UITREIK - Busmanland & verby

Planning a get together (GTG), trip or competition?
Post Reply
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3453
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 155 times
Contact:

UITREIK - Busmanland & verby

Post by Kagiso II »

SIELSOEKEND
Uitreik: 29 Augustus – 12 September 2009.
Pella; Goodhouse; Hengries; Concordia; Onseepkans; Blouputs; Richtersveld, Eksteenfontein Ghamoep, Leliefontein … waar HY ons ookal lei.

In my hart, my wese is daar hierdie begeerte, hierdie honger om weer op ‘n hoë Rooiduin van die Kalaharie te staan .. om my oë kleinskreef te trek teen die son se blink en sien hoe Gemsbok in die straat wei, dalkies ook ‘n duinpou te sien en vir volstruis, statig te pronk.
Hier neffens my voet sien ek jackals se drafspoor vroemôre is hy hier verby, net na die dou geval het … (as jy weet waarvoor om te kyk) daar, daar het wyfie skilpad haar weg gebaan … kyk, daar het haar stertjie streep getrek sodat mannetjies haar kan kry. Dis in die reuk wat sy agter los, verstaan?


Aai – hoe lekker dagdroom ek nou – maar mens het dit ook nodig. Ek, vir een, verlang na die nxa’ gras wat teen my bene skuur, die veld en bossies te ruik en miskien groei daar xhoba of !xarra of ncabbas in die duine – ek sal so lekker smul.
Maar dis nie vir almal nie – dis my verlange om weer bietjie wild te wees. So vir ‘n dag of wat.
Dit is ook ‘n geleentheid om nader aan ons Skepper te kom (nie dat jy nou ver is nie … spreekwoordelik bedoel) Om soos Dawid Psalm 104 lewe te gee. Ek het behoefte om weer SY handewerk te aanskou, SY Skepping te ervaar want dit bring mu nadir aan Jesus, my Here, my Maker

Hoe lyk dit – wil jy saamkom op so ‘n uitreik? ‘n Uitreik na die San en KhoiSan van die Noord Kaap, Boesmanland, Richtersveldt, Namakwaland?

Waaroor gaan hierdie uitreik?

Mens kan dit ook ‘n “Verkenning” noem – Grootste deel van die roete wat ons gaan dek het ‘n “toerisme roete” geword waar groot blink 4x4’s [en minder blink 4x4’s verbyskeit. Almal vasgevang in die ‘natuur’ en die mense daar nie eens raaksien nie. Baie gevalle nie eens bewus is van hulle bestaan nie. Net oor die bult, om di errand, agter die berg.
Ons gaan met die MENSE kennis maak, tyd saam met hulle deurbring, verneem wat is hulle behoeftes, hulle nood en ook die Evangelie, die Goeie Boodskap met hulle deel dmv die Jesus Film.

Met die data / inligting wat ons so aanteken gaan ons terugkom na ons Gemeentes en Gemeenskappe en daardeur, dis ons gebed, toekomstige uitreike aan te vuur. Uitreike wat daardie behoeftes gaan aanspreek.

Natuurlik gaan ons ook Bybels saamneem. Nie net vir ‘weggee’ nie maar verantwoordelike verspreiding.
Ons benodig ook Christelike lietratuur, veral op kinders gerig. Skryfbehoeftes soos klaswerkboeke, penne, potlode … die dinge wat ons so vanselfsprekend aanvaar maar items wat ver en skaars is vir die mense langs die Oranje.

Hoekom? Onse Here se laaste opdrag was “Gaan maak dissipels van alle nasies” Daarom doen ek dit. Romeine 10 sê presies wat ek bedoel.
Ek kan natuurlik vir ou rooies vat en alleen gaan, as ek selfsugtig wou wees en die geleentheid en ervaring vir myself hou.

Hoekom juis op hierdie webblad? Ek is maar net gehoorsaam want iewers is daar iemand wat hierdie geleentheid moet kry, hierdie boodskap. Dalk is dit jy? Dalk die iemand wie jy hiervan vertel. Hoe sal ek weet? Maar HY weet en ek glo onomwonde dat HY ons stuur.

Jy kan:
· in gebed tree vir die uitreik
· dat hierdie uitreik in SY Naam en tot SY glorie sal wees
· dat die mense se harte ontvanklik sal wees
· dat ons wysheid sal ontvang
· dat ons slegs sal optree soos Die Heilige Gees ons lei

ons het jou en jou 4x4 ook nodig maar as jy nie ‘n 4x4 het nie, ons het passasiers ook nodig want daar is oop sitplekke

Die uitreikgebied?

Ons beplan om tot teen die Weskus te gaan: Alexander baai, Richtersveld, Eksteenfontein, Ghamoep, Pella, Goodhouse, Hengries, Concordia .. waar die Heilige Gees ons ookal mag lei.
Dan gaan ons na hulle luister en hoor wat is hulle behoeftes tov bedizening van die Evangelie – wat se hulp het hulle nodig? Wat kan ons hulle bide – met daardie inligting kom ons t’rug en die gemeentes kan dan daarvolgens programme opstel waar rondom toekomstige uitreike beplan gaan word.
Ek droom VERAL dat dit Jeug uitreike saal aanspoor – want die jeug is waar die toekoms van SY kerk le.
In die Engelse blaai het ek ook: A full report and the stats acquired will be made available to Gauteng churches around which they can plan and commit to future outreaches and support groups for a pastor in need, an orphan (or 100 or more???) with no means of support, a faltering old age home or shelter for the homeless.
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3453
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 155 times
Contact:

Re: UITREIK - Busmanland & verby

Post by Kagiso II »

... en so, as mens stil raak en Raad vra en LUISTER - dan hoor jy wat Sy wil in 'n saak is .
So het dit nou gekom dat hierdie komende uitreik baie op Kindertjies en Kinderbediening gaan fokus op Kinders en Kleuters van 2 - 12 jaar - aldus, 'n groot geskarrel - en Oompie vra of julle kan help, asseblief:
Ons benodig Christelike Kinder & Kleuter materiaal soos CD / DVD / Video, boeke en selfs plakkate.
Ons sal graag by die 'Villages' vir die outjies van die videos / DVD's wil wys - maar ook ON WIL DIT WEGGEE, vir die onderwysers, sondagskoolonderwysers, predikante, pastore, en wie ookal gemoeid is met die Evangelie bediening aan die kinders. - vir so vêr as wat ons gaan.

Kontak my per e-pos na: Nama.Uitreik@Gmail.com, asseblief.
Dankie Manne en Maninne [en die SWAMBO ook...]
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Post Reply

Return to “29. Events”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests