Page 2 of 2

Re: Y61 and Y60 coils needed

Posted: 14 Jan 2016 20:30
by Jorrie
Ek het 'n stel Patrol 4500e (1998 Nissan patrol 4.5 GRX) Coils beskikbaar. Ek is in Magalieskruin, Pretoria. Stuur vir my 'n PM.nul agt3 7 agtvyf7nege6nul.

Re: Y61 and Y60 coils needed

Posted: 18 Jan 2016 08:25
by jonathan
Ek het vir Toelsie uitgehelp met my ou coils. Hy het dit Saterdag by my kom haal en is 'n baie aangename jong man. Hy en sy familie voel oor hul Pajero's soos ons voel oor ons Patrols. Bleikbaar pas die Y60/Y61 coils op van die Pajero's en sy doel met die coils is om sy Pajero te lig :thumbup:

Re: Y61 and Y60 coils needed

Posted: 18 Jan 2016 13:01
by Stefaansie
Peter Connan wrote:Ek hoop nie julle het my verkeerd verstaan nie, dit was glad nie my bedoeling om ongeskik te wees nie, en as ek coils gehad wat los rondle sou ek ook nie omgee om dit aan hom te verkoop nie.

Ek het maar net bedoel dat ek glo dat hy net by ons aangesluit het om coils vir sy Pajero te kry, en dat hy waarskynlik geen belangstelling in Patrols het nie.

Hi Piet,

Nee, in teendeel, ons is juis nie ongeskik of fyngevoellig nie. :blonde: :blonde:

Ek's bly Toelsie het reg gekom by ons klomp oulike Patrol eienaars. :woo:

Re: Y61 and Y60 coils needed

Posted: 19 Jan 2016 11:25
by Lean
Ek wil net BAIE dankie se vir Jorrie, ek het gesien hy het ook nog sy ou coils....wat nou my nuwe coils gaan word....

Nou gaan my patrol nie meer n hang gat soos n ou reisiesperd he nie. :blonde:

Baie dankie Jorrie, ek waardeer opreg :thumbup:

Lean

Re: Y61 and Y60 coils needed

Posted: 19 Jan 2016 19:01
by Jorrie
Lean, is my plesier. Ek hoop hulle werk reg vir jou. Dankie vir die wyn en biltong - dit was regtig nie nodig nie.