Page 1 of 1

Safari wheel bearings

Posted: 21 Jul 2015 19:50
by ChevySS
Manne

Ek sukkel my ga# af om wheel bearings vir my Safari bakkie se voorste hubs te kry, die nar by Nissan kan net 'n kompleet hub met bearing aan my verkoop vir R3500 per hub....Bearing man het geen clue, so ook SKF, nie te praat van verskillende parte winkels.

Ek is in Pietersburg, maar sal bearings enige plek in SA laat optel per koerier as ek net weet waar om te kry.

Enige inligting sal hoog waardeer word groot asseblief.

Adriaan

Re: Safari wheel bearings

Posted: 21 Jul 2015 20:00
by Tinus lotz
Praat met chris boegman hy verstaan die lorries

Re: Safari wheel bearings

Posted: 21 Jul 2015 20:08
by ChevySS
Dankie Tinus, ek maak kontak met hom.

Re: Safari wheel bearings

Posted: 21 Jul 2015 20:34
by Wilkie
AJ ,wat se jaar model is daai Safari van jou,?
ek het so twee jaar terug myne se voorste ewenaar oorgebou en alles nuut vervang..n 1984 2.8 lwb pick up
ek het die fakture gebere en kan vir jou kyk die naweek watter kit dit was en waar ek dit gekoop het :salute:

Re: Safari wheel bearings

Posted: 21 Jul 2015 21:04
by Tinus lotz
Wilkie wrote:AJ ,wat se jaar model is daai Safari van jou,?
ek het so twee jaar terug myne se voorste ewenaar oorgebou en alles nuut vervang..n 1984 2.8 lwb pick up
ek het die fakture gebere en kan vir jou kyk die naweek watter kit dit was en waar ek dit gekoop het :salute:
daai kan werk dan het jy somme die local nommers

Re: Safari wheel bearings

Posted: 22 Jul 2015 07:02
by Herrie
Ek het jare terug myne by Bearingman in Kempton Park gekoop.

Re: Safari wheel bearings

Posted: 22 Jul 2015 08:41
by ChevySS
Wilkie, myne is 'n 1987 model, ek glo dit sal dieselfde wees???? Sal baie gaaf wees met kit nommers, dankie.

Re: Safari wheel bearings

Posted: 23 Jul 2015 11:22
by davidvdm
Ek wil ook weet. Die Sani loop op a 1983 Safari diff en ek dink nie daar is nog ooit iets gedoen op daai diff nie.

Watse diff is dit? Dit lyk vir my op a druppel soos my C200 wat ek agter in het, en nogal die selle ratio as ek dit reg gemeet het.

Re: Safari wheel bearings

Posted: 23 Jul 2015 14:56
by Wilkie
is ook nie seker nie,maar sal vir ons uitvind :think:

Re: Safari wheel bearings

Posted: 30 Dec 2015 14:53
by Reenen
Safarie hub bearings:

Kingpin bearing: 30304
Hub bearings: 30209 en LM501310
hub seel: 88 65 7
needle bearing om driveshaft: 42 35 16

Burfield seel: slegs agente, sowat R350, part no 40579C6000R