Ek stem saam met Ian waar hy se die standaard arms is sterk genoeg behalwe as hulle 'n stamp weg het, dan vou hulle bitter vinnig.SJC wrote:Peter, jy het nie al daaraan gedink om sterker control arms te maak nie? (en miskien langer vir voertuie wat gelig is? mens kan seker nie te lank gaan sommer om die mounts te verander of te skuif nie?)
Lyk vir my Nissan het maar n dun round tube gebruik vir die... het al van n paar gehoor wat gebreuk het.
Graham het ook een gebreek laas jaar: http://patrol4x4.co.za/viewtopic.php?f= ... 150#p73884
Mens kan hulle nie noemenswaardig langer maak sonder om die mounting punte vorentoe of die as agtertoe te skuif nie, en hulle is klaar lank genoeg dat hulle begin stamp op die grond en buig, en heeltemal lank genoeg om mal-baie flex te kry, so ek dink hier by ons is daar bitter min ouens wat langer hoef te gaan.
Ek weet van drie wat gegroet het, so ja, dit is iets wat gebeur. Ek het egter nie regtig die regte toerusting om sterkeres te maak nie. Mens kort 'n masjien om die punte van die pyp uit te hol waar hy teen die busse op die ente pas. Ek sal dit met 'n angle grinder en vyle moet doen, en daarvoor het ek eenvoudig nie die tyd of die lus nie.
Maar ek is bereid om joune reg te maak en dan al twee te versterk soos vroer beskryf. Ek glo dit maak hom baie sterker. Maar ek het al twee nodig, om seker te maak dat ek hulle die selfde lengte kry.