Ungili se Starter

Post Reply
User avatar
Herrie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2999
Joined: 08 Apr 2009 07:17
Full Name: Kobus Pienaar
Nickname: Herrie
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 55 times
Been thanked: 93 times

Ungili se Starter

Post by Herrie »

Ek het die laaste paar weke baie probleme met die Patrol se starter gehad. Dit het begin met 'n segment van die komutator wat los gegaan het en al die borsels af gebreek het. Ek het hom laat recon en toe hou hy 'n maand toe gebeur dit weer. Weer ge-recon en toe hou hy presies 4 starte en weer kom 'n segment los - ek vertel toe vir die ou dat sy mense wat die recon doen ken nie hulle werk nie.

Ek koop toe 'n nuwe starter by BRENO vir R1625-00 en sit hom laas Vrydag in en laat BRENO sommer die armature recon. Toe ek die armature terug kry sit ek hom aanmekaar en pak hom sommer in vir ons trip Kgalagadi toe. Vrydag net buite Sannieshof, kom ek agter dat die aircon nie meer werk nie. By Vryburg stop ons en toe sien ek dat een van die alternator se belde - wat ek 2 naweke terug vervang het - gebreek het en blykbaar op die aircon se belt geval het en die van die pulley afgedruk het. Ruil toe weer alby belde en die aircon s'n.

Gister oppad VanZylsrus toe - met nog 10km om te gaan op 'n grondpad - is daar steurings op die radio wat ek toe maar afsit. Net daarna sny die Patrol uit en daar is 'n elektriese brand reuk. Daar is niks wat werk nie - vind onder die enginkap dat die ABS???? fuse (30A) geblaas het. Vervang toe die fuse toe werk alles weer behalwe die starter! Bel die eienaar van VanZylsrus Hotel en die kom help my toe. In tussen jaag daar 'n Hardbody by ons verby sonder om te stop!

Ons sleep toe die Patrol aan die brand en als werk behalwe die starter natuurlik. By die hotel haal ek die starter af en sien dat die bendix beskadig is en ek dink die starter het probeer inskop terwyl ek op die grondpad was. Toe hy natuurik inskop jaag hy 'n klomp krag in die electronics in - hy het mos 'n reduction gearbox so hy moes redelik vinnig gedraai het met die engin teen 2500rpm! Dit wil my voorkom asof daar 'n probleem in die ignition is.

Ek sit toe maar die ou starter terug en sit ook toe 'n skakelaar op die solenoid se draad sodat ek die krag kan onderbreek hou nadat die engin gestart het. Ons kamp tans in Askam en het geen probleme gehad sover nie. Vertrek more Tweerevieren toe.
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
User avatar
Tjaart
Senior Member
Senior Member
Posts: 329
Joined: 29 May 2009 16:08
Full Name: Tjaart Janse van Rensburg
Nickname: TJ
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Patrol 4500 GRX
2000
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria
Been thanked: 2 times

Re: Ungili se Starter

Post by Tjaart »

Dis 'n irriterende ding tog.

Ek hoop Oom kom reg en geniet die res van die trip. Ek't my starter ook laat recon, maar het geen probleme.

Sterkte en mooi ry
THE BRAVE
says
Aut PATROL aut nihil

Aut vincere aut mori
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Ungili se Starter

Post by KOOS BEST »

Ons hoop alles loop nou voor die wind.
Daai springbokke daar pronk nou seker die heeltyd.
Stuur fotos van die pronkende bokke en n mooi maanhaar.
Koos
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
Post Reply

Return to “13. Electrical & Electronics”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 15 guests