Jammer, sien nou-eers hierdie posts.
Ek ry nou my derde Patrol en die eerste ding wat ek doen sodra ek die voertuig ontvang, is om van die piep-piep geluid ontslae te raak. Dit neem ongeveer 3 minute en dit behels die knip van een draadjie. Jy haal die rubberomhulsel van die deurknoppie op die deur se raam af, skroef die plug los, onderskei watter draadjie maak die dakliggie werk en watter een werk op die sleutelsensor (ek dink dit is die onderste een - daar is net twee draadjies), knip die draadjie af en problem solved.