3l diesel consumption

Engines and Engine Systems
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: 3l diesel consumption

Post by JG Shields »

Frans en Koos,

Dis darem lekker op hierdie forum!!!!!

Dalk ry ons die spoed/brandstofverbruik ding nou holrug, maar net nog een staaltjie. 'n Vriend van my het 'n 2005 Hilix KZTE (DC). Op 'n sonskyn dag in 2006 besluit hy om "groooooot" bande op te sit. Na 5km se ry skuur die bande te veel teen die bakwerk en draai hy sy bakkie net daar na die naaste OME winkel toe en lig hom met 3". Twee weke later, na die 1e tenk brandstof, tref die skok van SWAK BRANDSTOFVERBRUIK hom. Hy geniet egter sy bakkie se nuwe konfigurasie so baie dat hy dit maar aanvaar. Nietemin vertel hy vir almal dat die OME sisteem daartoe ly dat brandstofverbruik verswak.

Na my gespelery met Lasarus se enjin, diffs, bande en OME en die somme soos ons nou hier bespreek het, ry ek mos anderdag na hom toe. Ons haal sy brandstof logboek uit, meet die wiele se omtrek en maak die regstelling teenoor die bakkie se standaard wiele. WALAAAAAAAAA....sonder dat hy een enkele kilometer gery het en sonder dat ons eers sy enjinkap oopgemaak het, herstel ons sy brandstofverbruik terug na wat dit oorspronklik was. Dis eintlik grappig!!!!

Nietemin, ek het op 'n webblad afgekom van 'n instansie wat Patrol se "speedo" kan kalibreer. Sodra ek nou met al my eksperimente en konfigurasies klaar is op Lasarus, sal ek dit laat doen.
Patrol fan!
User avatar
Gerrit Loubser
Moderator
Posts: 851
Joined: 07 Apr 2009 04:30
Full Name: Gerrit Loubser
Nickname: Gerrit Loubser
Home Town: Richards Bay
Current 4x4: None
Home Language: Afrikaans
Location: Richards Bay
Been thanked: 11 times

Re: 3l diesel consumption

Post by Gerrit Loubser »

Koos, Mitsubishi het al die GDI enjins sedert die middel 90s in produksie, maar ons het hulle nie hier gekry nie. Net soos CDI dieselenjins benodig die GDIs baie skoon brandstof met 'n bepaalde minimum smeervermoe. Ek het al, paar van die GDI Pajeros gesien wat uit Botswana en Swaziland kom. Daar is 'n brandstofverbruikvoordeel, miskien van die orde van 10 of 15% relatief tot 'n soortgelyke nie-GDI petrolenjin.

Volkswagen verkoop ook die FSI-enjins nou al 'n rukkie hier.
Gerrit Loubser

2003 Land Cruiser 100 VX TD
1999 Patrol 4.5E GRX M/T ("Imvubu") - GONE; Go well Old Girl :-(
2003 Pajero 3.2 DiD LWB A/T - GONE; One of the best cars I ever had :-(
1996 Land Cruiser 80 VX 4.5 EFI A/T - SOLD
User avatar
tour de frans
Patrolman
Patrolman
Posts: 797
Joined: 03 May 2009 19:48
Been thanked: 21 times

Re: 3l diesel consumption

Post by tour de frans »

Gerrit en Koos
Goeie dag aan almal ook.Gerrit dis reg met die VW enjin FSI wat al n rukkie hier is.Ek weet egter nie wie het eerste met daai idee opgekom nie.Ek kan net se dit is n baie "fancy"- gesofistikeerd,enjin daardie.Ek was bevoorreg om op Johan Fourie se kar te werk en dyno.(Audi S4 groun N).
Die FSI enjin spuit direk sy brandstof in die ontbrandings kamer in.Om dit te kan doen het hy 2 3.5bar petrol pompe wat n meganiese pomp voer.Die meganiese pomp word deur een van die nokaste aangedryf.Die brandstof druk is 20 bar op idle,en 100bar wanneer jy rev.
Omdat hulle nou direk in die ontbrandings kamer inspuit,spuit hulle die brandstof in net voor die vonkprop vonk.MAW die kompressie slag is net lug wat saamgepers word en nie n lug en petrol megsel nie.So die enjin kan nie pieng nie,en die kompressie druk verhouding kan ook baie hoer wees.Die FSI enjin is 13:1,en hy loop met pomp petrol.
Julle moet hoor hoe mooi klink daai ses cylinder teen 8000 toere.....
Groete
Frans
Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy

Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: 3l diesel consumption

Post by KOOS BEST »

Frans en Gerrit dankie vir jul verduidelikings , so vir n leek is dit soos n CRD sisteem in diesel , maar nou net in petrol maw.?
Is die voordeel hier meer vir krag of vir verbruik?
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
User avatar
tour de frans
Patrolman
Patrolman
Posts: 797
Joined: 03 May 2009 19:48
Been thanked: 21 times

Re: 3l diesel consumption

Post by tour de frans »

Al twee,Koos,Dit loop hand aan hand.Hoe meer effcient die enjin hoe makliker die krag en beter die verbruik.
Groete
Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy

Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 4 times

Re: 3l diesel consumption

Post by Pieter du Toit »

Hello Almal,

Sjoe maar julle manne kan darem omtrent die dam sommer heeltemal uitpluk onder die eend met so n onderwerp!!! :rolling:

Kort en die lank van die saak is - ek laaik my Patrol en sal hom bly ry al gee hy my seker ook net 4km/l !!! Solank alles werk soos dit moet en binne toom bly is ek nou maar min gespin oor die ou dieseltjies - dit kom mos maar saam met die game!!!

Groetnis
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
Post Reply

Return to “09. Engines”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 12 guests