Page 2 of 3

Re: 4500 grx radiator needed

Posted: 13 Sep 2017 07:22
by Rudeboy001
Hi Peter.

Verduidelik biekie wat is die rede vir die radiator grond op die engine block asb?

Re: 4500 grx radiator needed

Posted: 13 Sep 2017 10:46
by Peter Connan
Daar is 'n potensiaalverskil tussen koper en aluminium. Die aan tree op as 'n anode, die ander 'n katode, en materiaal word uit die enjin uit gevreet en op die radiator gepak.

Lees bietjie op oor Galvanic Corrosion, maar in kort is dit dieselfde proses wat gebruik word om metale op ander metale te coat.

Re: 4500 grx radiator needed

Posted: 13 Sep 2017 12:01
by ChristoSlang
Speaking of radiators...

Weet enige van julle slim ouens of die TD4.2 se radiator in enige ander Patrol sal pas?

Ek het 'n ekstra koper een wat hier rondstaan wat ek wil weggee...

Re: 4500 grx radiator needed

Posted: 13 Sep 2017 18:56
by Tinus lotz
Koper radiators met verf op werk nie lekke nie ...ek dink dis seker ok vir n n/a 4.2 maar ek het temp problems gehad tot ek alli gegaan het . Die hitte verdwyn somme baie vinniger teen opdraande ens . Die chemical bi metal current flow tussen die koper en alli maak dat jou alli weg weg eet in no time earthing help maar stop dit nie . Ek Christo en Michael het getoets alli is die pad voorentoe

Re: 4500 grx radiator needed

Posted: 14 Sep 2017 07:47
by Rudeboy001
Hi.

Ok nou verstaan ek. Ek het hom al gevat teen n baie styl berg opdraand en ook in die sand vir n lang tyd in Atlantis duine.

Sover is als nog mooi, temp bly konstant laag soos dit moet. Ek het nou die radiator so dis maar nou so.

In elk geval, die man wat hom gemaak het het my gese dat as ek enige probleme ondervind kan ek enige tyd terug kom na hom toe, maak nie saak van die tydperk nie.
So sal maar hom inhou en kyk wat gebeur.

Hulle het n redelike goeie naam in die bedryf, maar soos enige iets in die lewe maar is, was daar al seker iemand wat nie gelukkig was met hulle diens nie. Ek kan ongelukkig nie kla nie, en my vriend wat sy eie besigheid het gebruik hulle al vir meer as 10 jaar met nog geen comebacks.

Re: 4500 grx radiator needed

Posted: 14 Sep 2017 12:40
by Peter Connan
Onthou net, galvanic corrosion tussen koper en aluminium eet die aluminium weg, nie die koper nie.

So dis nie die radiator wat beskadig word nie, maar die enjin.

Jy kan toets deur 'n multimeter se een punt in die water te plaas, en die ander teen die enjin. As daar 'n spanningsverskil (volt lesing) tussen die twee is terwyl die enjin loop, is korrosie besig om te gebeur.

Terloops, ek het self 'n koper radiator in my kar, so ek se nie haal hom uit en gooi hom weg nie, ek se net maak seker jy neem stappe teen skade.

Re: 4500 grx radiator needed

Posted: 14 Sep 2017 12:59
by Rudeboy001
Ek is net op die oomblk in Windhoek, sal hom gaan toets sodra ek by die huis kom en kyk wat se hy

Re: 4500 grx radiator needed

Posted: 14 Oct 2017 15:07
by rvanrooyen
Dankie manne vir al die posts en info. Ek Wag nou nog vir Tombo om die radiator te deliver. Hulle het verskeie problem gegee. Eers het hulle nie materiaal in hulle Fabriek gehad om dit te Bou nie, toe voer hulle die radiator in van middel ooste. Volgengs hulle was dit vrydag by customs en moes hulle net tax betaal. Hopenlik kry ek die radiator die week en my kar kan weer loop. Moet ook eers nuwe windscreen insit.
Groete Roland

Re: 4500 grx radiator needed

Posted: 15 Oct 2017 06:41
by Michael
Ek stem nie saam met die earth draad op die radiator nie. Dit maak dat jou radiator nou deel is van jou "earth sisteem". Ek het baie navorsing gedoen op hierdie onderwerp toe ek nog n koper radiator ingehad het en op menigte websites was toetse gedoen en gevind dat mens juis NIE die radiator moet "earth nie".

Wat belangrik is en wat heel tyd genowm was is dat die radiator totaal geisoleer moet wees van die bakwerk.
Dan moet mens baie seker maak daar is n goeie earth tussen die chassie na die battery asook die bakwerk na battery.

Enige iemand is welkom om te kom kyk hoe lyk Bertjan se ou shorty engine se aluminium binne die engine na amper 300,000km. Spotless!! En wat ek gevind het is geen earth kabel en n 100% geisoleerde rasiator.

Eks geen expert in die veld nie, maar dis wat ek gevind het.

Daar is ook n verskil tussen galvanic corrosion en electrolysis so doen bietjie navorsing. Ek sal kyk of ek daai spesifieke website kry en die link post.

Re: 4500 grx radiator needed

Posted: 15 Oct 2017 06:48
by Michael