 2020 70 Series V8 LC
Hilux 2,4 4x4 SC Dakar
Home Language: English
Location: Eastern Free State
Has thanked: 3 times
Been thanked: 25 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Grant »

Baie Geluk Gerrie,

Hope hove a most enjoyable time in your truck.

:clap: :clap: :clap: :clap: :clap:
V8 Power

You can't expect to be old and wise
if you were never young and crazy
User avatar
Herrie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2999
Joined: 08 Apr 2009 07:17
Full Name: Kobus Pienaar
Nickname: Herrie
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 55 times
Been thanked: 93 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Herrie »

Mooi so Gerrie!! :thumbup:

Jy kan sommer 'n Skyline of Laurel wat ook 'n L28 in het se pully gebruik vir Lobo.
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Gerrie »

Dankie Herrie

Jip, Oom Mac het daai al vir my vertel. ek moet erken ek het darem nog nei te hard hier in die Kaap gesoek nie. In Douglas was daar nerens een te vinde nie en Zeerust was net 'n tydelike oplossing. ek is net elke keer gelukkig genoeg gewees om by iemand uit te kom wat my kon help. Die Groot Man het 'n ogie oor my gehou. Maar die voordeel is dat ek nou presies weet hoe lyk Lobo se onderkant (het baie ure onder hom spandeer) en ek het ook baie geleer oor hoe om dinge reg te maak en hoe hy aanmekaar sit... nou moet ek hom net ge Dyna kry heir in die kaap vir sy EFI om reg te werk...
User avatar
Herrie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2999
Joined: 08 Apr 2009 07:17
Full Name: Kobus Pienaar
Nickname: Herrie
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 55 times
Been thanked: 93 times

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Herrie »

Miskien moet jy maar met Tour-de-frans gesels.
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3452
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 155 times
Contact:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Post by Kagiso II »

:oldtimer: :thumbup: :biggrin: :gotpics: :clap: :clap: :clap:

[ek te aangedaan om veel te sê - ' Geniet daai Lobo. Ek het vir Richard aangese om jou te kontak om daai Dictator uit te sorteer - en onthou wate Benn Hur gese het - EERS die 'timing' sinchronieseer - VOOR julle hom oppi DYNO gooi..
[wonner of hy nog sy 152Kwatt kan gooi??? ]

LOBO --- the legend lingers on..
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Post Reply

Return to “08a. Your Patrol”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests