Page 1 of 3

HOBBY PARK 4x4 30 SEPTEMBER 2017

Posted: 31 Aug 2017 14:38
by Jules
Hello Allemal

Ek kom so bietjie kuier in Gauties en my skoonseun ( Aldo oppie forum ) het gedink hy wil graag so bietjie Bosvark 4x4 gaan ry , so die wat nog niks het om te doen daardie saterdag oggend nie ten minste het jul nou rede nie om takies om die huis te doen nie

Shalom

Re: BOSVARK 4x4 30 SEPTEMBER 2017

Posted: 04 Sep 2017 07:35
by offroadbiker
Bosvark in die Wille Weste se Woesrand??

Re: BOSVARK 4x4 30 SEPTEMBER 2017

Posted: 04 Sep 2017 11:37
by Aldo
More Dirk

Ja, daardie een. Dit word nou Hobbypark genoem.

Was jy al daar? Hulle het laat weet dat daar chicken runs is op al die obstacles, so ek behoort okay te wees in my soft roader.

Lekker dag

Re: BOSVARK 4x4 30 SEPTEMBER 2017

Posted: 04 Sep 2017 12:00
by offroadbiker
Baan is so 9km van my huisie, As ek reg is, is daar "verby" paadjies vir meeste obsticles......

Re: BOSVARK 4x4 30 SEPTEMBER 2017

Posted: 04 Sep 2017 15:45
by Jules
Ek verstaan van Tinus dat daar erge skerp klippe op die roete is ?? dit kan nadelig wees vir jou bande Aldo. Tinus het aanbeveel ons gaan eerder dalk na Hennops Pride toe , dit is blykbaar nie die een waar daar al n paar hi-jackings was nie ??

shalom

Re: BOSVARK 4x4 30 SEPTEMBER 2017

Posted: 04 Sep 2017 17:35
by Peter Connan
Ek het al al drie die bane gery.

Hennops pride is die ergste van die drie. Baie moeilike obstacles wat verseker running boards gaan seermaak, en groot kans om bande te beskadig.

Hennops 4x4 roete is die maklikste van die drie, en jy sal moet redelik stjoepit of ongelukkig wees om daar jou bande seer te maak. Jules, dis die roete waar ek en jy paar jaar gelede gaan ry het. Dis die een waar daar hi-jackings was, maar sover ek weet was daar nou vir 'n paar jaar nie problemem nie.

Bosvark/hobby park is tussen die twee. Ek het hom al vier of vyf keer gery, en gaan band-skade opgedoen nie. een van daai kere was in die nag, en as jy nou bande wil opdonner moet jy klippe in die nag ry, so ek dink nie dis te gevaarlik nie. Daar is ook redelik baie paadjies om te ry, en jy kan die klippe waarskynlik amper heeltemal vermy as jy so voel.

Re: BOSVARK 4x4 30 SEPTEMBER 2017

Posted: 04 Sep 2017 21:52
by Jules
tanks Piet, ons moet dan maar besluit tussen Hennops 4x4 en Hobbypark, ek dink Aldo wil net sy lorrie se coils flex en defnitief die opsie hĂȘ van n escape route as dit lyk of hy sy lorrie kan skade berokken

Piet ek het gedog ons het Hennops Pride gery ? maar nou ja jy sal weet dit is jou agterplaas daar in Gauties

shalom

Re: BOSVARK 4x4 30 SEPTEMBER 2017

Posted: 11 Sep 2017 10:39
by offroadbiker
En???

Ga on ry??

Wa ga ons ry?

Re: BOSVARK 4x4 30 SEPTEMBER 2017

Posted: 11 Sep 2017 13:05
by Jules
ONS GAAN DEFNITIEF RY , FINALE BESLUIT VOLG HOPELIK IN DIE WEEK

Re: HOBBY PARK 4x4 30 SEPTEMBER 2017

Posted: 20 Sep 2017 11:46
by Jules
More allemal

DIT GAAN BY HOBBY PARK WEES

Dirk kan jy die GPS ko-ordinate dalk opsit vir die wat nie weet hoe om daar uittekom nie, ek dink ons wil maar vroeg daar wees en die roete doen en dalk n vinnige worsie braai die wat wil,

Sal die tyd bevestig

Shalom