Page 8 of 31

Re: 17-21 Maart 2017 DUINE TRIP

Posted: 03 Feb 2017 09:39
by Wilkie
Ja ek sal maar die twee jerries dan vol maak en dan in die kamp los net vir in gevalle ons baie in duine speel :blonde: :blonde:

Re: 17-21 Maart 2017 DUINE TRIP

Posted: 03 Feb 2017 10:43
by Kagiso II
Tommie wrote:Maats.

Groblershoop is die naaste. 40 km weg. Errol as jy bo om ry is dt dan die N14 waarvan jy praat? Indien dan gaan Postmasburg jou laaste plek wees vir brandstof. Die grondpad vanaf Postmasburg is nie altyd in goeie kondisie nie. Dt is hoekom ek voorstel dat die N12 gery word.

Om Jerry kanne saam tery, is ok goeie idee indien jy nie die 40km wil aandurf na Groblershoop nie.
Vrinne: As jy via Kimberley gaan is Griekwastad laaste brnadstof
Via Upington is Groblershoop laaste brandstof
MAAR Groblershoopp raak baie nader as jy bv Dag 1 se roete klaar ry, en dan, IPV trugdraai Kamp toe, op die teerpad bly en eers weer gaan volmaak [Dan is Groblershoop omtrent 20 -- 25 km ]
Dis nou as jy n dors PETROL bus ry .. ons DIESEL manne het nie daai hoofbrekens nie

Re: 17-21 Maart 2017 DUINE TRIP

Posted: 03 Feb 2017 11:25
by Wilkie
Ja my Oom vryf dit nou in...maar as daarie klomp kwaai bye in harmonie is ..so by die 6000toere....jo jo jo dit klink darrem maar mooi...!!!!! :biggrin: :biggrin: :biggrin:

Re: 17-21 Maart 2017 DUINE TRIP

Posted: 03 Feb 2017 15:30
by Alex Roux
Kagiso II wrote:Dis nou as jy n dors PETROL bus ry .. ons DIESEL manne het nie daai hoofbrekens nie
Nee dan is die enigste hoofbreking is om by die duin op te kom! :rolling:

My tenks het 175 liter, waarmee ek 1000km gemaklik behoort te haal op die langpad (as ek bereid is om die laste 70km of so met die rooi liggie aan te ry).
So ek beplan nie om weer in te gooi na Griekwastad nie. Duine vreet jou juice, maar ook nou nie so dat ek nie ten minste weer tot by Griekwastad sal kan kom na die naweek nie.

Re: 17-21 Maart 2017 DUINE TRIP

Posted: 03 Feb 2017 20:00
by hitsch
I would like to join you guys on this trip
Is there still place available?

Re: 17-21 Maart 2017 DUINE TRIP

Posted: 03 Feb 2017 23:43
by Pst JJ
Yes, ek self wil Join! Is daar maar plek vir nog 'n Patrol? WWW

Re: 17-21 Maart 2017 DUINE TRIP

Posted: 04 Feb 2017 06:20
by Tinus lotz
Altyd plek manne :salute: :salute:

Re: 17-21 Maart 2017 DUINE TRIP

Posted: 04 Feb 2017 06:59
by TijmenvdS
Die klink vreeslik lekker.
Sit my maar ook op die lysie. Ek belowe niks, mens weet nooit watse vars moeilikheid daai tyd kan opduik nie.
Klink my ek moet budget vir so 1600km of hoe?

Ek wil ook hoor of dit reg is as ek my vriend met sy hilux nooi? :pray:

Re: 17-21 Maart 2017 DUINE TRIP

Posted: 04 Feb 2017 07:39
by Pst JJ
Great in daai geval sit my Naam op aab :woo:

Re: 17-21 Maart 2017 DUINE TRIP

Posted: 04 Feb 2017 17:10
by Alex Roux
TijmenvdS wrote:Die klink vreeslik lekker.
Sit my maar ook op die lysie. Ek belowe niks, mens weet nooit watse vars moeilikheid daai tyd kan opduik nie.
Klink my ek moet budget vir so 1600km of hoe?

Ek wil ook hoor of dit reg is as ek my vriend met sy hilux nooi? :pray:


Hi Tijmen

Vanaf Pretoria, is dit in die orde van 1600 heen en weer.
Onthou net jy gaan heelwat brandstof op die duine roetes self ook uitry waarvoor mens moet begroot.