Die het heel waarskynlik baie te doen met hoe die band onder lading vervorm. Om draaie "rol" die band, en dit affekteer die nouer band baie meer as die breer band. Selfde ook met die rem-toets: as jy die sidewalls platter druk, tel die gedeelte net langsaan bietjie op. Die is 'n groter persentasie van die band op nouer bande.mvcoller wrote: ↑19 Jan 2018 17:13Dis iets wat gepuzzle het vir baie jare, nouer bande geen meer PSI drukking op die teer, Fat Takkies gee minder. Dis logies. Jou voertuig se gewig woord oor 'n groter oppervlakte versprei, so dit moet minder wees.Peter Connan wrote: ↑19 Jan 2018 05:46
1) Hoe meer rubber die pad raak, hoe minder druk is daar omdat die gewig van die voertuig oor 'n groter area versprei word. Die twee kanseleer mekaar presies uit.
Of is dit!
Ek het die teenoorgestelde bewys, maar die bywys maak nie vir my sin nie, so beinvloed iets anders die resultaat.
Ek het 'n redilike ou (maar vinnige) sedan voertuig gehad, en soos ons maar in ons jonger dae was, het ek altyd verander en getoets. Om th kan toets, moet jy 'n "Control road" erens kry en die voor en na met mekaar vergelyk.
My stukkie pad was die N3 suid en dan vat ek die R24 afdraai, maat nie die R24 Oos nie, die R24 Wes, onder die R24 deur en dan deur daai omtrent 300 grade draai, Eastgate toe.
Met goeie "vars" 185/70 x 14 Michelins kon ek teen 80kph daar deur gaan, met bande wat huil en 'n voertuig wat net, net wil begin wegbreek. Ek het dit baie gedoen/getoets en 80- was die absolute lemiet...
Toe! Toe koop ek 17 rims en sit 215/40 x 17 Yokahamas op. Goed, die profiel het baie gehelp, maar met daai 30mm breer bande kon ek teen 120kph deur daai draai gaan. Eintlik sou ek vinniger kon gaan, maar die voertuig het nie krag gehad om vinniger dit te doen nie, Die weerstand vir 'n voertuig wat so teen spoed en swaartekrag stoei was die beperking. Nou praat ek van 'n voertuig wat op 'n reguit pad verby 200 kon hardloop.
In rem toetse, was die resultate die seldfe die 215s het in 'n baie kortter afstand, en korter tydsduur gestop. Ek praat nou van stop sonder om die remme te sleep. Ek kan nie nou presies die tye en afstande onthou nie, maar daar was 'n wesenlike verskil, maar die resultate het met my kop gesmokkel. Waar die nouer bande wel beter was met versnelling. Vanaf die wegtrek, maar ook van 40 to 80 of van 80 to 120 want die breer band het waarskynlik meet weerstand gehad as die nouer een.
So, ek weet nog steeds nie... Logika se een ding, maar my toetse het anders bewys onder sekere omstandighede...
Ook, hoe minder druk op die band, hoe minder verform en "rol" die tread-blokkies.
In die vroe sestigs was bande besig om vinnig breer te word. As jy in daardie tyd 'n breer band op amper enige kar gesit het, het hy vinniger om 'n baan gegaan, maar es jy dit op 'n Lotus renmotor gedoen het, het hy stadiger gegaan. Dis omdat Colin Chapman sy suspension ontwerp het om die rol van die band te gebruik. Sy renmotors se suspensions moes eers verander word om verbeterings uit breer bande te put...