Page 1 of 1

Climate control fan

Posted: 02 Apr 2014 07:40
by gertrossouw@live.com
My Patrol se waaier pla.1999 4.5 GRX. Die waaier het net ophou werk maar aan die agterkant van die voertuig werk dit 100%. Ek het al die" fuses" en waaier na gegaan die fout is nie daar nie. Wat my pla as ek die waaier se 2 drade onder die paneelkassie toets kry ek 12.05V op een en 11.3V op ander inplaasvan Aard en 12V. Waar kan ek Fout soek ? Is bang om my voertuig na enige janrap en sy maat te vat van hulle "brug" sommer hier en daar met "relay" en soek nie fout nie. :helpsign:

Re: Climate control fan

Posted: 02 Apr 2014 10:48
by Tinus lotz
As ek n voorstel kan maak kry die wiring diagram in die manual sodat jy weet watter een om te toets het daai fan nie n speed control op nie ? Dit is n moeilike een miskien met graham praat ? Dawid volskenk kan jou dalk help met spares as jy soek????

Re: Climate control fan

Posted: 02 Apr 2014 14:45
by gertrossouw@live.com
Dankie sal ek op web een kan aflaai?

Re: Climate control fan

Posted: 02 Apr 2014 15:17
by Tinus lotz
Ja of kontak vir kobus herrie op die forum miskien kan julle by mekaar uit kom?

Re: Climate control fan

Posted: 03 Apr 2014 11:03
by DawidT
Ek weet nie of jy dieselfde tipe waaier controls het as die eerste 4.8 GRX nie? Myne het so gemaak en ek het agter die dash n boksie gekry met bietjie elektroniese komponente in. Op die einde van die dag het die "heat fuse" gegroet. Hom self uit soldeer en n nuwe een gekoop asook n soldeer bout en draad - alles dink ek het my so R100 gekos! Hoop dit help!

Re: Climate control fan

Posted: 03 Apr 2014 17:32
by gertrossouw@live.com
Dankie dit was die "heat Fuse" hulle noem hom ook "Temperature resistor" en die "boksie" is 'n fan control amp.
Langs waaier onder paneelkassie
Langs waaier onder paneelkassie
IMG-20140403-00064.jpg (93.07 KiB) Viewed 5740 times

Dit is hoe hy lyk die "fan control amp" boksie hy sit agter paneelkassie as jy hom uithaal.
Van bo
Van bo
IMG-20140403-00063.jpg (156.45 KiB) Viewed 5740 times
Van voor as jy plastiek "cover" afhaal
Van voor as jy plastiek "cover" afhaal
IMG-20140403-00062.jpg (201.07 KiB) Viewed 5740 times
Dan is dit die "Temperature resistor" (140⁰C 2 A) as jy hom uithaal. Jy kan hom in "boksie" toets tussen "1" en "2" moet lesing gee.As hy oop is is hy m-toe. Al die punte tussen 1-5 moet soldeersel los gemaak word om "pc-bord" uit te kry.
Uitgehaal R12.50 gekos
Uitgehaal R12.50 gekos
IMG-20140403-00061.jpg (210.22 KiB) Viewed 5740 times
Nuwe een ingesoldeer.Soldeer als vas en dis dit einde van my probleme. :eureka: :thumbup:
Nuwe een reeds in
Nuwe een reeds in
11partsinstalled.jpg (90.39 KiB) Viewed 5740 times

Re: Climate control fan

Posted: 03 Apr 2014 20:35
by Tinus lotz
Netjies .....mooi man bly jy het reg gekom. :thumbup: