Page 2 of 3

Re: 2004 Patrol 4.8 GRX SUV

Posted: 07 Jan 2018 22:29
by hugejp
Sho!

Hy is baie mooi...

:thumbup:

Re: 2004 Patrol 4.8 GRX SUV

Posted: 08 Jan 2018 09:15
by IanT
Bloody Nice Patrol!! o if only I had the money :confused:

Re: 2004 Patrol 4.8 GRX SUV

Posted: 08 Jan 2018 10:03
by mvcoller
Miskien is ek verkeerd, maar ek dink net R200k is te veel geld vir 'n 14 jaar oue pre-facelift Patrol.

Ek het 18 maande gelede basies dieselfde prys betaal vir my 2008 model (Facelift) met 150,000km op. Die voertuig was toe 8 jaar oud. Volgens die assuransie (Tuff Stuff) was my Patrol se waarde toe R200k.

Ek kon destyds meer as een 4800 Patrol van die selfde ouderdom kry vir effens goedkoper as dit, maar ek het slegs belang gestel in die diesel enjin Patrols. Myne het nie veel kit opgehad nie (net 'n batterystelsel sonder batterye), maar alhoewel kit jou dalk geld gaan spaar, is almal van mening dat kit nie die prys met meer as omtrent R10k tot R15K beinvloed nie.

Dink julle ek is verkeerd in my denkwyse? Kyk, ek sal saamstem dat 2e handse Nissans se pryse belaglik laag is en ek sal bly wees as hulle waarde heelwat beter is, maar die mark dink ongelukkig nie soos ons Nissan manne nie.

Re: 2004 Patrol 4.8 GRX SUV

Posted: 08 Jan 2018 11:06
by JoshJ
Jy het n 2008 3.0di gekoop. Dit gaan oor supply en demand. Die 4.8 is meer in demand as die 3.0. Die laaste paar maande was die 4.2TD die meeste in demand.

Dis maar net my opinie :mytwocents:

Re: 2004 Patrol 4.8 GRX SUV

Posted: 08 Jan 2018 12:12
by graham1
I dont think this price is too far off.
This is almost the identical twin of my 2004, almost exactly the same extras etc, except looks a little neater and has ~50000kms less mileage.

Based on the condition and mileage of this one, I reckon that makes up the exact difference between what I paid for mine and this price.

Re: 2004 Patrol 4.8 GRX SUV

Posted: 09 Jan 2018 15:51
by mvcoller
Josh,

Ek het vir 4 weke lank vir my 3.0 gesoek, 4.8s was baie meer beskikbaar. Ek dink nie dit het veel verander nie. Ek het by 'n dealer uitgevind toe ek na myne gesoek het dat vir elke vier 4.8s wat die afgelope 10 jaar nuut verkoop was, was daar maar een 3.0 verkoop.

OK, ek was dalk net ook baie kieskeurig, ek het slegs in 'n wit of 'n silver voertuig belang gestel...

Selfde toe ek my Pathfinder gesoek het. Het my Silver manual Pathfinder uiteindelik in Somerset Wes gekry. Gelukkig woon my broer daar en hy kon vir my na die voertuig gaan kyk.

Re: 2004 Patrol 4.8 GRX SUV

Posted: 21 Jan 2018 07:07
by georgeb
Die 4.8 het 'n nuwe baas iewers in Kaapstad.

Re: 2004 Patrol 4.8 GRX SUV

Posted: 21 Jan 2018 10:47
by hugejp
Prys gekry?

Re: 2004 Patrol 4.8 GRX SUV

Posted: 21 Jan 2018 20:10
by georgeb
hugejp wrote: 21 Jan 2018 10:47Prys gekry?
Yep, dankie.

Re: 2004 Patrol 4.8 GRX SUV

Posted: 21 Jan 2018 21:00
by Jorrie
mvcoller wrote: 09 Jan 2018 15:51 Josh,

Ek het vir 4 weke lank vir my 3.0 gesoek, 4.8s was baie meer beskikbaar. Ek dink nie dit het veel verander nie. Ek het by 'n dealer uitgevind toe ek na myne gesoek het dat vir elke vier 4.8s wat die afgelope 10 jaar nuut verkoop was, was daar maar een 3.0 verkoop.

OK, ek was dalk net ook baie kieskeurig, ek het slegs in 'n wit of 'n silver voertuig belang gestel...

Selfde toe ek my Pathfinder gesoek het. Het my Silver manual Pathfinder uiteindelik in Somerset Wes gekry. Gelukkig woon my broer daar en hy kon vir my na die voertuig gaan kyk.
Malcolm, Jy sal baie beter af wees met die 4.8 as die 3.0D. Ek sal nie aan '3.0D vat nie.
Lekker naweek gehad!