Jules wrote:... dat jy nou so n hardebaard verruil vir n sagtebaard ...
Ja dis swaar maar ook lekker... het maar hartseer van die ou Safari ontslae geraak want ek het presies geweet wat hy kan doen ... die nuwe een moet nog vir my wys
Jules wrote:... As ek weer vir my dogter in matieland daar in Skelmbos kom kuier sal ek jou opsoek
Jy is welkom
Jules wrote:... Het jy al n fototjie van jou nuwe lorrie geplaas
Nee - hy moet darem op die regte plek wees voor ek 'n foto van hom neem...
Nice fototjie, ek sien jy het die Tarzan version van die ARB Bullbar op, vir interresantheid wat was jou brandstof verbruik, ek kyk daarna om later vir my n 4.8 te kry en probeer sover as moontlik maar verskeie manne se brandstof verbruik kry
Shalom
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
Beste verbruik op die trippie was 5.3 km/l maar gemiddeld oor 6000 km was so 4.5km/l.
Met 'n wind van voor en alles op die dak het ek darem nog 4.3 km/l gekry terwyl ek so +- 130km/h gemiddeld probeer hou het op die teer.
Ek het al die grondpaaie in 4H gery vir ekstra stabiliteit en met al die krag van die 4.8 het ek 4L slegs vir Van Zyls Pas gebruik om die spoed af te hou.
Dit lyk nie of 4H enige verskil aan my brandstof verbruik gemaak het nie want al my grondpad syfers is beter as die teerpad wat in 2H gery is.
Nie sleg nie Dave ek het syfers van so 3 - 3.5km/l verwag met daardie dak wat so gelaai was. As ek gewoonlik my lorrie erg laai en n trailer sleep met rooftop tent op kry ek ook so tussen 4.5 - 5km/l en dit is maar met my 4.2L petrol Lorrie met 125Kw onder die deksel.
Dankie vir terugvoer
Shalom
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
Skies, ek lees die laaste drie dae alles op die forum en het nou eers op die een afgekom. Mag ek vra wat se verbruik jy normaalweg kry?
My 4.2 loop op 33"x12.5"x15"BFG A/T's en dra altyd 'n dakrak (gewoonlik het hy net die jack op) en kry maar 4.2-4.5 in die dorp. Op my onlangse trip Botswana toe het ek egter heelwat beter gedoen. Ek sleep nie maar ek het 4 mense in die kar en klomp strooi op die dak, en het 5.48 gemiddeld gekry vir die 4100km, maar op die teer het ons meestal 100km/h gery. My motor is nog dood standaard en werk nog met punte en vergasser. Die luginlaatstelsel is ook nog standaard maar die uitlaatpyp is free-flow.
Ek werk op 6km/l vir alle daagse gebruik werk toe en terug, doen daagliks 44 km werk toe en terug en een keer n week na ons steengroef so 48 km, ek hardloop 31X10.5XR15 BFG AT en my banddruk hou ek op so 2.1 na 2.2 , hy ry wel gemakliker op 1.8 maar dan is my brandstof verbruik seker so 5.7. Beste wat ek nog gekry het was 7.7 erg swaar gelaai met 3 mense aanboord maar dit was net na dat ek alle olies vervang het ( diffs, ratkas, en enjin ) en het n wind van agter gehad
As ek langpad ry en swaar gelaai is pomp ek die bande so 2.8 - 3 bar , trippies na Ponta D' Oura gewoonlik swaar gelaai en dan ry ek so 120 - 130km/h dan is my verbruik so 5.5. My slegste nog was 4.7 as ek reg onthou , 5 mense sleepwa met rooftop tent en gery teen 140 - 150 om grenspos oop te vang
Groete
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer