Page 1 of 1

'n Stel Patrolspanners?

Posted: 17 Jun 2017 07:53
by Ds J
Rede vir die vraag: ek besit nie eers 'n volledige stel sokke of spanners nie :confused: (En dit wat ek het mag ek nie hier noem nie :biggrin: ). Dit raak dus tyd dat ek die nodigste aanskaf.

'n Hilux het eintlik net vier spannergroottes nodig: 12, 14, 17, 19. Dit beteken 'n "ratchet" met 'n verlengstuk, vier sokke en vier ringspanners om die Hilux aan die gang te hou.

Watter spannergroottes kort ek vir die Patrol?

Re: 'n Stel Patrolspanners?

Posted: 17 Jun 2017 08:26
by Clem
Why would you need spanners for a Patrol? It is not a Toyota after all… ;-)

Re: 'n Stel Patrolspanners?

Posted: 17 Jun 2017 09:35
by Ds J
"Buy a Patrol" they said. "It won't let you down" they said.

Nou staan ek in die koöperasie en soek na spanners. :helpsign:

Niks ernstigs nie - net twee boute (uitlaatpyp en turbo) wat losgeskud het.

Re: 'n Stel Patrolspanners?

Posted: 17 Jun 2017 10:49
by Clem
I do not really know but I would simply get a full set from size 6 through to about size 21. They are not all that expensive nowadays. At least with a Patrol you have the advantage of knowing that everything is metric, unlike with some of the older Land Rovers.

Re: 'n Stel Patrolspanners?

Posted: 17 Jun 2017 11:11
by Michael
Jaap, ek het n stel 6 - 22 spanner stel by Makro asook die volgende:
Tang
Lang bek tang
Side cutter
Bobejaan spanner
Shifting
Stel skroewedraaiers
Stel allen keys

Als pas in n klein tool sak wat ek sommer onder my sitplek le.
Hoop dit help.

Re: 'n Stel Patrolspanners?

Posted: 17 Jun 2017 19:05
by Ds J
Baie dankie, ek sal daarna kyk. Om verder uit te brei - ek vermoed 'n rol draad, duct tape, 'n paar cable ties en sekerings en gloeilampies sal beslis nie skade doen nie?

Re: 'n Stel Patrolspanners?

Posted: 17 Jun 2017 19:06
by Peter Connan
Daai selfde vier Hilux-spanners gaan 90% van die Patrol ook kan los of vas maak.

Kyk net wat jy nodig het om die battery los te maak, dit kan dalk 10 en/of 13mm wees

Re: 'n Stel Patrolspanners?

Posted: 17 Jun 2017 19:14
by Ds J
Peter Connan wrote:Daai selfde vier Hilux-spanners gaan 90% van die Patrol ook kan los of vas maak.

Kyk net wat jy nodig het om die battery los te maak, dit kan dalk 10 en/of 13mm wees
BAIE BAIE DANKIE!!! DIT IS WAT EK GRAAG WOU HOOR!

Re: 'n Stel Patrolspanners?

Posted: 17 Jun 2017 23:58
by Kagiso II
Hmmm - ek is NIE mekkie nie .. maar het n stel spanners van 6 tot 24 en 'n 32
MAAR ek het sockets en spanners van elk alles bo 12 [hoeveel keer al gekry ek wil n ding losmaak, dan draai die moer in die rondte .. as 'k nie di ebout se kop ook vashou nie en daarvoor het 'k TWEE van daai size nodig
Dan ook .. ek het 3 nommer 10e en 3 nommer dertiens MAAR 2 van die 13's is missing
en al my 10'e is ook weg.
Daai grootte wat die sleephaak se boute vastrek is ook nodig nes jy meer as 300km van die huis of naaste dorp is'
O-ja, dan ook daai kleinnnn skrowedraaiertjies met Philips en platbek

Watter grootte boute het jy op jou dakrak?

So-ja, nou lekker spanner inni worx gegooi
Lekker slaap Doom

Re: 'n Stel Patrolspanners?

Posted: 18 Jun 2017 07:15
by Ds J
Hauk Oom Kagiso, ga' ke tsebe 'lo dakrak! :biggrin:


Maar ek verkies intussen 'n goeie handvatsel met skroewedraaier "bits", net omdat dit veelsydige is en nie soveel plek vat nie. En as die bit uitgewerk is is hy maklik vervangbaar.