Patrol Pics



Voorkoming van krake op grondpaaie?

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?

Postby Kagiso II » 16 Jan 2017 13:26

Dominee Jaap .. Gaan jy di eToy bakkie ook nog hou of gaan hy verander in Patrol?
As jy die Toy hou .. Sit hom CAMIL suspensie in. Bridgestone Dueller stamp BAIE minder as meeste van die ander A/T bande. Bly weg van BFG vir daai sleg paaie

Op die Patrol vir wat jy hom voor wil gebruik is sy eie oorspronklike suspensie die beter opsie .. veral as hy al reeds n klompie KM op het en "sag" gery is [soos die krieket bal :-) ]
1,5 vir jou wereld is ideaal.
[Is Lendus de Villiers nog op Piet Plessis?]
:oldtimer:
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
 
Posts: 3429
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 208 times
Been thanked: 81 times
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS

Re: Voorkoming van krake op grondpaaie?

Postby Ds J » 16 Jan 2017 14:46

Kagiso, ek het vol bravade hier opgedaag met die Hilux "want hy sal mos die werk kan doen." Ek het grootgeword met die bakkie en het 100% vertroue in sy vermoëns.

Ten minste - dit was die gedagte en baie mense het saamgestem dat so 'n bakkie in daardie puik toestand juis die regte voertuig vir die wêreld is.

Met die ryery het hy gestamp en geskud soos ek hom ken. Dit was totdat ek hom ses weke later deurgekyk het en gesê het hoeveel skade daar skielik bygekom het. Dit breek my siel om die ou wa so te sien vergaan!

Ek wil hom nie verkoop nie want dit was pa se bakkie, maar om hom stukkend te ry is " 'n erger sonde". Ek sal hom verkieslik wil hou maar die geld kan 'n baie beter nuwer voertuig moontlik maak. En as hy bly staan ry ek hom dalk net werklik flenters . Wat het ek dan? 'n Goeie maat het enkele jare terug eerste opsie gevat het en hom sal oppas.

Ek het intussen met enkel Patrol- en Safari eienaars gepraat. Hulle het nie probleme gehad nie, selfs in hierdie wêreld.
Ds J
Senior Member
Senior Member
 
Posts: 150
Joined: 23 Oct 2016 12:19
Has thanked: 1 time
Been thanked: 7 times
Full Name: Jaap Steenkamp
Nickname: Ds J
Home Town: Stella
Current 4x4: 1985 Hilux 4x4
Home Language: Afrikaans

Previous

Return to 11. Chassis, Bodywork & Trim

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest