Page 1 of 1

Is dit veilig om n safari te a-frame

Posted: 14 Dec 2016 12:54
by Reenen
Kan ek my Safari veilig A-frame vir 300km sonder om propshaft af te haal. Net tc en gearbox in neutral???

Re: Is dit veilig om n safari te a-frame

Posted: 14 Dec 2016 13:30
by Michael
Reenen, ek glo nie dis n probleem nie. Daar is niks wat kan verkeerd gaan nie :thumbup:

Re: Is dit veilig om n safari te a-frame

Posted: 14 Dec 2016 15:05
by Herrie
My 1983 model is nog steeds in 'n goeie kondisie en het al meer as 340000km en ek is baie gelukkig met hom en kan ook baie goed 4x4 ry met hom! :thumbup:

Re: Is dit veilig om n safari te a-frame

Posted: 14 Dec 2016 15:39
by IanT
Don't see a problem doing that, just don't get bust by the cops! Anything above 750kg is supposed to be braked when towing :surprised:

Re: Is dit veilig om n safari te a-frame

Posted: 14 Dec 2016 15:51
by Alex Roux
Hi Reenen

Ek sou die propshaft agter los maak.
Daar is altyd 'n kans, hoe klein ook al, dat die Safari in rat kom, dan voeter jy hom op.
Doen dit eers na jy die A-frame vas het, want na die propshaft los is, werk jou handrem nie meer nie.

Re: Is dit veilig om n safari te a-frame

Posted: 14 Dec 2016 17:35
by Tinus lotz
Ons het altyd ons suzuki sj410 so henties toe gesleep agter die hi ace kombi en die trailer agter hom .....eendag toe is daar n gat in die pad en toe spring die transfer in rat....amper die kombi omgegooi want wiele het gelock op 120 :surprised:
Nuwe transfer nuwe ratkas en nuwe skoon onderbroeke :lol:
Het toe j brackets gemaak en dit het 5min n kant gevat om voor en agter propshafts los te maak op die diff flange en in j braket te sit .....dis die regte veilige plan :woo:

Re: Is dit veilig om n safari te a-frame

Posted: 14 Dec 2016 19:13
by Tommie
Reenen.

Het al Yster Noordkaap toe en terug gesleep agter my 3.2 Ford. Geen probleem, maak net seker dat altwee die ratkaste in neutraal is.

Re: Is dit veilig om n safari te a-frame

Posted: 14 Dec 2016 19:29
by Dungbeetle
Tommie wrote:Reenen.

Het al Yster Noordkaap toe en terug gesleep agter my 3.2 Ford. Geen probleem, maak net seker dat altwee die ratkaste in neutraal is.

+1
Voorste Hubs in Neutral / Auto
Transfer box in Neutral
Gewone box in Neutral
Los Prop Shaft net so

EN LOS SLEUTEL IN, MAAK SEKER STUURWIEL SLUIT NIE - sorry ek skree maar dis belangrik

Re: Is dit veilig om n safari te a-frame

Posted: 28 Dec 2016 07:32
by Reenen
Het hom gehaak agter my NP300, net om te toets. Die np300 stuur toe nie die safari se neus, maar die safari die np300 se gat.

Plan was om hom te sleep agter navara, maar as hy so speel met no300 teen 10km/h, vat ek nie die kans met navara teen 80 nie....

Het hom toe maar net self gery op vakansie, vroulief het haar navara gevat.

Re: Is dit veilig om n safari te a-frame

Posted: 28 Dec 2016 08:25
by Alex Roux
Is dit dan net 'n funksie van gewig?