Page 1 of 2

4x4Direct Patrol Snorkel

Posted: 30 Jul 2015 17:11
by Johannes van die See
Manne wie van julle het al n snorkel by 4x4 Driect gekoop vir n 2008 GU 4.8 GRX Patrol
Ek het een bestel en hyt gekom maar toe ek kyk voordat ek betaal het dinge nie reg gelyk nie.
Die snorkel gedeelte wat buite sigbaar is pas nie lekker op die pyp wat binne in die kant paneel na voor loop nie. Dit sit sommer los en daar was geen rubber seel of iets by om seker te maak dit is vas en geseel nie.

Het ons dalk iets mis of hoe?

As enige iemand al van 4x4Direct se snorkels self geinstalleer het help bietjie met raad asb

Baie dankie

Re: 4x4Direct Patrol Snorkel

Posted: 30 Jul 2015 18:28
by SJC
Een van die ouens op hierdie thread behoort te weet: http://www.patrol4x4.co.za/viewtopic.php?f=53&t=3150

Re: 4x4Direct Patrol Snorkel

Posted: 30 Jul 2015 18:31
by Tinus lotz
Het al baie opgesit myne josh micheal en nog baie ander manne het almal is happy jy moet net mooi kyk en mooi seel met silicone waar jy aan mekaar sit :thumbup:

Re: 4x4Direct Patrol Snorkel

Posted: 31 Jul 2015 21:23
by JoshJ
Neem aseblief n foto van jou airbox dan kan ek kyk of ek kan help. Weet nie of hy verskil van die 3.0liter sin. Die een op die thread beskikbaar op 4x4direct se website en die pdf van Ironman verskil die airboxe.

Re: 4x4Direct Patrol Snorkel

Posted: 03 Aug 2015 15:59
by Pieter B
Ek weet op die Hardbody is daar 'n verskil in lugfilter tussen die petrol en die diesel. In die petrol is die lugfilter noord na suid gemonteer en op die diesel is hy oos na wes gemonteer. Dit maak nogal 'n verskil want die lug inlaat op altwee is dan nou op verskillende plekke.

Re: 4x4Direct Patrol Snorkel

Posted: 07 Aug 2015 09:30
by Johannes van die See
Manne met n moewiese gestoei het ek reg gekom, dankie vir jul onderstening. :thumbup:

Image

Re: 4x4Direct Patrol Snorkel

Posted: 07 Aug 2015 12:39
by Stefan
Lyk baie goed!

Re: 4x4Direct Patrol Snorkel

Posted: 05 Apr 2016 19:45
by Stefan
Die een wat ek gekoop het sit ook los. Hoe het jy toe joune geseel?

Re: 4x4Direct Patrol Snorkel

Posted: 05 Apr 2016 21:13
by Tinus lotz
Koop better seal......daai goed werk goed ..... :thumbup:

Re: 4x4Direct Patrol Snorkel

Posted: 05 Apr 2016 21:40
by Stefan
Tinus lotz wrote:Koop better seal......daai goed werk goed ..... :thumbup:
Wat is dit? Waar kry mens dit?

PS. Watter dikte en/of tipe pypies het mens nodig om die ratkas en diff breathers tot in die snorkel te verleng?