Patrol 2003 GRX 3.0 D

User avatar
Saltman
Moderator
Posts: 281
Joined: 04 Apr 2009 16:03
Full Name: Herbie Hellstrom
Nickname: Saltman
Home Town: Durbanville, Western Cape
Current 4x4: Land Rover Discovery Series 3 TDV6 Auto
Land Rover Discovery Series 1 Tdi.
Land Rover Discovery Series II Td5
Home Language: Afrikaans / English / German
Location: Durbanville, Western Cape

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Post by Saltman »

Hallo Koos

Jou mede soutie hier!
Ek stem saam met John, daar is 'n voertuig vir almal en alle terreine, maar dis net nie altyd dieselfde voertuig nie ...

Ek is mal oor die D3, want waar my Hilux in 2008 gery het van die Kaap tot in Noord-Tanzania en terug, het die D3 saamgeloop.
Ek het baie respek vir daai TDV6 masjien - het my Hilux weggery en was ligter op brandstof en dit terwyl albei van ons treilers gesleep het.!

MAAR,
1. Die D3 is amper 400 kg swaarder as my Patrol 4.8GL - ja die D3 weeg 2,7 ton ...
2. Ek is skrikkerig in Afrika vir die D3 se elektronika. Net voor Lusaka het die D3 in 'n slaggat getrap en toe besluit die rekenaar die skade is verby sy limiete en plaas die voertuig in "safe mode". Die gevolg was dat die vering gaan le en jy het 'n moer harde rit teen stadige snelheid tot by die volgende LR agent, want die "reset" moet deur die rekenaar gedoen word! Ons was baie gelukkig dat die rekenaar wat deur Zambia (Lusaka) en Malawi (Blantyre) gedeel word wel in Lusaka was op daardie tydstip.
3. LR se diens en parte pryse stem my nog nie tot ruste nie ... daai TDV6 kos tussen R 110 000 en R126 000 NET vir die masjien.

Koos, my nederige opinie is dat dit gaan afhang waar wil jy wil ry met die D3. As jy teerpad en plaaslike grondpaaie gaan ry, great! As jy in Afrika se boendoes wil invoeter (bv Bots gedurende of voor/na reenseisoen), dan dink ek jy soek moeliggeit!

My 2 sent se waarde.
... en dit van 'n man wat nog baie lekker ry met sy D1 Tdi dankie :thumbup:
Saltman:
One foot in Land Rover land and one foot in Patrol land and the sensitive bits are hanging in the salty sea in between!
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Post by KOOS BEST »

Dankie almal, lyk my sodra jy se jy koop n Landie , dan is die hel los.
As ek seker gese het ek vat n Cruiser sou almal gelukkig gewees het.
Die voertuig kom Woensdag , ek sal hom leen vir n paar dae , dit is die S spec wat ek soek sonder enige tierlantyntjies.
My hart pomp vir n nuwe Defender , maar ek sal wag tot 2013 vir die nuwes, so ek sal die Disco inruil op die Defender.

Ivm. met brekasies , my onlangse kamp in Bosbokstrand , het my buurman , wat langs my gestaan het met sy 6mnde oue 200 VX cruiser daaraangekom, en op dag 2 wou hy Haga Haga toe ry, o ja het n klein karavaan van Jhb gesleep. By die opdraande uit een groot slag en geen dryf meer nie, ure later is n low bed daar met hom weg vir n week. Probleem n C-clip washer afgespring in die ratkas.
At least die Disco gaan in Limp mode, en die wiele kan nog draai tot by die vlge plek.

Oor elektronika, wel die Holgates vertel dat met die Disco 3's is hulle menig n male tot kophoogte deur rivire waar die deure so goed geseel het dat hulle onder die water kon inkyk.Daargelaat, as jy teen elektronika is , gaan daar niks meer in die mark beskikbaar wees om iets te koop nie.

Ek het destyds my 1ste Patrol gekoop omdat ek daai tyd onder een ingeklim het en gese, dammit dit lyk presies soos my Defender hieronder, moet n excellent voertuig dan wees.Ek hou van die soliede vooras, maar die Disco het dit ongelukkig nie, hopelik soos alles aaandui sal die nuwe Defenders nog steeds dit he.

Soos ek se , ek sal alles uitkyk somme maak ens, voor ek die voertuig koop. My hart is nogsteeds by Patrol en dan Land Rover.

Ek gebruik n voertuig slegs as n toer voertuig om ons substreek te verken , ry altyd grondpad na n bestemming , doen 4x4 roetes slegs deur natuur gebiede dws doen nooit 4x4 challenges ens. nie, het baie in my bosbou loopbaan dit gedoen met GG voertuie in die land.

Groetnis
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
User avatar
Jules
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1641
Joined: 08 Apr 2009 09:13
Full Name: Julius
Nickname: Jules
Home Town: Rietjiesvlei, Zoeloeland
Current 4x4: Pathfinder
GQ Patrol
Home Language: AFR
Has thanked: 94 times
Been thanked: 75 times

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Post by Jules »

Koos jy moet maar skreeu as jy gaan ry die naweek ek en Gerrit is n oproep ver, of nog beter kom tel ons op dan ry ons al drie in styl, moet sê daardie IFS en ek neem aan agter ook op die LR laat hom darem erg sag ry

Groete
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 4 times

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Post by Pieter du Toit »

Hello Koos,

En toe en toe.......wat is die uitkoms van hierdie afferre - gaan jy nog jou Patrol verkoop???

Ek hou dit nogal met nuuskierigheid dop en nou het jy half stil geraak.

Ek weet ook van iemand hier in die Kaap wat moontlik dalk sal belangstel in jou Patrol - maar ek sien jy het al jou fotos van die forum af verwyder - daar is niks meer as ek by jou profile ingaan nie.

Kan jy nie dalk weer n foto of 3 terugsit van jou Patrol nie - dit help darem so bietjie met die besluitneming as mens dit nie in lewende lywe kan sien nie!!!

Groetnis
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Post by KOOS BEST »

Hi Pieter, ek het n Disco 3 gehad vir n paar dae.
My indrukke soos volg,
Enjin en ratkas ongelooflik, seker die beste in n 4x4 wat ek nog gery het, en dit is baie
Oop pad @ 120-140km/u voel of jy sweef, byna geen geraas ens .
Op grondpad ongelooflik stil, niks rattles en vat slaggate ens. soos n voertuig met opgegradeerde vering.
Dan die groot toets , die ding met sy spesiale seleksie dryfsisteem klim enige ding uit denkbaar , daar was een stadium waar ons skuins glad nie reghoekig nie deur n diepsloot is en dan onmiddelik teen n 45 grade wal uit , n vriend langs my het gese hy spring nou uit van die Disco gaan rol , en dit hou net aan klim.

Wat ek nie baie van hou nie, is die dak vir n dakrak, en die 17" wiele . Asook die snaakse geluide tydens swaar 4x4 werk, blykbaar is dit die traksie beheer wat briek ens . klink soos n gekerm wat onder die voertuig uitkom.En dan natuurlik daars nie n soliede vooras nie.Verder ek was impressed, dit is n ongelooflikke voertuig, en Pieter daai 2.7 enjin man!!!!!!

Die een wat ek aangebied is, is nog nie in nie, die eienaar wag vir sy Disco 4 . Dit is n S spec , selfs die verwyderbare sleepstang is nog in sy oorspronlikke sakkie, het 80 000km op.

Ek sal fotos plaas van my Patrol. Kyk ek laaik n Patrol, my 1ste een het ek spesifiek gekoop deur na een te kyk wat in n werkswinkel was vir n smeerdiens , toe ek onder deurloop toe bel ek die eienaar van die GQ 4.2D , en n maand later het ek haar gehad.
My voertuig word goed na gekyk , het n volle diens rekord tot op 170 000km , op 173 000km n nuwe enjin gekry en toe koop ek dit.Darna diens ek duit self, elke 5000km , doen al die grhries ,olies , remme ens ens.
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Post by KOOS BEST »

Image
2003 FACE LIFT
Image
FULL ALU BULL BAR
Image
INTERIOR , WITH NON STD RADIO SYSTEM
Image
ZD 30 ENGINE BAY WITH DUAL BATTERY

I will be taking out the dual bat system, thomas air compressor, 29mhz radio and the roofrack.
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Post by KOOS BEST »

Het so pas verneem my deal is van die baan, die eienaar van die Disco 3 het homself bietjie "overextend" met die koop van die Disco 4, en kry blykbaar nie sy finansiering uitgesort nie.
Some you win , some you loose!
Sal nog rond shop
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Post by JG Shields »

Koos, ek is jammer vir jou part en hoop jou droom word tog vorentoe waar. Ek dink egter daar is een Patrol wat baie bly is oor die gebeure. Nou bly hy ten minste by 'n goeie baas.

Ek het 'n vriend wat sy 2e D3 ry. Die 1e een het hy op 90000km geswaai. Hy het hom om 2 redes geswaai:

1. Hy het nie kans gesien om die D3 sonder 'n motorplan (na 100k) te ry nie. Hy het ook nie kans gesien vir die prys om sy motorplan te verleng nie. Ek weet redelik goed wat sy "motorplan" betaalde onderhoud was gedurende die 90k km. Ek het gedink Nissan is duur. Ons ry "cheapies". Sy onderhoud was astronomies met geen groot breke nie. Lasarus se totale ekskursie was kleingeld teenoor sy lopende onderhoud.

2. Land Rover was die enigste wat bereid was om hom 'n "inruilbare" prys op sy 90k km D3 te gee. Daarmee aanvaar hy dat hy maar met die LR getroud is.

Nietemin is hy (en ek) net so beindruk met die LR se veldry vermoe. Ek is egter eerlik....ek kan sy onderhoud nie bekostig nie.

Groetnis
Patrol fan!
User avatar
Jules
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1641
Joined: 08 Apr 2009 09:13
Full Name: Julius
Nickname: Jules
Home Town: Rietjiesvlei, Zoeloeland
Current 4x4: Pathfinder
GQ Patrol
Home Language: AFR
Has thanked: 94 times
Been thanked: 75 times

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Post by Jules »

Koos jammer om te hoor, ek is een wat daardie wat glo alles gebeur met n doel en absoluut niks is toevallig nie " walk by faith not sight ". Maar jou LR is daar iewers met jou naam op en dit sal wel op die regte tyd gebeur.

Groete
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Post by KOOS BEST »

My kop staan nog steeds na die D3 toe, so my Patrol is nog op die mark.
Het na ander S spec gaan kyk, nie baie S Spec. nie meeste is SE en HSE. Almal die waarna ek kyk is ingeruil op D4 's, donner maar die manne het geld
Miskien moet ek die ekstras appart verkoop.
1 x stel Escape grys kleur sitplek oortreksels, lugsak tipe vir GRX modelle, Bietjie stowwerig maar in goeie toestand.Daarby window sox vir die agterste ruite.
Miskien ook die EGT gauge , en die termo koppeling.
Asook n vlekvrye staal battery "tray" vir n ZD 30 enjin kompartement , met al die drade en meganiese skakelaar tussen alternator en battery(sonder die diepsiklus bat. natuurlik.

Hierdie goed sal ek van appart ontslae raak as die Land Rover agente dit by my koop. Die res soos kompressor , dakrak, eezi awn sal ek oordra.
As ek die voertuig smous aan n forum lid kan hy al die bge saam kry, behalwe die wat ek sal oordra .
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
Post Reply

Return to “36. Vehicles For Sale/Swap”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest