Page 1 of 35

(9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Posted: 21 Dec 2016 12:30
by offroadbiker
Basiese reelings vir die trip:

Vertrek Woensdag 09 Augustus van waar ook al jy gewoonlik jou hoof ter ruste le...... (DIT IS 'n PUBLIEKE VAKANSIE DAG) - Konvooi vertrek 06h00 van N1 Petroport net buite Pretoria.

Die wat nie wil konvooi ry 12h00 by die nuwe garage waar jy van R81 afdraai na Moletotsi.

Woensdag aand word daar ge kamp in die Molotots. LET wel daar gaan Woensdag reeds 'n ent in die rivier gery wordso dit gaan baeie moeilik wees om eers die Donderdag te wil aansluit....

Donderdag oggend van 07h30 begin voertuie in die rivier af ry.

Gewoonlik so teen 15h00 kyk die voorste voertuig vir 'n lekker staanplek vir die nag.

Frydag en Saterdag verloop basies dieselfde.

Sondag oggend rustig oppak, klim uit die rivier en vat die pad huis toe.

Roete
Krugersdorp tot by ingang van Molototsi 472km Daar is 'n nuwe garage 9km voor ingang
Petroport op N1 tot by ingang van Molotosi 376km
Molotots so 100km dik sand
Klein Letaba so 70km sand

Roete is basies die N1 tot by Polokwane, Stop by Shell vir iets te ete (opsioneel) en maak voertuie vol (opsioneel), en dan die R81 waar ons optop by Maphalle 126km van Polokwane. Van hier is dit nog 20km tot by ingang van Molototsi.Daar is 'n nuwe garage 9km voor ingang

Volg die Molototsi dan vir ongeveer 100km tot waar hy uitmond in die Groot Letaba. (Indien werklik nodig kan brandstof verkry word halfpad duer Moletotsi by Dzumire),vat so 2 dae om te doen (daar is ook n klein garage aan einde van Moletotsi, brandstof nie gewaarborg en slegs kontant), dan is dit so 35km (sand en teer) tot by die ingang van die Klein Letaba, as tye korrek werk draai ons eers regs en ry so 6km tot by grens van Kruger waar ons by die "beach" kamp(vat so 1.5dae om te ry).

Brandstofverbruik teerpad soos wat jy natuurlik jou voertuig ken :wink: Binne in die rivier het my 4.2 Petrol geval van 5.5 na 1.9km/L en Oellie se 4.5 van 5.9 na so 3km/l, Die 4.2 Diesel gee so gemiddeld van 5km/l, natuurlik hoe meer jy speel hoe swaarder kan dit raak....

Verblyf: Slaap in die rivierbedding en jy moet 100% selfversorgend wees, geen koste vir verbyf. dus ook GEEN GERIEWE.

Innerlike Jy moet alle kos, water en "bruin Fanta" saam ry, hoe hongerder en dorser jy is, hoe meer is jou koste :oldtimer:

Jy het minstens so 6 ure nodig om daar en dan weer terug te kom, dus ook die rede waarom daar twee dae uitgesit word net om heen en weer te ry.

Kostes

Brandstof = 900km teerpad en 170km dik sand vir beide riviere.
Tolgeld vir die N1
Kos vir die 5 dae
Drinkgoed - so dors as wat jy kan raak moet jy maar inpak....

Basiese verloop van die dag:

Aangesien dit nog winter is kom die sonnetjie nog nie so vroeg op nie en kan dit redelik koel wees in die oggend....

Daar kom gewoonlik so om en by 6uur lewe in die "kamp"
Die ketels word aangesit vir 'n koffietjie
Kampgoed en slaapplekke word opgeslaan en afgebreek
Eet 'n beskuitjie saam met 2de koppie koffie
07h00-07h30 begin die voertuie vertrek vir die dag se ry (NIKS later as 09h00 vir laaste voertuig)

Volg die rivier en geniet die speel...........

Hier om en by 10h00/11h00 stop jy waar ookal jy is en word daar brunch gemaak, aangesien dit so n' groot groep is stop die voertuie in die geval in kleiner groepe en doen elkeen sy ding.

Volg die rivier en geniet die speel..............

Hier rondom 15h00 begin die voorste voertuig soek na geskikte staanplek vir die aand (kamp word gemaak niks later as 16h00 - onthou agterste voertuig is maklik uur of meer agter voorste voertuig)

Toegang tot "kamp" is hout van elke voertuig - daar is gewoonlik genoeg hout in die rivier en elke voertuig sleep maar so halwe boom na die kampplek. HOUT begin baeie skaars raak

So rondom 17h30 steek ons die vuur aan en begin die groot kuier - elkeen braai maar sy vleisie op sy tyd en dan kuier ons tot..... wel QQQ

LET DAAROP DAT DIE "TRIP" VER VAN DIE BESKAWING IS, DAAR WORD NIE VOORSIENING GEMAAK VIR MEDIESE BYSTAND NIE EN ELKE PERSOON WAT SAAM GAAN MOET SELF VERANTWOORDELIKHEID VAT VIR ENIGE GEBEURE WAT MAG OPDUIK!!!!!

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Posted: 21 Dec 2016 12:31
by offroadbiker
Bywoning

1. Tinus - Patrol 3 Persons KAMP KOMMANDANT
2. Herrie - Patrol 1 Person
3. SJC - Patrol 2 persons
4. Oom Mac - Patrol 2 persons
5. PieterB - Hard Body 1 person
6. Pieter B - Hilux 2 Persons
7. Fordguy - Ranger 3 persons
8. Fordguy 2 - Ranger 2 persons
9. Anthoney F - Patrol 2 Persons
10. DawidT - Patrol 2 Persons
11. DawidT/Wayne - Patrol 3 Persons
12. Jean-Jacques - Patrol 2 persons
13. David M - Patrol 2 persons
14. Rhett - Patrol 2 Persons
15. Timken - Patrol 2 persons
16. Timken - Prado 2 persons
17. Timken - VX Cruiser 2 persons
18. Timken - Fortuner 2 persons
19. Ricster - Patrol 3 Persons
20. Boegman - Patrol 2 Persons
21. Pathmaker - Patrol 4 persons
22. Tijmenvds - Patrol 1 Person
23. Michael - Patrol 3 Persons
24. Alex R - Patrol ? Persons
25. arnosl001 - Patrol 2 Persons
26. Tony - Patrol 2 Persons
27. Ettiene - Patrol 3 Persons
28. Gerrievandiebos - Patrol ? Persons
29. David V - Patrol 4 Persons
30. David V (Rudi) - Jeep 1 Person
31. Tommie - Patrol 2 Persons
32. Petrol(Martin) - Patrol ? Perons
33. Marius Vorster - Hilux 3 Persons
34. Hannes Snyman - Hilux 2 Persons
35. Iaan du Toit - Patrol 1 Person

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Posted: 22 Dec 2016 07:26
by Herrie
Ek wil hierdie keer saam met julle gaan! :thumbup:

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Posted: 22 Dec 2016 08:29
by SJC
Sit my ook op lys asb. :thumbup:

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Posted: 27 Dec 2016 07:38
by Michael
Ek sal ook die een join

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Posted: 27 Dec 2016 19:59
by Kagiso II
Tel maar vir OOmpie en die Dwergi ook by.

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Posted: 15 Jan 2017 17:36
by Herrie
Hi, het jy inligting wat ek op my GPS kan sit vir die roete?

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Posted: 15 Jan 2017 18:18
by SJC
Herrie wrote:Hi, het jy inligting wat ek op my GPS kan sit vir die roete?
Hier is so paar kordinate van laas jaar se trip: http://www.patrol4x4.co.za/viewtopic.ph ... =90#p75576

Maar ons ry hom anders om hierdie jaar(sover ek weet?), so dit gaan bietjie verskil.

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Posted: 16 Jan 2017 08:25
by Herrie
Hi Fanus, dankie vir die link en ek het jou deel gebruik waar ons gaan begin en het toe die roete op my GPS program uitgewerk van Kempton Park af - is dit die regte roete om te gebruik?

Re: (9-13) Augustus 2017 RIVER TRIP

Posted: 16 Jan 2017 08:38
by offroadbiker
Harry, die jaar ry ons eerste die Molototsi en dan die Klein Letaba, dus is laasjaar se begin punt die jaar se eindpunt.