Page 2 of 2

Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling

Posted: 11 Apr 2017 08:44
by Ihanedp
Ek het toe die naweek vir my 'n cowling gebou en die elektriese waaier geinstalleer. Sover werk hy lekker maar die werklike toets sal wees as die 4x4 nodig is in die sand of rowwe terrein. Sal hom bietjie toets en terugvoer gee. Hoop maar hy werk...

Hier is so paar foto's.

Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling

Posted: 12 Apr 2017 06:54
by Tinus lotz
Lyk netjies ons het so een vir Piet se Gq gebou met 2 van daai fans .....het nie gewerk in sand nie maar kom ons loer of jy dalk kan wen met die lexus :thumbup:

Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling

Posted: 12 Apr 2017 09:24
by iandvl
Lyk maar baie goed. :salute: :salute:

Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling

Posted: 12 Apr 2017 10:47
by Wilkie
Ek weet nie of dit gaan goed werk wanneer daai enjin moet hard werk op n warm dag nie...... :mytwocents: :mytwocents:

Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling

Posted: 12 Apr 2017 11:15
by Ihanedp
Baie dankie,

Ja ek toets hom maar eers, dink ook hy gaan sukkel op 'n warm dag met aircon aan as die enjin moet hard werk. Ten minste kan ek nou die temperatuur dop hou en kyk dat hy nie te warm word nie. Ek sal seker nog 'n modifikasie of 2 maak om die patent beter te laat werk. Sal terugvoer gee oor die volgende paar weke wanneer ek tot 'n gevolgtrekking kom.

Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling

Posted: 12 Apr 2017 12:07
by Wilkie
Die standard viscous fan help ook om van die under bonnet temp ontslae te raak en om koue lug by die agterste silinders te kry..maar ek hoop daai werk vir jou :salute:

Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling

Posted: 17 Jul 2017 07:26
by Ihanedp
More almal, net bietjie terugvoer...

Die cowling wat ek gebou het werk baie lekker as mens stadig ry, maar sodra mens oor 60km/h ry dan styg die temperatuur. Teen 120km/h bly die temperatuur redelik hoog, totdat ek weer af gaan na onder 60km/h dan sak die temperatuur na normaal.

Ek het toe 'n modifikasie gemaak waar ek 2 gate in die cowling gesny het (twee 100mm x 100mm gate onder mekaar aan die inlaat kant van die radiator) om meer lug vloei deur te laat. Dit het die situasie verbeter en teen 120km/h op gelyk pad was die temperatuur normaal, maar sodra mens bietjie bulte kry met die aircon aan dan styg die temperatuur weer.

Ek het toe die cowling heeltemal verwyder en die waaier direk op die radiator vasgemaak (op die radiator se inlaat kant). Sover werk dit die beste, my temperatuur bly heeltyd konstant in alle omstandighede. Het al bietjie in die sand gespeel, maar nognie dik sand op 'n warm dag nie en die temperatuur het heeltyd konstant gebly. Ek sal terugvoer gee sodra ek eendag dik sand op 'n warm dag gery het om te sien of die waaier kan by bly.

Groete

Re: 4.5/4.8 GRX Radiator Shroud/Cowling

Posted: 18 Jul 2017 15:14
by Peter Connan
My ergste sukkel was die berge in Lesotho. Veral die pas na Katse Dam. Ek moes 3lke tien minute stop en die radiator natgooi om daar op te kom. En dit was nie eers warm nie.