Page 16 of 24

Re: n kans om die noord kaap se duine te ry ....

Posted: 19 Sep 2015 17:10
by Tinus lotz
Ons ry woensdag middig tot so 3ure uit pretoria uit ons gaan by een of ander dam slaap en donderdag oggend vroeg in die pad val behoort 12 uur daar te wees

Re: n kans om die noord kaap se duine te ry ....

Posted: 20 Sep 2015 10:33
by Mamba
Ons ry Woensdag so 3uur uit Centurion tot op Delareyville. Behoort Donderdag so 12uur by boegoeberg te wees.

Kan nie meer wag nie.

Re: n kans om die noord kaap se duine te ry ....

Posted: 21 Sep 2015 09:36
by iandvl
Ons ry die Woensdag middag uit Brits uit tot Baberspan naby Delareyville. Ons beplan om Woensdag aand daarso oor te bly. Ons gaan dou-voor-dag weer ry, maar ek het as kind vir 'n rukkie in Postmasburg gebly. Ek dink ek gaan die effens scenic roete volg want ek wil graag die huis sien waar ek gebly het as kind.

Met ander woorde, ek beplan half om my roete van Baberspan soos volg te ry.

N14 verby Kathu -> R325 Postmasburg -> R383 tot by die N8 -> N8 na Groblershoop.

Daai roete hoort min-of-meer 518 km (+/- 5:30 ure) te wees. Tyds-duur kan dalk wel langer wees, want ek was bitter lanklaas in daai geweste gewees en ek is nie 100% seker oor die toestand van die paaie nie. Ons sleep ook 'n karavaan.

Met ander woorde, ek kan enige tyd tussen 12h00 en 15h00 daarso aankom. Tommie - ek sal wel vir jou SMS of ietsie stuur sodra ek 100% seker is.

Re: n kans om die noord kaap se duine te ry ....

Posted: 21 Sep 2015 09:37
by iandvl
Mamba wrote:Ons ry Woensdag so 3uur uit Centurion tot op Delareyville. Behoort Donderdag so 12uur by boegoeberg te wees.

Kan nie meer wag nie.
Mamba - waarso bly jy oor op Delareyville ?

Ons sal seker by Baberspan oorbly. Indien julle daarso ook bly, hou julle oe uit vir 'n groen Patrol. :)

Re: n kans om die noord kaap se duine te ry ....

Posted: 21 Sep 2015 10:44
by Mamba
Hi Ian,

Ons gaan in die dorp by 'n gastehuis bly. Sal uitkyk vir jou Donderdag oggend op die pad. Ek ry met 'n grys Patrol en waentjie

Re: n kans om die noord kaap se duine te ry ....

Posted: 21 Sep 2015 12:15
by iandvl
Right. My planne het effe verander vir die Woensdag aand oorbly. Ons gaan nog steeds in Delareyville oorbly, maar nie by Barberspan nie.

Ons sal by Rapoeli bly - dis omtrent 13km verby Delareyville op pad Vryburg toe.

My gesprek met Barberspan vanoggend was... Wel - laat ek net se dit was "interessant"... Sal dit maar eerder laat verbygaan.

Sien julle Donderdag. Kan nie wag nie.

Re: n kans om die noord kaap se duine te ry ....

Posted: 21 Sep 2015 12:41
by Tommie
Ian.

Daai is die regte pad. Tot en met Postmasburg gaan jy baja mooi pad ry. Uit Postmasburg tot by die N8 gaan jy grondpad ry. Die pad is ook mooi jy sal so 80km/h kan ry. Die N8 is werklik baja mooi ook. Van Postmasburg af tot by Transboegoe(Boegoeberg), ons kampplek sal jy so 2ure ry. Maak maar vol in Postmasburg. Die Sasol garage is by Jimbos. Daar kan jy ook hout ys en die nodige proviant aanskaf. Jy gaan verras wees met Postmasburg, ons het al van 2010, 1100 huise hier gebou.

Maats het dan ook met Tinus gesels, ons gaan Vrydag en dan Saterdag op die roete ook braai, so maak sekker dat jy n worsie en n broodtjie saamvat. Cooler box is ook baja belangerik. Ons sal sommer hout maak op die roete. Dit is vir die braai op die roete. By die kampplek moet ons nogsteeds ons eie hout saambring. Dan kan julle ook n paar snacks saambring veral vir tussen die etes. Veral op die roete.

Ja dit gaan baja lekker wees. Wag vir julle daar Donderdag.

Groete

Re: n kans om die noord kaap se duine te ry ....

Posted: 21 Sep 2015 22:04
by Etienne Gous
Naand Maats, ons hoop om Dinsdag Pta se stof af te skud. Sal kuier, kuier op N14 - behoort Donderdag vroeg by Boegoeberg dam te wees.
Veilig ry!

Re: n kans om die noord kaap se duine te ry ....

Posted: 22 Sep 2015 21:25
by Stefan
Klaar gepak, net die laaste paar goedjies more-oggend ingooi dan rol die wiele noord!

Re: n kans om die noord kaap se duine te ry ....

Posted: 23 Sep 2015 08:04
by ricster
Only think needed now is a wheel spacer !!.... :lol: :lol:

You guys must enjoy the trip.... take loads of pics and videos.