Page 1 of 4

Leaning suspension

Posted: 14 Feb 2013 20:49
by petrol
Hello almal

Ek het n 4.5 grx 2000 model met 185000 km wat na regs hang. Die voertuig het ook geen additionele toebehore nie en die sub petrol tank is ook leeg.
Voor is die regterkant 3cm laer as die linkerkant en agter is die regterkant 2.5 cm laer as die linkerkant.
Dit is nou met standaard vere en skokbrekers.

Ek het gedink dit is die vere wat klaar is en besluit toe om dit te vervang met ironman se performance stel vere en skokbrekers.

Dit het die voertuig se hang na regs so kleinbietjie verbeter.
Die verskil is nou 2.5 cm voor en 2 cm agter.

Die voertuig staan nou al vir amper twee weke by autoquip in Centurion waar die stelsel geinstaller was.(het hom vandag weer gaan haal)

Christo van ironman is raadop.


Is daar enigiemand wat n soortgelyke probleem gehaad het of enige advies sal gaaf wees.

Groete
Martin

Re: Leaning suspension

Posted: 15 Feb 2013 08:51
by Marino4x4
Hi

My 1998 4.5 GL le ook effens na regs. Het ook al nuwe vere ingesit en is bietjie beter. Ek het nog nie baie tyd spandeer om die probleem op te los nie. Sal jou laat weet as ek iets kry.

Groete

Re: Leaning suspension

Posted: 15 Feb 2013 20:48
by petrol
So dit wil voorkom of dit dalk n algemene probleem kan wees.
Sodra ek uitvind wat dit is sal ek ook laatweet.

Re: Leaning suspension

Posted: 15 Feb 2013 23:17
by Kagiso II
ughmm ughmm -- die eerste eienaar se 'diet'het nie gewerk nie?? :rolling:

Re: Leaning suspension

Posted: 19 Feb 2013 08:05
by XenoBlitz
Ek het presies dieselfde probleem. n Spacer bo die regter voorste veer het dit vir my beter laat lyk. Dis los nou seker nie kern van die probleem op nie, maar dit lyk ten minste beter. :mytwocents:

Re: Leaning suspension

Posted: 19 Feb 2013 20:07
by petrol
Hi

Ek gaan die naweek my eie diagnose doen so sal die naweek een of andertyd laat weet.

Ek sal ook dalk maar die spacer roete gaan, ek sal dit regs voor en regs agter moet insit.

Groete

Re: Leaning suspension

Posted: 07 Mar 2013 13:07
by Stefan
Hang hy na regs as jy voor die voertuig staan en vir hom kyk, of terwyl jy in hom sit?

Re: Leaning suspension

Posted: 08 Mar 2013 20:49
by petrol
Hi wanneer jy in die voertuig sit dan le hy oor na regs

Re: Leaning suspension

Posted: 09 Mar 2013 09:19
by Tommie
Maats.

Eke het ook 1998 4,5 en glo my daai probleem het ek ook. Ek het die probleem allenlik gekry toe ek van n 50mm lift gegaan het na 75mm lift. Al wat ons gedoen het was om spacers in te sit. Ons het daai probleem al probeer uit redeneer met baie slim en baie "DOM" mense ook, nerens kon ons die antwoord kry nie. Volgens my is die biekei onverklaarbaar. Ek het eers efs susspensie in gehad, dit uit gehaal en toe tjm ingesit. Die probleem is dus opgelos met spacers. As iemand dit kan verklaar sou ek bitter graag wou weet wat die probleem was. Die "DOM" mense wou vir my se dat my Patrol se chassis gebuig is. Julle kan maar net dink wat ek hulle geantwoord het.

Groete.

Re: Leaning suspension

Posted: 09 Mar 2013 12:48
by Jorrie
Tommie met al die krag wat jy nou het moet jy oppas om nie die suspension te buig nie. :biggrin: :rolling: