SJC wrote:Omtrent hoe lank vat hierdie toer om te voltooi?
14 dae.
Trip in baie detail beplan oor 4 maande met T4A en Garmin Basecamp. Ongeveer 4000 km. Niks gelos vir die onbekende nie. Elke brandstofpunt, eetplek en besienswaardigheid is na-gevors en beplan in militere operasionele styl. Geskiedenis, stats en toestand van elke pas en sy besienswaardighede is na-gevors en bekend.
Jorrie
1998 4500 GRX (Benji)
2011 4800 GRX Adventure 60 (Jorrie)
2011 Jimny Sold (Benji)
2 x 2019 Jimnies (1 x Lizzybean69, 1 x Jorrie)
Jorrie
Alle voorspoed met julle toer dit is wat ek ook geniet om passe te ry.Des.2016 het ek Baviaans gery en 2BFGs verloor nou weet ek nie of dit is omdat ek nou ouer is en stadiger ry dat ek al die verkeerde klippe raak ry nie.Op n ernstige noot die pad redelik uitdagend met baie los klip.Die gemiddelde spoed vir die kloof gedeelte wat 40km lank is, is so 15/20 kmpu.dit is baie mooi so geniet dit.In 1974 is ek met n VWbeetle daar deur (nou verraai ek my ouderdom)
minwater wrote:Jorrie

My Ma se Pa was bosbouer daar toe sy gebore is, 70 jaar gelede. Ek kry die gevoel die pad was toe beter...