(9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Planning a get together (GTG), trip or competition?
Jean-Jacques
Full Member
Full Member
Posts: 28
Joined: 13 Apr 2017 08:13
Full Name: Jean-Jacques Jaume
Nickname: Jean-Jacques
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Nissan Patrol 4.2 SGL
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 1 time
Been thanked: 3 times

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Post by Jean-Jacques »

Padtoestand en reistyd na Polokwane
Ons reis gereeld vanaf Pretoria na Louis Trichardt en het verlede naweek weer so gemaak. Reistyd tot noord van Polokwane was 50min langer en ons het vroegdag gery - nie tydens oggend-of middagverkeer nie.
Padwerke:
1. Petroport tot Petronella afrit - 11km.
Padwerke kol-kol geen lyne.
2. Petronella afrit tot Hammanskraal afrit - 10km.
Padwerke maak een baan toe en geen lyne.
Ry 30min langer op hierdie gedeelte.
3. Ons draai weg by Meropa op die verby pad wat ons na Tzaneen gaan neem.
Padwerke regoor en by station ingang. Nagmerrie!
Daar gaan 'n samekoms by die station wees 9 Aug en dit gaan beslis tyd steel.
Ons het 20min by ingang na station verloor. Stop met iemand wat verkeer reguleer...
Groete
User avatar
SJC
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3188
Joined: 23 Nov 2014 14:20
Full Name: SJC
Nickname: Fanus
Home Town: Nelspruit
Current 4x4: Patrol 4.2 SGL
Home Language: Afrikaans/English
Has thanked: 195 times
Been thanked: 171 times

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Post by SJC »

offroadbiker wrote:Aangesien die 9 Augustus n vakansie dag is gaan ons kyk of dit moontlik is om dalk bietjie vroer weg te kom, niemand werk nie so almal behoort vroeg te kan wikkel.

Die plan is om reeds die 9de al n entjie in die rivier te ry, dit het 5 van ons dag en 'n half gevat in Moletots, dus met so groot groep gaan dit dalk heel moontlik nader aan 2 dae wees.

Finale reelings sal deurgegee word voor einde van die maand :thumbup:
Beteken dit jy kom saam?

Ek het oorweeg om eers die 10de oggend deur te kom. Maar as julle die 9de al rivier in, sal ek weer moet kyk na die opsies...maar daar sal seker ander "rivier ingange" wees verder rivier af? Kan nie so mooi onthou nie... :think:
‘96 GQ 4.2 SGL
‘01 GU 4.5 GRX
‘08 GU TD42 BAKKIE
User avatar
Tinus lotz
Moderator
Posts: 7579
Joined: 29 Aug 2010 13:07
Full Name: Tinus lotz
Nickname: Tinus lotz
Home Town: Centurion
Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005

Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 800 times
Been thanked: 549 times

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Post by Tinus lotz »

Dude daai na die tyd stories is n problem ....slaan uit en kom saam die groep anders ga ons dik na jou soek :salute:
User avatar
DawidT
Senior Member
Senior Member
Posts: 298
Joined: 29 Jul 2011 08:17
Full Name: Dawid Taljaard
Nickname: Dawid
Home Town: Witbank
Current 4x4: 2010 Nissan Patrol 4800 GRX,
Nissan Patrol 4.2l GQ
Volkswagen Caravelle 4 Motion
2018 Toyota Landcruiser V8 DC
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 5 times
Been thanked: 30 times

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Post by DawidT »

Hi Julle,

Wat van so n paar "riglyne" van die ervare rivier trip manne? Wil graag weet wat julle voorstel ek saamvat, twee persone, ek en my vrou. Ons gaan met die 4.8 met rooftop tent.

1) Hoeveel ekstra petrol
2) Hoeveel water per persoon
3) Wat eet julle gewoonlik in die aande - braai :blonde: :blonde:
4) Wat doen julle vir ontbyt
5) Is daar water aanvullings langs die pad (kraal of settlements?)

Enige ander info wat julle dink sal help of die lewe makliker te maak?

Ons het genoeg yskaste en battery krag om alles koud te hou.
User avatar
SJC
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3188
Joined: 23 Nov 2014 14:20
Full Name: SJC
Nickname: Fanus
Home Town: Nelspruit
Current 4x4: Patrol 4.2 SGL
Home Language: Afrikaans/English
Has thanked: 195 times
Been thanked: 171 times

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Post by SJC »

Tinus lotz wrote:Dude daai na die tyd stories is n problem ....slaan uit en kom saam die groep anders ga ons dik na jou soek :salute:
Of ek gaan dik na julle soek... :lol:

(ja, ek hoor jou :salute: )
‘96 GQ 4.2 SGL
‘01 GU 4.5 GRX
‘08 GU TD42 BAKKIE
User avatar
SJC
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3188
Joined: 23 Nov 2014 14:20
Full Name: SJC
Nickname: Fanus
Home Town: Nelspruit
Current 4x4: Patrol 4.2 SGL
Home Language: Afrikaans/English
Has thanked: 195 times
Been thanked: 171 times

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Post by SJC »

DawidT wrote:Hi Julle,

Wat van so n paar "riglyne" van die ervare rivier trip manne? Wil graag weet wat julle voorstel ek saamvat, twee persone, ek en my vrou. Ons gaan met die 4.8 met rooftop tent.

1) Hoeveel ekstra petrol
2) Hoeveel water per persoon
3) Wat eet julle gewoonlik in die aande - braai :blonde: :blonde:
4) Wat doen julle vir ontbyt
5) Is daar water aanvullings langs die pad (kraal of settlements?)

Enige ander info wat julle dink sal help of die lewe makliker te maak?

Ons het genoeg yskaste en battery krag om alles koud te hou.
Het nog net twee gedoen, so sal nie regtig sê dat ek 'n "ervare rivertrip man" is nie, maar:

1)dink nie dis regtig nodig vir ekstra petrol nie, mens kan vol maak voordat mens rivier ingaan, bv tzaneen.
2)hang seker af hoeveel water mens drink :think: ek sit maar meer bier as water in. :lol: dit help seker om water vir stort in te sit, indien mens wil stort..
5l per dag is seker meer as genoeg? weet nie regtig nie...
3)braai. :thumbup: maar ja, kan seker enigiets eet as mens wil, soos bullybeef. (maak elke aand groot vuur dan skep die manne kole vir braai)
4) die oggende is soms bietjie gejaag om aan die gang te kom. as mens vroeg opstaan is daar seker tyd om spek en eiers te braai, maar andersins maak mens vinnige ontbuit, beskuit, vorige aand se oorskiet, en stop dan later die oggend om ordentlikke ontbyt aan mekaar te sit...
5) dink die enigste plek waar mens regtig aanvullins soos water kan kry is seker by die oorgang van die molototsi na die klein letaba. maar sal nie kan sê pressies waar nie. mens kan seker ook by dzumeri kry. (23°34'21.6"S 30°42'39.4"E)
Maar ek dink dis seker maar beter om alles saam te vat.
‘96 GQ 4.2 SGL
‘01 GU 4.5 GRX
‘08 GU TD42 BAKKIE
User avatar
JoshJ
Patrolman
Patrolman
Posts: 982
Joined: 30 Nov 2013 16:16
Full Name: Joshua Joubert
Nickname: Joshua
Home Town: Centurion, Gauteng
Current 4x4: 94 GQ SGL-D
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 81 times
Been thanked: 95 times

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Post by JoshJ »

The wife and myself dit 2 river trips. We had a total of 130 liters of water on roof that we used for shower, dishes ext. We took 3x 5liter of bottle water for coffee and drinking. We mainly enjoyed beverages from the fridge so we drank little water. We always got hom with 1 5liter stil sealed. And the shower water was always more than enough. We showerd everyday. We werent using the water sparsly. We braaied every night. Ate rusks or these oats ready to eat cups before we left every morning. We did not do the brunch thing. As we snaked on biltong and nuts while driving during the day.

But then again. We are also very easy and try not to over complicate things.

You can also hang close to Tinus. He always wips up a lot of food and then offers those close to him rather then to waist it :biggrin:
:mytwocents:
Being alive is a Blessing!!

Regards,
Joshua
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6005
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1065 times
Been thanked: 983 times

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Post by Peter Connan »

Brandstofverbruik in die sand is so 3km/l, af na 2.5 as jy vrek baie speel. Jou tenks sal genoeg wees as jy volmaak voor jy die rivier aanpak.

Daar is heel paar putte langs pad, maar ek ry liewer al my water saam. My vorige trip het ek alleen gery, en 40l water was elke keer genoeg (vir stort ook), en ek drink omtrent net water. Dit werk uit op 8l pp/pd, maar ek het nie alles opgebruik nie. Ek sou se mens kan redelik maklik deurkom op 5l pp/pd as jy nie lank stort nie.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
bogeyman
Senior Member
Senior Member
Posts: 287
Joined: 24 May 2011 11:14
Full Name: Christo Boegman
Nickname: Chris
Home Town: Pretoria
Current 4x4: 2005 4.8 GRX
'95 patrol 4.2 (now 4.5) sgx plus four 4.2 diesel p/u plus 3 safari workhorses.
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria
Been thanked: 91 times
Contact:

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Post by bogeyman »

Ek en Dirk was n paar weke terug in altwee die riviere.
Ons het meeste van die tyd die eerste spore vir die seisoen gemaak , en moes soos gewoonlik pad soek en maak. Laasjaar se roete was weg gespoel.

Hier is inligting wat die onsekerheid sal verlig.

Eerstens is die river trip nie n georganiseerde ding met vrywarings forms en n reelboek en netcare wat op bystand staan nie.
Ons wat al daar was , weet waar om te gaan en wat om te doen , en die mense wat wil saamry is welkom. Op eie risiko en self versorgend.

Daar is brandstof aan die begin beskikbaar en die petrol voertuie met dubbel tenks behoort genoeg te he vir altwee riviere. Diesel voertuie behoort ook genoeg te he. My Gq het net een tenk en ek moes brandstof kry toe ons die Letaba oorsteek. Daar is ook net een pomp wat net kontant vat en daar is nie altyd brandstof en krag nie. Daar is wel ander opsies vir brandstof as dit n probleem word.

Ek was alleen in my voertuig en het 10 liter water gebruik vir die hele roete. Dit was vir koffie water in die oggend , pap maak en waslappie bad. Ek gebruik die ou weermag manier en was skottels en borde met riviersand en n lap. Geen seep of water nodig nie.
Om water langs die pad te kry is moontlik , maar nie aan te beveel nie.

Ek eet koffie en beskuit as ek opstaan , stop tussen 10 en 11 uur onder n boom en maak bacon en bakebean ontbyt of eet gisteraand se oorskiet braaivleis.
Aandete is pap en braai. Steak op my graaf vat 2 minute in die vuur. Droewors en rubbermannetjies vir padkos.

Bring genoeg germaanse bruismelk saam. Dit word warm in die rivier en 10 liter water is maar min.

Moet nie te veel gewig saamry nie. Die sand is dik en die klippe is moeilik as jou Patrol laag hang van al die outdoor warehouse bargains.
En jy gaan nie goed doen in die "Lots invitational drag race". N plankie wat ongeveer 500mm lank wat jou kar se gewig kan dra help baie met die sukkel oor die klippe. Ek ry die volgende saam: Frieskas met vleis, koolboks met kos en pot of twee , opslaan stoel en tafeltjie, eenman tent en slaapsak , 25l water , bruismelk en ekstra brandstof. Daar is ook herwinnings toerusting , graaf en gereedskapkas.

Daar is al minder vuurmaak hout wat rondle in die rivier, so dit kan dalk werk as almal eie hout bring en saam vuur maak.

Een laaste ding , die afdraande net voor Mooketsie word ernstig dopgehou deur die Ridders van die skadubome. Moenie oor die wit lyn verby gaan nie en bly onder die 60 km/h beperking. Hulle sit permanent daar in n dippie met n spoed haardroer en die koelteboom het gevrek , so hulle is erg suur.

Groete.
User avatar
offroadbiker
Moderator
Posts: 2840
Joined: 25 Jul 2012 08:36
Full Name: Dirk de Clerk
Nickname: ORB
Home Town: Krugersdorp
Current 4x4: Patrol GQ 4.2 ST
Home Language: Afrikaans/English
Location: Krugersdorp
Has thanked: 186 times
Been thanked: 260 times

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Post by offroadbiker »

QQQ QQQ QQQ

:thumbup: :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Ek dink ek kan met redelike vertroue se my GQ is swaarder gelaai met al die "outdoor warehouse specials" as 99% van enige ander Patrol.

4 Groot mense, dubbel rooftop tent, laaistesel, 2 yskaste vol etc etc en my skokbrekers was moeg :redface: , so as ek kon deur kan almal deur :mytwocents:
Dirk
1996 Nissan Patrol 4.2 ST
Post Reply

Return to “29. Events”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 9 guests