Voorkoming van krake op grondpaaie?

Ds J
Senior Member
Senior Member
Posts: 134
Joined: 23 Oct 2016 12:19
Full Name: Jaap Steenkamp
Nickname: Ds J
Home Town: Stella
Current 4x4: 1985 Hilux 4x4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 1 time
Been thanked: 7 times

Voorkoming van krake op grondpaaie?

Post by Ds J »

20170114_115627.jpg
20170114_115627.jpg (2.14 MiB) Viewed 3005 times
Dit is hoe my Hilux se bak kraak na 1150km oor Stella en Piet Plessis se grondpaaie.

Ek is besig om 'n 2000 Patrol 4.2TD stasiewa aan te skaf om by die Hilux oor te vat.

Dit moet 'n stasiewa wees want dit sal vir de volgende maande ons gesinsmotor wees.

Wat kan ek doen om dieselfde skade aan die Patrol te beperk?
User avatar
Tinus lotz
Moderator
Posts: 7579
Joined: 29 Aug 2010 13:07
Full Name: Tinus lotz
Nickname: Tinus lotz
Home Town: Centurion
Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005

Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 800 times
Been thanked: 549 times

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?

Post by Tinus lotz »

Maak seker dat jy eers om die kar loop en elke hoek en krannie kyk ....as jy n toyota bage sien.....brand hom.....jy kannie jouself met sulke dinge ophou nie....... :rolling: :rolling: :rolling:
Speel net die coil cab ga met n werkende suspension en regte grote bande teen die regte druk 2keer minder stamp


Glo my maar ek het albei in my vloot :salute:
User avatar
Alex Roux
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2627
Joined: 11 Jul 2011 10:54
Full Name: Alexander Roux
Nickname: Calculator
Home Town: Johannesburg
Current 4x4: 2004 GU 3TDi (Lexus) - aka "Witblits" (sold)
2005: GU TD42 - aka "Masewa"
1996: GQ TB48 conversion - aka "Skilpad"
1993: GQ SWB TB42 - aka "Shortie"
1985: MQ Patrol (Safari) SD33 - aka "Toro"
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 49 times
Been thanked: 240 times

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?

Post by Alex Roux »

Ek weet nie veel van voorkoming nie.
Maar ek het ook nog nie veel gesien in 'n Patrol wat kraak nie.
Die enigste plek wat ek van weet op die Patrol is op die groter afgterdeur, weens die spaarwiel wat dalk te swaar gelaai is, of nie goed vas is nie (myne het klein bietjie daar gekraak, voor ek die sparwiel op 'n swaai arm gesit het).

Probeer dak die Aussie forum om te sien waar Patrols dalk al gekraak het.
Skilpad, Shortie, Toro & Masewa
Ds J
Senior Member
Senior Member
Posts: 134
Joined: 23 Oct 2016 12:19
Full Name: Jaap Steenkamp
Nickname: Ds J
Home Town: Stella
Current 4x4: 1985 Hilux 4x4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 1 time
Been thanked: 7 times

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?

Post by Ds J »

Tinus lotz wrote: ... die coil cab ga met n werkende suspension en regte grote bande teen die regte druk 2keer minder stamp

Glo my maar ek het albei in my vloot :salute:
Ek glo jou maar ek weet nie presies waarvan jy praat nie!

Wat die wiel is "coil cab ga"?

En wat is dan die regte bande? Grootte, breedte ens asb? Ek het oorweeg om Pitbulls te kry want hulle oorleef die klippe.

Ek ry reeds my bande op 1.5bar en dit help al baie.
User avatar
Alex Roux
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2627
Joined: 11 Jul 2011 10:54
Full Name: Alexander Roux
Nickname: Calculator
Home Town: Johannesburg
Current 4x4: 2004 GU 3TDi (Lexus) - aka "Witblits" (sold)
2005: GU TD42 - aka "Masewa"
1996: GQ TB48 conversion - aka "Skilpad"
1993: GQ SWB TB42 - aka "Shortie"
1985: MQ Patrol (Safari) SD33 - aka "Toro"
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 49 times
Been thanked: 240 times

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?

Post by Alex Roux »

Ds J

Jy ken sker nog nie Tinus se "short-hand" nie.
"ga" beteken "gaan" soos ons die woord ken in Afrikaans.

Die Patrol wagon het coils voor en agter. Jou Hilux het bladvere agter wat hom harder laat ry en meer skok op die body gee, wat kan lei tot die krake.

Die regte groote bande vir sag ry en mider skok op die body sal afhang van die suspensie lift op die Patrol.
Met 'n 2" duin lift, kan jy gemaklik 33" bande (285/17/16) opsit. Bietjie meer profiel as die standaard 31" bande, en genoeg spasie tusen die bande en die body van die kar.

As jy nie lift het nie, sou ek bly by 31" bande.

Ek dink 1.5 bar is regte druk vir jou toestande as jy nie te hard jaag nie.
En sag genoeg om skok op die body op 'n minimum te hou.
Skilpad, Shortie, Toro & Masewa
User avatar
Tinus lotz
Moderator
Posts: 7579
Joined: 29 Aug 2010 13:07
Full Name: Tinus lotz
Nickname: Tinus lotz
Home Town: Centurion
Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005

Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 800 times
Been thanked: 549 times

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?

Post by Tinus lotz »

Jou bakkie het bladvere patrols suv het coils ....meer rubber op die sidewalls werk beter ...285 75 16 is die pad voorentoe met 3 lae in sidewalls cooper st max ,stpro bf ko2 en km2 as jy kan 15 fit is die 12.5 33 general grabbers mt ook goed ....ma nou ga almal my met klippe gooi .... :rolling: moet net nie na fanus luister oor tekkies nie hy glo marie biscuits is die regte ding .... :lol: :lol:
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6011
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1067 times
Been thanked: 985 times

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?

Post by Peter Connan »

Jaap, dit is nie die eerste keer wat ek hoor van Hiluxe wat kraak nie. Hulle is nogal hard geveer agter. Mense dink mos dis verkeerd as 'n bakkie se stert so 'n bietjie hang as jy hom laai.

Die Patrol met sy kronkelvere behoort reeds baie beter te wees in die verband.

Bandgrote is nie baie belangrik nie (alhoewel groter deursnee bietjie sal help), maar die konstruksie van die band kan 'n rol speel. En hier gaan ek met Tinus verskil. Hy dink 'n tire is nie 'n tire as hy nie drie lae versterking op sy sywand het nie. Nou ek het nog net een keer daar deur julle wereld gery, maar my eerste beste pel se skoonfamilie woon daar (op Piet Plessis, jy ken hulle dalk, die Mans familie?), en sover ek weet is dit meestal sand en gruis, en daar is nie veel probleme met klippe deur sywande nie? As die reg is, soek jy juis 'n sagter band.
Maar jy kan dit waarskynlik meestal DMV banddruk-verstellings uitskakel. Hou hulle net redelik pap, soos wat jy reeds doen, en maak seker jou skokbrekers is in 'n goeie toestand.

En moenie swaardiens-vere installeer as jy dit nie regtig nodig het nie, as jy soms swaar laai en die stert hang te veel, sit liewer lug-hulpvere in.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
Tinus lotz
Moderator
Posts: 7579
Joined: 29 Aug 2010 13:07
Full Name: Tinus lotz
Nickname: Tinus lotz
Home Town: Centurion
Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005

Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 800 times
Been thanked: 549 times

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?

Post by Tinus lotz »

Standard suspension loop mooi met 33 my eerste patrol was standaard hoogte en het 2 stelle 33 bande klaar gery .... :mytwocents:
User avatar
Tinus lotz
Moderator
Posts: 7579
Joined: 29 Aug 2010 13:07
Full Name: Tinus lotz
Nickname: Tinus lotz
Home Town: Centurion
Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005

Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 800 times
Been thanked: 549 times

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?

Post by Tinus lotz »

Ek hoor wat julle sê oor bande maar Gustav ry vrystaat paaie en daai dunlops waarmee sy cruiser uitgekom het ....het soos glad nie gehou nie ook nie die cooper at nie maar wel n goeie punt dat daar minder klippe op julle paaie is . As jy baie sinkplaat ry dan is daar maar meer gries punte ens waaraan mens aandag moet gee asook jou lug filter ens
Ds J
Senior Member
Senior Member
Posts: 134
Joined: 23 Oct 2016 12:19
Full Name: Jaap Steenkamp
Nickname: Ds J
Home Town: Stella
Current 4x4: 1985 Hilux 4x4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 1 time
Been thanked: 7 times

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?

Post by Ds J »

Baie dankie! Hierdie wêreld is ook die algemeen sand en gruis maar soms klippe ook. Volgens die plaaslike mense raak die meeste bande stukke die gesny omdat die paaie te min geskraap word.

Ons bly op Stella - ek het nie vars biltong nie maar sal graag 'n koppie koffie aanbied as iemand dit hierheen wil waag.
Post Reply

Return to “11. Chassis, Bodywork & Trim”

Who is online

Users browsing this forum: Majestic-12 [Bot] and 7 guests