"Jasper" - Y61 4.2D

Showcase your baby
Post Reply
User avatar
ces
Senior Member
Senior Member
Posts: 167
Joined: 30 Dec 2015 14:11
Full Name: Christoph Schulenburg
Nickname: Christoph / Schulies
Home Town: COLIGNY
Current 4x4: Nissan Patrol 4.2D SGL Y61
Nissan Patrol 2.8l, 1985
VW Tiguan 2.0tdi, 2009
Home Language: Afrikaans/German
Has thanked: 19 times
Been thanked: 37 times

"Jasper" - Y61 4.2D

Post by ces »

Dagse!

Ek dink dis tyd om julle aan my nuwe wiele voor te stel! Ek het hom by Ronnie op die Forum gekoop in Desember (die rooie met die daktent!).

Die koop en gaan haal in die Kaap was 'n storie op sy eie... In kort:
Op die plaas het dinge so verander dat ek nie meer my Navara d/c nodig gehad het as boer-bakkie nie. Skielik was die finansiering vir my droomvoertuig los! (Ek se droom, dan bedoel ek die tipe voertuig waarvoor ek seker al 3 jaar die internet deurkruis het - en waarvoor die 'timing' nog net nooit reg was nie). My swaer in Stellenberg het as 'go-between' opgetree en seker gemaak ons is eerste in die ry (laaange soos ek gehoor het :wink: ) Deposito betaal, foutjie op regsitrasie-dok uitgesorteer ("5" en "S" op enjinnommer omgeruil), data-dot, polisieklaring ens. Die dag voor ek Ronnie moes betaal, verkoop my Navara binne 1.5 uur van John du Toit Nissan in Lichtenburg se vloer af! Volgende dag geld in, geld uit. :biggrin: Geen toeval nie!

"Jasper" (sy naam vir nou) is na Frans vir 'n check-up; thanx vir die organize en raad Tinus. (Ronnie het die voertuig Simba genoem, en op sy radio was een liedjie op 'n memory stick: "The lion sleeps tonight" van Tight Fit. Seker sy trips met oorsese toeriste so begin!!! :lol: ) Alles :thumbup: , mooi onderhou. Turns out my kar het 'n voor-diff wat permanent saamloop, so 4H select is maklik in die ry doenbaar.

Afgevlieg, en op 'n Dinsdag in Desember weggery uit Stellenberg, ek en vroulief. Awesome! Mal oor die gevoel van onvernietigbaarheid, was my eerste indrukke. Lekker gelag toe ons saam met die lorries 500ppm op die N1 Engen ingooi. Deur Stellenbosch, oor Franschhoek, verby Teewaterskloof na die R62. Scenic route, bergpasse! Wynproe, kunsgalery browse, weer wynproe. So ry ons kuier-kuier tot ons omtrent half 5 in Calitzdorp aankom. Probleempie! Alternator ligte brand. Van die Kooperasie is ons gestuur na 'n ou oom se "back yard" / aftree oord vir ou geroeste karre. Hy fluit, skud sy kop en se nee. Ek smeek by die Here in my stilligheid, en na die oom aan die fuse box gekarring het, is die liggie dood! (Hier wil ek met 'n belangrike side-bar inkom. Ek het vroeer in die jaar 'n 1975 Ford F100 Custom Petrol gekoop. Aan my vrou gese: "Man, die ding kan nie gaan staan nie - ou tegnologie!" Op ons eerste trippie deur die plaas, gaan staan ek en sy met die "coroburator" wat flood! :redface: Intussen was "Boesman" al weer 'n paar keer terug by die dokter vir herstelwerk. Loop nog lekker, maar alles behalwe sonder foute! (FORD = Foute Orals Reparasies Daagliks). So, toe ek aan vroulief vertel ons gaan 'n ou Patrol koop en is dit OK, want ek sal dit los as dit nie OK is nie :confused: , was haar antwoord: "Ek wil net nie gaan staan nie!" Nee man dis 'n 4.2D, onbreekbaar! :naughty:

Wel, krisis afgeweer, ry ons Oudtshoorn oor Swartberg pas toe! AWESOME!!! Nog nooit iets gery wat so gemaak is vir sulke paaie nie. Almal se die anderkant af na Prins Albert is so styl - nee wat die Patrol in 2de idle lekker af dankie. Glimlag op glimlag is die prentjie wat jy moet sien! Ons kry toe 'n plek om te slaap net buite die dorp - op 'n ou se plaas wat hy in 'n Natuurreservaat omskep het. Drie kampterreine, skoon en netjies, water en krag en badkamer, lekker privaat waar ons was (sonkrag en long drop)! Hy is ook besig om 'n 4x4 baan in te rig - vir julle manne in die Kaap om te gaan speel. Oude Kloof op die R407. Nommer 061 816 4061. Ons is nie kampeerders van oortuiging nie, maar die daktent en bybehore wat ek saam met die kar gekry het was great! Werklik volledig toegerus soos belowe.

Volgende dag huis toe N1-N12. 40km voor Beaufort-Wes brand die alternator liggies weer. Wat nou volg het nie toevallig so gebeur nie. Ek weet vandag hoe baie genade daar vir ons uitgedeel is daardie dag!
Ek besef ek's in die moeilikheid maar se niks. Op die bo-punt van die dorp, bieg ek. Ons draai om, ry terug in die hoofstraat. Eerste gebou aan linkerkant FAIMEL Auto Electric & Spares 023 415 1167 / 084 764 4909. Ja hulle sal kyk, nee dit gaan lank vat. Daar staan ons! Vroulief is verstaanbaar ogekrap! :fire: 2 ure later is die skade herstel - bearing en regulator. Hier is die amazing deel - die bearing het al 'n paar balle verloor, maar nog nie geraas nie. Eerste bal moes net voor Calitzdorp uitgeval het en vir 'n oomblik die regulator uitge"short" het. Deurgeval, liggies af, verder gery. Die tweede bal het vir 40km vasgesit in die regulator se pole, wat die liggies laat brand het al die pad omdat die ding nie charge nie! Hoe is daai vir genade, want dis nie toeval nie! En dit in seker die enigste dorp binne 300km radius waar jy so 'n bearing sal kry! In elk geval, ek tel vroulief op, wat intussen 'n wereldkenner op alles Chris Barnard is :wink: , en ons draai terug in die hoofstraat. Net om te sien die Aircon is dood, soos in niks, nie eers warm wind nie! DOOD... Die manne by FAIMEL toets en karring: Jammer meneer, dis die beheerkonsole. Kan nie help nie. Jammer mevrou vir warm kry! YSkoue stilte. Eina! Nou voel ek soos 'n poepol.

Ons ry toe 1uur in die middag uit Beaufort Wes weg sonder 'n wolkie in sig! Vroulief se voete raak so warm van die enjinkamer se hitte wat deurkom in die kajuit in dat sy agter moet gaan le. Ek ry, en ek karring aan die knoppies en ek bid. (Side-bar: Die aircon was nie perfek toe ek hom gekoop het nie. Vasgesit op windspoed 3 met temp van 18-25 verstelbaar. Maar hy het darem koud gemaak!) 10km anderkant Victoria-Wes gebeur wat ek net kan beskryf as 'n wonderwerk! Ek smeek in my gedagtes: "Here ek het soveel planne vir my gesin met hierdie kar. Wat help dit as my vrou nooit weer sal wil inklim nie!" "...dalk moet ek hom maar dadelik weer adverteer..." Terwyl hierdie gedagtes in my kop maal, klik, druk ek weer 'n knop en daar gaan die ding aan! Maar soos in, nou werk ALLES! Windspoed, climate control, verstellings bo/onder/agter/de-fog noem dit!!! :thumbup: Was in jare nie so verlig/dankbaar/jubelend bly nie!

Intussen het vroulief haar vrede gemaak, "like" hom eintlik, ons was al op kort trippies, al 5 in die daktent op die plaas gaan slaap een aand vir die lekker. Ek het ook al probeer vassit in dongas wat met die baie reen gespoel het, sonder sukses! :rolling: Great...

So, dis die storie van hoe ek die kar tot by die huis gekry het.

Ek het die daktent afgehaal en aan kettings in my stoor opgehang. Want, hy hou hom maar vas! Frans Tour de Frans praat van die Bungalow op jou dak. Op die reguit paaie deur die Karoo met die wind van voor moes ek afgaan 4de toe teen 90-100km/h. Brandstofverbruik op die lang trippie met die tent was 5.8km/l. Nou, sonder die tent kry ek 6.1. Swakker as wat ek verwag het. Maar dis regtig die enigste klagte.

Ek het ook die rakstelsel en bybehore uitgehaal en die agterste twee sitplekke en veiligheidsgordels by 'n maat van my met 'n 4.5petrol gekry. Dis net hy en sy vrou, en daar agter by hom is in elk geval alles van 'n yskas tot 'n kas in. Ek het hulle by 'n plaaslike paneelklopper laat inbou. Al die fittings was daar onder die kantpanele. Al wat hul moes doen was vasdraai en twee gate in die paneel sny vir die veiligheidsgordels! Ook 2 deure afgeskuur en oorgeverf, asook die bonnet; en 'n duik uitgehaal. Nuwe voorruit in. Totale koste so R8000.

Nuwe radio en aerial, R1800.

Vandag met Dawid gepraat oor 'n modderskerm regs voor - Nissan quote my R1308.14!
En dan, Michael, wil ek graag by jou draai. Dawid reken die brandstofverbruik moet baie beter wees! Ek sal 'n pm stuur.

Hier volg 'n paar fotos. Om iemand anders se gesegde te leen... "Diesel Patrol is the way to roll"

Mooi bly,
Christoph
Tussen Teewaterskloof dam en Villiersdorp
Tussen Teewaterskloof dam en Villiersdorp
WP_20161213_008.jpg (1.56 MiB) Viewed 10319 times
liggies brand
liggies brand
WP_20161213_016.jpg (1.39 MiB) Viewed 10319 times
die bearing
die bearing
WP_20161214_005.jpg (1.67 MiB) Viewed 10319 times
Sonder daktent
Sonder daktent
WP_20161222_002.jpg (1.45 MiB) Viewed 10319 times
rakstelsel uit
rakstelsel uit
WP_20161228_003.jpg (1.4 MiB) Viewed 10319 times
sitplekgordels in
sitplekgordels in
IMG-20170117-WA0007.jpg (85.28 KiB) Viewed 10319 times
sitplekke in!
sitplekke in!
IMG-20170117-WA0011.jpg (93.24 KiB) Viewed 10319 times
Attachments
sypaneel af
sypaneel af
IMG-20170117-WA0002.jpg (123.89 KiB) Viewed 10319 times
"Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie." - Numeri 11,23
User avatar
Michael
Moderator
Posts: 2479
Joined: 05 Mar 2014 14:39
Full Name: Michael
Nickname: Steyn
Home Town: Centurion
Current 4x4: Patrol GU 4.2 Turbo Diesel
Home Language: Afrikaans
Location: Centurion, PTA
Has thanked: 189 times
Been thanked: 336 times

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Post by Michael »

Lekker storie wat jy geskryf het Christoph en ek glo jy gaan jou nuwe Patrol baie geniet!!
"The Just shall live by Faith" Rom1:17

Check out my build here My Patrol
And my engine rebuild here mostly engine related stuff
User avatar
Tinus lotz
Moderator
Posts: 7579
Joined: 29 Aug 2010 13:07
Full Name: Tinus lotz
Nickname: Tinus lotz
Home Town: Centurion
Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005

Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 800 times
Been thanked: 549 times

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Post by Tinus lotz »

Mooi geniet .....as jy kla gecruise het bou n haar droer op dan vlieg jy .....lol
User avatar
Michael
Moderator
Posts: 2479
Joined: 05 Mar 2014 14:39
Full Name: Michael
Nickname: Steyn
Home Town: Centurion
Current 4x4: Patrol GU 4.2 Turbo Diesel
Home Language: Afrikaans
Location: Centurion, PTA
Has thanked: 189 times
Been thanked: 336 times

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Post by Michael »

Tinus lotz wrote:Mooi geniet .....as jy kla gecruise het bou n haar droer op dan vlieg jy .....lol
Christoph kom die 10de by my draai dan kan hy n draai vat in myne en voel :biggrin:
"The Just shall live by Faith" Rom1:17

Check out my build here My Patrol
And my engine rebuild here mostly engine related stuff
User avatar
offroadbiker
Moderator
Posts: 2841
Joined: 25 Jul 2012 08:36
Full Name: Dirk de Clerk
Nickname: ORB
Home Town: Krugersdorp
Current 4x4: Patrol GQ 4.2 ST
Home Language: Afrikaans/English
Location: Krugersdorp
Has thanked: 186 times
Been thanked: 261 times

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Post by offroadbiker »

Lekerr storie :thumbup:

Maak my sommer lus om daai 4.2d GQ te koop :redface:
Dirk
1996 Nissan Patrol 4.2 ST
User avatar
DawidT
Senior Member
Senior Member
Posts: 298
Joined: 29 Jul 2011 08:17
Full Name: Dawid Taljaard
Nickname: Dawid
Home Town: Witbank
Current 4x4: 2010 Nissan Patrol 4800 GRX,
Nissan Patrol 4.2l GQ
Volkswagen Caravelle 4 Motion
2018 Toyota Landcruiser V8 DC
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 5 times
Been thanked: 30 times

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Post by DawidT »

Lekker storie om te lees :thumbup: Geniet hom!!!
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6011
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1067 times
Been thanked: 985 times

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Post by Peter Connan »

Baie geluk Christof
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
ces
Senior Member
Senior Member
Posts: 167
Joined: 30 Dec 2015 14:11
Full Name: Christoph Schulenburg
Nickname: Christoph / Schulies
Home Town: COLIGNY
Current 4x4: Nissan Patrol 4.2D SGL Y61
Nissan Patrol 2.8l, 1985
VW Tiguan 2.0tdi, 2009
Home Language: Afrikaans/German
Has thanked: 19 times
Been thanked: 37 times

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Post by ces »

My Patrol het oorverhit! Ai man... :thumbdown:

Na ek Thinus se thread oor sy 4.2D bakkie gelees het (ja, al 27 bladsye!!!) besef ek net watse beast van 'n enjin hierdie is. Maar eers die storie van my ongelukkige Donderdag twee weke gelede.

Ek het 'n 800kg beeswa gehak. Met die wa amper leeg, is ek oppad terug van die dorp af. Ek beland agter 'n "pedestrian" voertuig. Ek bedoel, wie doen 85km/h met 'n d-teq Isuzu op 'n mooi teerpad?! Die feit dat ek met die NA 4.2D en 'n beeswa kon verbygaan vertel alles... In elk geval, ek sien toe daar is 'n gap en sit my voet neer (in 4de). Op die stadium is ek op die foon en ons ry oor 'n brug, so die aandag is beslis nie op die temp meter nie. Verby die Isuzu begin 'n ligte bultjie en ek voel hy's bietjie pap. Ek gooi hom terug 3de toe, en dis toe ek die meter in die rooi sien! Eiiinaaaaaaaa~"nee,nee,nee!!!!" is wat deur my kop gaan. Ek trek af en laat hom vir so 10sek luier voor ek afskakel. Stoom net waar jy kyk. En dit bly uitborrel onder die bonnet vir seker goed 2 minute. Daar sit ek en die kinders in die warm son en ek voel of ek wil huil. Soos 'n pel van my gese het: "Dis nie jou kar wat in stoom opgaan nie, dis jou drome!" Ek het net mooi 4000km gedoen.

Tow-in het die Patrol kom haal. John du Toit Nissan in Lichtenburg kon eers 'n week later by hom uitkom. Pypie wat bo uit enjin kom gebars, waterpomp seel stukkend, radiator prop moeg, en verkoelingsvloeistof lyk maar baie modderig. Ook sensors onder radiator se drade was blykbaar af. Vir eers doen ons radiator, nuwe belde, nuwe fan (krake waarvan ek geweet het). Dan diagnosties.

Om terug te kom na my stelling oor die yster van 'n enjin: Hul het vir 'n week die Patrol in en uit die werkswinkel gery, sonder dat enigiets gedoen is. Ek was die eendag daar en kon die enjin hoor - niks snaakse geluide nie, geen rook nie. (Ongelukkig wil die video nie laai nie). Hou duime vir groot genade!

Keep you posted.
Christoph
"Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie." - Numeri 11,23
User avatar
ces
Senior Member
Senior Member
Posts: 167
Joined: 30 Dec 2015 14:11
Full Name: Christoph Schulenburg
Nickname: Christoph / Schulies
Home Town: COLIGNY
Current 4x4: Nissan Patrol 4.2D SGL Y61
Nissan Patrol 2.8l, 1985
VW Tiguan 2.0tdi, 2009
Home Language: Afrikaans/German
Has thanked: 19 times
Been thanked: 37 times

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Post by ces »

VID-20170215-WA0001.mp4
Voor enige werk gedoen is, net afgekoel.
(2.57 MiB) Downloaded 1483 times
"Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie." - Numeri 11,23
User avatar
ces
Senior Member
Senior Member
Posts: 167
Joined: 30 Dec 2015 14:11
Full Name: Christoph Schulenburg
Nickname: Christoph / Schulies
Home Town: COLIGNY
Current 4x4: Nissan Patrol 4.2D SGL Y61
Nissan Patrol 2.8l, 1985
VW Tiguan 2.0tdi, 2009
Home Language: Afrikaans/German
Has thanked: 19 times
Been thanked: 37 times

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Post by ces »

En natuurlik vervang ons ook die waterpomp (het nuwe een saam met die kar gekry).
"Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie." - Numeri 11,23
Post Reply

Return to “08a. Your Patrol”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 19 guests