Ungili lek Anti-Freeze!!

Can't find a category above, then post here
Post Reply
User avatar
Herrie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2999
Joined: 08 Apr 2009 07:17
Full Name: Kobus Pienaar
Nickname: Herrie
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 55 times
Been thanked: 93 times

Ungili lek Anti-Freeze!!

Post by Herrie »

Het Saterdag in Borakalalo gaan werk - is 05h30 uit Pretoria en die demister wou nie so goed soos gewoonlik werk nie. Daar was 'n snaakse reuk in die Patrollie maar kon dit nie opspoor nie.

Gister oggend by die werk sien ek nat kolle op die pad en gister middag 'n groot nat kol onder die passesiers kant.
Het die bonnet oopgemaak en sien toe dat daar anti-freeze druppels is in 'n gaatjie in die fire wall - seker waar die aircon water uit kon. Die radiator kert toe so 2 liter water.

By die huis het ek die probleem begin soek en vind toe dat die matte aan die passesiers kant nat is en dit lyk of dir miskien die heater radiator is wat lek.

Om die radiator uit te kry lyk na groot werk! Miskien wat ek moet doen is om eers kerriepoeier in te sit en sien of die lek ophou - dit het puik gewerk met die vorige engin radiator.

Enige ander voorstelle?
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
User avatar
Wheels
Senior Member
Senior Member
Posts: 161
Joined: 09 Apr 2009 08:32
Been thanked: 2 times

Re: Ungili lek Anti-Freeze!!

Post by Wheels »

Herrie dit is baie werk daardie as jy die binneste radiator wil reg maak. Probeer eers die kerrie trick. Ek het Sondag ook my Patrol se radiator sien lek Het hom laat reg maak en 'n nuwe boonste top tenk laat op sit. Die radiators word so goedkoop moontlik gebou om Nissan geld te spaar.
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Ungili lek Anti-Freeze!!

Post by JG Shields »

Ek vertrou daai kerrie net so min soos hulle se "vervaardigers". Dit prop dalk die gaatjie vir eers toe, maar wikkel die gaatjie dalk weer oop waar, en wanneer jy dit die minste wil he bv in die Botswana bosse.
Patrol fan!
User avatar
Herrie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2999
Joined: 08 Apr 2009 07:17
Full Name: Kobus Pienaar
Nickname: Herrie
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 55 times
Been thanked: 93 times

Re: Ungili lek Anti-Freeze!!

Post by Herrie »

Ok, die kerrie poeier het nie gewerk nie! Het toe maar die twee pype by die firewall losgemaak en aanmekaar gekoppel.
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
User avatar
David
Patrolman
Patrolman
Posts: 723
Joined: 17 Dec 2009 12:42
Full Name: David Prinsloo
Nickname: David
Home Town: Stellenbosch
Current 4x4: 2006 Patrol 4.8 GRX
Home Language: Afrikaans
Location: Stellenbosch
Has thanked: 2 times
Been thanked: 48 times

Re: Ungili lek Anti-Freeze!!

Post by David »

Ek verstaan dat 'n ou kerrie poeier gebruik vir 'n noodgeval in die middel van 'Gat sonder Water' om jou by die huis te kry maar ek sal nooit andersins die gemors in my waterstelsel gooi nie - daar hoort net water en anti-freeze!
Flush die gemors uit - dit pak aan waar dit nie moet nie en wanneer dit werk is dit net 'n kort termyn hulp wat jou later op die slegste tyd gaan in die steek laat.

Bygesê - My ou Safari het ook maar so sonder 'n 'heater' klaargekom - Jy trek maar net warm aan in die winter :confused:
2006 Patrol 4.8 GRX Tiptronic Y61/GU(4)
ARB Bullbar, BZT rear bar, TJM 2" Suspension, Snorkel, LT 285/70/17 BFG KO2's, 40L Engel

Stop Rhino Poaching Supporter!
Post Reply

Return to “15. Other Patrol Stuff”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 17 guests