Page 1 of 1

4.8 Patrol stasiewa te koop (raakgesien)

Posted: 27 Nov 2016 00:28
by Ds J
Daar staan 'n pragtige Patrol stasiewa te koop by Global Autohaus in Malibongweweg, Jhb.

2004-model
Houtskool kleur
200 000 km
R200 000

(as ek finansiering kon reël vir 'n 2004-model sou julle net gehoor het dat daar een gestaan het :biggrin: :biggrin:

Re: 4.2 Patrol stasiewa te koop (raakgesien)

Posted: 27 Nov 2016 06:24
by Alex Roux
Ek het hom gesien
Dis op een van my draf roetes.
Maar hoe mooi hy ookal is, daai prys gaan hy sukkel om te kry.

Re: 4.2 Patrol stasiewa te koop (raakgesien)

Posted: 03 Dec 2016 22:01
by Ds J
Goeienaand Forum, ek het vanoggend met die eienaar gesels. Julle sal meer weet en verstaan van die data, vir my klink dit soos stuifmeel vir bye!

Die Patrol het aan 'n dokter behoort en is baie goed toegerus.
  • "Winch" ter waarde van R11000
  • Kenwood klanksisteem ter waarde van R13000
  • Chip lewer 215kW en 460Nm
  • Omskakelaar vir 220V, tot 1.6kW, driepuntmuurprop reeds gemonteer
  • vol diensrekord
  • agterste sitplekke het nog nie gewerk nie
  • 230 000km
  • 4.8l petrol gee 5.5-6.3km/l

Re: 4.2 Patrol stasiewa te koop (raakgesien)

Posted: 04 Dec 2016 07:24
by Alex Roux
Mens kry ongelukkig nooit jou geld terug op modifikasies nie.
Jy kan meer Patrol kry vir jou Rand elders.

Re: 4.2 Patrol stasiewa te koop (raakgesien)

Posted: 04 Dec 2016 14:48
by Ds J
Baie dankie Alex.

Re: 4.2 Patrol stasiewa te koop (raakgesien)

Posted: 05 Dec 2016 23:33
by Kagiso II
'n 4.2 stasiewa van 2004 ??? Daai maak nie sin nie .. in 2004 het mens net die 4.8 ]petrol] en 3.0 [diesel] Patrol gekry [in Stasiewa formaat ... kan nie eens onthou of die bakkie toe al terug op die mark was, nie ????????
:oldtimer: :oldtimer: :think: :think:

Re: 4.2 Patrol stasiewa te koop (raakgesien)

Posted: 06 Dec 2016 05:23
by Michael
Onder in die specs se dit dis n 4.8 oom, ek sal die "Subject" fix :thumbup: