Which Fridge/Freezer ?

Q&A: Stuff to make your trips and camping more comfortable.
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 4 times

Re: Which Fridge/Freezer ?

Post by Pieter du Toit »

Hello ouens,

Frans ek gee glad nie om dat jy my naam noem nie - n man se opinie en eerste handse ervaring van n item is waar die waarde van raad inkom. JG jy slaan daai spyker op sy kop - my pa het altyd gese goedkoop koop is duur koop!! :naughty: Gerrit ja - ongelukkig kan jy nie die 80L Waeco met die kleineres vergelyk nie - n metaal body en proper isulation maak n MOERSE verskil. :oldtimer:

In my huidige 4x4 vriende kring is ons al 4 ouens wat die 50 (of 52L??) Waeco gekoop het - en al 4 van ons het die ding na die eerste trip gaan terug gee - en toe het ons mekaar nog nie een persoonlik geken nie!! Nee jammer mense maar ek kan vir jou n ordentlike coolbox gee wat goed beter koud gaan hou as n 52l Waeco!!! Gaan gebruik bietjie n 52L Waeco in ambient temperature van 35 plus - dan kyk jy hoe koud bly jou "yskas" binne in. Sorry - maar ek het 10 dae langs Clanwilliam dam gekamp in Des 2006 - en dis die gouste wat ek n ding nog gaan terug gee het. :thumbdown: Snaaks genoeg - tussen die ander 3 het 2 ouens ook elkeen n kellerman gekoop en die ander ou het toe ook maar die NL roete gegaan.

Ek was Des 2008 vir 10 dae in die Richtersveld - die temperature het elke dag gedraai oor die 40 grade - ons het soos verlepte blomme in die rivier rond gehang. My 80L NL het gewerk - en elke bier en koeldrank wat ek daar uitgehaal het was YSKOUD :thumbup: - En ek het na 10 dae die Richtersveld verlaat en die tweede been van my vakansie begin met vleis wat nog steeds gevries was. Die Waeco wat ek destyds gehad het se grade kon nie eers in die minus temperature in stel nie. :thumbdown:

Nee jammer maar daai plastic box wil ek nie verniet he nie - as ek hom persent kry verkoop ek hom sweerlik waar. National Luna bo!!! En as rand en sent n groot issue is is die Kellerman (wat my aan betref) die "next best thing". Ek ken glad nie snowmaster of minus 40 se produkte nie so ek kan my nie uitlaat daaroor nie. Net so terloops - Kellerman word gemaak deur ouens wat by National Luna gewerk het en toe van hul af weggebreek het - of so is dit aan my oor vertel. Die MD van Kellerman was blykbaar ook n groot kop by NL.

My opinie - for what it's worth!!!

Groetnis
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 4 times

Re: Which Fridge/Freezer ?

Post by Pieter du Toit »

Jules wrote:So gooi my met daardie redes om nie Waeco te koop nie
Jules wrote:Daar is natuurlik ook wye opinies oor BRAD HARRISON v HELLA PLUGS vir die konneksie agter. Wat gebruik julle??
Jules,

Om jou eerste vraag te beantwoord wil ek n stelling maak - en asb dis my persoonlike opinies en opvattings - nie enige experts s'n nie so daar mag forum lede wees wat met my gaan verskil. En ek glo daar is eintlik net een groot oorwegings rede - en dis krag verbruik wanneer op 12v:

1. Krag verbruik deur die yskas - onthou jy gaan die yskas of direk van jou kar battery hardloop of miskien n dual battery sisteem - maar krag verbruik speel n groot rol. So as jy vir n dag of drie op een plek staan sonder krag (Richtersveld bv) dan wil jy nie elke dag jou kar start en n draai gaan ry om jou battery te laat laai nie. Die 52l Waeco sover my kennis strek trek in die omgewing van so 4,5 amps per uur - dis BAIE!!! Kellerman, NL, Engel is van die yskaste wat die miste krag trek - dit so om en by 2,5 amps per uur. Iemand op die forum het extensive toetse tussen NL en Engel gedoen oor krag verbruik - en daar is wye opinies daaroor. NL roem daarop dat hul yskas die laagste kragverbruik het. En as die temperatuur bv op 0 grade gestel is sal die yskas koud maak tot 2 grade verby dit (-2) en die kompressor sal eers weer inskop as dit ook weer so 2 grade verby die o grade merk gaan. Dan speel ander faktore soos ambient temperatuur en hoeveel keer per dag daai yskas oop en toe gemaak word ook n groot rol tov hoeveel keer die yskas se kompressor gaan aan en af skakel.

2. Waeco - Waeco ykaste (die kleiner modelle) is van plastiek gemaak en de isolasie is van n baie swak gehalte. NL, Engel en Kellerman (selfs in die kleiner reekse) is almal dubbelwand isolasie en minimum 60mm - en hul karkasse is metaal (gewoonlik stainless steel). Baie beter isolasie word verkry met metaal as met plastiek.

3. My NL kan afstel tot by minus 30 grade - en glo vir my daai yskas VRIES KLIPHARD!!!! Kellerman stel af tot by minus 22 - en ek is nie seker tot waar gan Engel nie maar dis ook in daai omgewing. Die kleiner Waeco yskaste kan nie so laag afstel nie - in fact sover ek weet kan hul nie eers tot in minus grade stel nie.

Wil jy nog redes he??? :lol:

Jou 2de vraag is oor die plugs - hier is my ervaringe:

2. Die yskaste kom standaard uit met hella plugs - en ek gebruik ook myne so. Ek het hella plug fittings agter in my kar waarvan af my yskas hardloop op die dual battery sisteem en ook hella plug fittings in my Conquerer trailor - en ek het nog nooit probleme met die plugs ondervind nie. Brad Harrison is obviously n baie meer "secure" konneksie - maar ek het nog nooit gevind dat my yskas afsit of die hella plug uitglip van baie geskud nie - en my yskas het al vrek baie geskud!!! Why fiddle if it is workig fine!!!

For what it is wortth - my :mytwocents:
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Which Fridge/Freezer ?

Post by JG Shields »

Nog een laaste stuiwertjie van my af in hierdie armbeurs!

Ek is 'n Engel "fan" met NL as logiese 2e keuse. (Nee...ons praat nie rugby nie!!) Vergeet eers die redes waarom ek 'n Engel fan is. Die toets van die tyd le in die ervarings wat mens in praktyk opdoen. Dis hier waar ek met Pieter saamstem.

Ons kamp gereeld in Desember in beide Mosambiek en Botswana. In Mosambiek kamp ons groep van 5 voertuie vir 14 dae op plekke met geen fasiliteite nie en ons moet totaal selfversorgend wees. Veral in Mosambiek is die temperature bedgas uiters hoog, veral omdat 'n voertuig "aircon" nie ook 'n bietjie kan help nie. Ons neem al ons kos voorraad saam vir die 14 dae. Aanvullings tussen-in is uit. Energie (petrol kragopwekkers) is beperk en loop hoogstens 4 ure per 24 uur. Die vrieskas "management" is krities. Al die vrieskaste word op een koelte plek geplaas, slegs 2 keer per dag oopgemaak (vroegoggend word vanaand se vleis bo-op die bier in koelhouers gesit - vanaand word ys uitgehaal) en kry al die vrieskaste dieselfde hoeveelheid elektrisiteit om te sluk elke dag. Bykans al wat 'n vrieskas NAAM is het al probeer meeding, insluitende gas/12V/220V modelle asook die hedendaagse pogings tot kompressor modelle. Teen dag 7 - 10 moet die vrieskaste ge-herorganiseer word om die kos wat gevries moet bly gevries te hou. Dis dan wanneer die Engel en NL gebruik word as vrieskaste en die ander as yskaste. Die laaste paar dae word 'n Engel of NL selfs leeg gemaak en gebruik om ekstra vis te vries wat saamgaan huis toe.

In Botswana waar die voertuie elke dag ry en die yskaste elektrisiteit kry slegs wanner die voertuie ry (en 'n bietjie uit die 2e battery uit), gebeur dieselfde ding na 'n paar dae, veral met die vrieskaste wat agter in bakkies se kappies en tente ry en nie in "aircon" kajuite ry nie.

Geen teoretiese argument kan hierdie toets vervang nie.
Patrol fan!
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Which Fridge/Freezer ?

Post by KOOS BEST »

Ek beaam alles wat JG hier se.
Ek het al baie gekamp in my lewe sonder krag, met n Engel , vandag is die een stok oud , dit nog die Khaki kleur tipe en hy werk n 15 jr nog soos n droom. Lyk gehawend dit is al.
So pas weer gebruik vir n week in Balule slegs op n 2de battery, man die ding vries die bier al is dit 40 grade buite.
Die nuwe een is nog beter, agv n verkoeler waaiertjie wat dit meer doeltreffender maak.
Was ook saam met n vriend vir n week in wildekus, met sy NL 52 , gewerk soos n droom. Sy digitale display het daar die gees gegee maar die ding het nog darem gevries.
Koos
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
User avatar
Jules
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1641
Joined: 08 Apr 2009 09:13
Full Name: Julius
Nickname: Jules
Home Town: Rietjiesvlei, Zoeloeland
Current 4x4: Pathfinder
GQ Patrol
Home Language: AFR
Has thanked: 94 times
Been thanked: 75 times

Re: Which Fridge/Freezer ?

Post by Jules »

Dankie vir jul breedvoerige inligting, ek is juis in Mosambiek Guinjata Bay hierdie Desember so temp gaan erg warm wees. So lyk my die Waeco plastiese yskas gaan dalk te lig innie broek wees vir die ekskursie. Die kampplek by Guinjata Bay het ten minste kragpunt vir die yskas

Sal die naweek in Dbn bietjie weer kyk na Kellerman/NL/Engel. So lyk my daardie Single Malts Whiskies en 10 - 20jr oue Brandewyne wat ek wou saamvat die vakansie moet ek maar eerder investeer en n PATROL :clap: yskas koop en nie n TATA :lol: yskas nie

Nogmaals dankie vir insette
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 4 times

Re: Which Fridge/Freezer ?

Post by Pieter du Toit »

Jules,

:lol: :lol: - Goed gestel - partykeer moet ons maar die prioriteite so bietjie herrangskik ook as dit by prakties vs persoonlike keuses kom ne!!! Maar daai ou whiskeytjie en 20 jaar oue Brandytjie sou darem lekker :cheers: het met n "sundowner" so in n verre land weg van die beskawing af. Wil mos darem net weet ons is nog mens uit die beskawing ook ne!! :lol:

Sterkte met die yskas keuse en laat weet ons wat jy toe besluit / gekoop het. En na jy dit ook die eertse keer gebruik het.

Groetnis
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Which Fridge/Freezer ?

Post by KOOS BEST »

Jules wrote: Die kampplek by Guinjata Bay het ten minste kragpunt
Nou die grootste tip wat ek jou kan gee is die volgende. Al die ouens hier doen dit. Koop n nuwe klein chest freezer by MAKRO. Sit hom aan maak vol en laai in kar oppad Guinjata toe. Jy verkoop hom daar na jou vakansie teen n moerse wins aan die plaaslikke bevolking daar en bring dit glad nie terug nie. Jy maak vinnig n R 1000.00 by Guinjata chop chop. Chest freezers daar is hoog op I want list.
Jy sal sien laai die ding af in jou site, plug hom in en elke dag gaan die werkers jou vra of jy dit wil verkoop na die vakansie.
KOOS
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Which Fridge/Freezer ?

Post by JG Shields »

Nee Jules, moenie die versterkwater by die huis los nie! Redeneer eerder so:

1. 'n Goeie (Patrol kwaliteit) vrieskas is 'n langtermyn belegging. Jy kan selfs jou huispaaiement een maand mis om 'n goeie vrieskas te koop....ha..ha..
2. Jy gaan oor die jare baie...baie...baie geld spaar deur kos wat gevries gaan bly en nie weggegooi hoef te word nie.
3. Jy gaan na 'n paar vakansies nog 'n vrou he wat lief is vir jou omdat haar kos programme uitwerk.
4. Die versterkwater gaan jou help om sommer vinnig te vergeet wat jy vir die vrieskas betaal het!!!!!!!!!!!!!

Goeie idee oor die kombuis vrieskassie Koos. Guinjata is gelukkig nie die grootste uitdaging nie, juis omdat die elektrisiteit vir lang tye bedags beskikbaar is. Geniet dit Jules en dink aan ons wanneer jy daai versterkwatertjie met ys uit jou "Patrol" vrieskas geniet.
Patrol fan!
User avatar
Jules
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1641
Joined: 08 Apr 2009 09:13
Full Name: Julius
Nickname: Jules
Home Town: Rietjiesvlei, Zoeloeland
Current 4x4: Pathfinder
GQ Patrol
Home Language: AFR
Has thanked: 94 times
Been thanked: 75 times

Re: Which Fridge/Freezer ?

Post by Jules »

Ek het juis destyds so 2 jr gelede n Defy Chest freezer gekoop, juis een wat agter in my Patrol pas het hom uit Game gedra en gekyk of hy in die Patrol pas voordat ek hom gekoop het, dink dit was n 110 of 130L. Ek het hom spesifiek gekoop as mens Ponta d Oura toe gaan vir n week of so dat jy n lekker groot vrieskas het. Maar hy het nou al so deel van my vleis vries bestuurstelsel by die huis geword dat ek hom moeilik sal wil verkoop.

Ek het h/d jr besluit kom wat wil Yskas/Vrieskas koop ek, dreig nou al 3jr maar elke keer dan trek ek kleinkoppie as ek dit koste met die gebruik evalueer. Het egter gesien baie van die manne gebruik die yskas deur die jaar :salute: so dit maak :mytwocents: om so te investeer.

Die ontvanger sal maar tevrede moet wees met afbetaling op my skuld aan hom.
Op EISH ja!!!
Op EISH ja!!!
Van Rhyn 10jr.JPG (91.42 KiB) Viewed 2096 times
Groete
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 4 times

Re: Which Fridge/Freezer ?

Post by Pieter du Toit »

Jules,

Man so n bek moet botter kry - ek hou veral van die ou ontvangertjie wat maar die afbetaling sal moet aanvaar!!! :thumbup: Dis mos nou wat ek noem n man wat sy prioriteite agtermekaar het.

Net terloops - ek weet nou nie watter deel van onse ou landjie jy is nie - maar my vrou is n rekenmeester en ook (LW) geriggestreerde belasting konsultant by Oom SARS!! Nou ek wil nou nie windgat wees of iets nie maar my vrou ken haar storie - en die meeste mense wie se belasting sy doen en wat volgens hulle of hul konsultante moes inbetaal het sy voor geld terug gekry. En daar is geen skelm streke nie - ek dink nie jy kry n meer eerlike mens as my vrou nie - en omdat sy op n daaglikse basis met SARS werk vat sy geen kanse nie - maar sy sal elke sent wat sy kan terug eis vir n ou terugeis.

N Ou wat verlede jaar oor die R20 000-00 moes inbetaal het by SARS (volgens sy eie konsultant) se aanslag het sy afgekry na net onder die R7000-00 - dit se BAIE!!!! Ander wat volgens berekeninge tot en met R3 EN R4000-00 sou moes inbetaal het almal R2 - R3000 terug gekry na sy hul belasting aanslae oorgedoen het. En meestal is dit ook onkunde deur mense van wat hul mag terug eis en wat nie en hoeveel ens ens. So ja sy weet wat sy doen - en haar fooie is baie bilik. Ek staan onder korreksie maar ek dink sy vra nou R650-00 om n ou se jaar belasting aanslag vir hom te doen. En sy doen alles op e-filing - so jy en sy kry sms'e van alles wat met jou aanslag gebeur. Daar is kliente van haar wie se belasting aanslae sy nou minder as 2 weke terug al ingedien het en wie al reeds hul uitbetalings ontvang het.

Die verskil is my vrou het geswot en verstaan die goed - dis eintlik so maklik om belasting te doen dat elke 2de Jan Rap en sy maat op die bandwagon gespring het om geld te maak uit mense se onkunde - en dit maak my moerig. Daar is bleddie baie belasting konsultante daar buite wat nie n clue het wat hul doen nie - maar mense se onkunde uitbuit vir eie gewin.

So ja - se maar net as jy dalk bietjie hulp wil he - dit help baie as iemand anders met die regte kennis na die goed kyk!!

Groetnis
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
Post Reply

Return to “19. Overlanding/Camping Equipment”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 26 guests