Ek het gister n 4.2 bakkie by David op Warmbad gaan haal. Op pad terug stop ons vir n koeldrank langs die N4. Sukkel om die deur met die sleutel te sluit. Sonder om verder te dink druk ek die knop binne in die kajuit voerentoe, hou die handvatsel op en druk die deur toe. Raai wat, toe ons verder wil ry kry ek nie die deur oopgesluit nie.
Na n skiet gebed, n paar oproepe en baie sukkel kry ons die deur oop en ry huis toe.
Vanoggend vroeg begin ons die voertuig deurgaan sodat sy die padwaardigheid toets kan slaag.
Die een deurpaneel is gehawend, besluit om nuwes te maak, so die panele word afgehaal. Ek haal die deurslot aan die bestuurders kant uit spandeer n halfdag maar kan nie die probleem opspoor nie. As jy die sluit meganisme met die hand help dan sluit die sleutel die deur oop en toe sonder n probleem. Sonder hulp voel dit of die sleutel gaan breek. My werkers is besig om die gereedskap weg te pak met tjaila tyd, ek besluit nog een keer probeer. Hier vang my oog die probleem.
Die link wat van die deurslot na die sluitknop toe gaan beweeg deur n wit plastiese part. Hier druk die link teen die bokant van die plastiek, die wrywing is te veel en met die sleutel sukkel jy om die deur te sluit. Ek buig die link sodat daar spasie aan die bokant is en die sleutel en slot werk soos n nuwe een. Buig die link aan die passasieskant met dieselfde gevolg.
My beskywing is miskien moeilik om te volg, ek het gaan probeer om fotos op te laai. Die laaste foto het n geel pyl op. Hierdie punt is waar die probleem is.
Miskien kan my gesukkel vandag iemand eendag baie moeite spaar.
Deurslot probleem en oplossing
-
- Full Member
- Posts: 39
- Joined: 27 Dec 2015 09:25
- Full Name: Iaan du Toit
- Nickname: Iaan
- Home Town: Sabie
- Current 4x4: Patrol pickup
Patrol 4.8
Hilux D4D - Home Language: Afrikaans
- Has thanked: 10 times
- Been thanked: 43 times
Deurslot probleem en oplossing
- Attachments
-
- 3.jpg (82.72 KiB) Viewed 2998 times
-
- 2.jpg (71.28 KiB) Viewed 2998 times
-
- 1.jpg (90.62 KiB) Viewed 2998 times
Wat ek is, is net genade.
Wat ek het is net geleen.
Wat ek het is net geleen.
- Tinus lotz
- Moderator
- Posts: 7579
- Joined: 29 Aug 2010 13:07
- Full Name: Tinus lotz
- Nickname: Tinus lotz
- Home Town: Centurion
- Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005
Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4 - Home Language: Afrikaans
- Has thanked: 800 times
- Been thanked: 549 times
Re: Deurslot probleem en oplossing
My een maak ook so ga somme more kyk dankie vir jou heel van die oplossing
Who is online
Users browsing this forum: No registered users and 7 guests